SARIE

In die voetpore van ’n TV-reeks

Wladiwostok. Die “heer van die Ooste”.

Vir die jonge Johan Badenhorst het dié woord plekke versinnebeeld ver buite die grense van sy bekende wêreld in die destydse Zoeloeland. Geskiedenis, aardrykskunde was sy kos. En dié Russiese stad naby die Chinese grens die onderwerp van ’n opstel wat sy vrou, Alma, steeds bêre.

Nou is sy foto-album vol plekke waaroor ander mense droom. Twintig jaar al hoor ons sy mooi, welluidende stem, dan by ’n onderstebo boom in Madagaskar, dan die reusagtige Kongorivier. Hy vat jou na plekke – van stemmingsvol tot lekker rof. Die ervarings vasgevang in sy Voetspore- reeks vir SABC2 en gepaardgaande reisjoernale. Casablanca, Timboektoe, en ja, Brazzaville . . . dertien reekse, 40 Afrika-lande en Indië óók.

Ongebaande weë, ons eie Marco Polo. En nou, sy volbaard en hare al grys, kan hy Wladiwostok by die lysie voeg. Malaria, insekbyte, diarree, ongeskikte doeanebeamptes, militante rebelle, slegte water en klam slaap – dié dinge ken hy intiem. In vergelyking daarmee was die Trans-Siberiese sneltrein waarmee hy en Alma dwarsoor Rusland gery het, luuks. Dit sal wel onthou word as die tyd toe

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE3 min read
Luuks
Daar is iets bekorends aan die aand wanneer die son sak en die hemelruim met stadsliggies en sterre verlig word. Met Chanel se Rouge Allure Velvet Nuit Blanche-lipstiffie (R1 075) in jou handsak, kan jy glansryk op jou aandafspraak gaan. Waag met ’n
SARIE6 min read
BESTE MOOILYK geheime
AKTRISE EN STER VAN ALLES MALAN Wanneer die lewe handuit ruk, glo ek daarin om op klein maniere balans te handhaaf. As dit ’n besige tyd is wanneer gesondheid die laaste ding is wat prioriteit kry, probeer ek om ten minste by een goeie gewoonte in di
SARIE4 min read
Dubbel So Lekker
Hier kombineer ons Britse pondkoek met klassieke krummelpoeding. Jy kan ook die koek voorsit met vanieljevla vir ’n ander geur. genoeg vir een 18 cm-broodjie KRUMMELLAAG ■ 50 g (60 ml) strooisuiker■ 70 g (125 ml) koekmeel■ 115 g (125 ml) koue bo

Related