Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die Eiland
Die Eiland
Die Eiland
Ebook86 pages1 hour

Die Eiland

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

"Ek loop aan see toe. Die branders borrel en skuim oor my kaalvoete. Seemeeue skree bokant my kop. Die eindelose oppervlakte van die water strek tot aan die horison, watter kant toe ek ookal kyk. Ons wereldjie is klein... Ons is op ons eie, en ons het net die Krag diep binne-in ons om op staat te maak. As ek hiervandaan in 'n westelike rigting sou loop, sou ek by 'n versperring kom: die muur. Daaragter is Dwase. Volgens ons voorouers mag ons nie oor die muur klim nie. Die Dwase glo nie in hulle eie Krag nie. In plaas daarvan glo hulle aan iets buite hierdie wereld, wat hulle gaan red. Niemand wil met sulke idiote meng nie."

Leia woon op die eiland, 'n wereld waar kinders hulle ouers verlaat wanneer hulle tien jaar oud word, om na hulleself om te sien. Oor hierdie eiland is 'n muur gebou waaroor niemand nog ooit geklim het nie. Die Dwase wat aan die ander kant woon, is nie vatbaar vir rede nie. Hulle glo in illusies. Dit is volgens die Boek, al wat die Oostelike Eilandbewoners se voorgeslagte aan hulle nagelaat het.

Maar dan spoel 'n vreemde man op die strand uit, en Leia ontmoet 'n Dwaas van aangesig tot aangesig. En haar lewe is nooit weer dieselfde nie. Is dit wat sy en haar vriende omtrent die eiland glo, regtig waar?

Of is almal in hulle wereld inderdaad Dwase?

LanguageAfrikaans
Release dateJan 21, 2021
ISBN9781393612506
Die Eiland
Author

Jen Minkman

Jen Minkman (1978) was born in the Netherlands and lived in Austria, Belgium and the UK during her studies. She learned how to read at the age of three and has never stopped reading since. Her favourite books to read are (YA) paranormal/fantasy, sci-fi, dystopian and romance, and this is reflected in the stories she writes. In her home country, she is a trade-published author of paranormal romance and chicklit. Across the border, she is a self-published author of poetry, paranormal romance and dystopian fiction. So far, her books are available in English, Dutch, Chinese, German, French, Spanish, Italian, Portuguese and Afrikaans. She currently resides in The Hague where she works and lives with her husband and two noisy zebra finches.

Related to Die Eiland

Related ebooks

Related articles

Reviews for Die Eiland

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die Eiland - Jen Minkman

    Die golwe roep my,

    nooi my mee.

    Terwyl my bloed verander in water

    bloei ek in die see.

    Die stroom van hoop

    sal my huis toe neem

    Geen vrou is ‘n eiland,

    En ek is nooit alleen.

    Inleiding

    WANNEER ek uit my kamer stap, wag Ma en Pa vir my in die voorportaal.

    Die klere wat ek aan het, voel ongemaklik. Dit is grootmensklere, met ‘n growwe tekstuur en praktiese snit. Gemaak om lank te hou.

    Ek gaan op my eie, sê ek sag. Die woorde wat elke kind op die ouderdom van tien sê, die woorde wat my broer vandag na my sal sê, klink nie asof ek so seker is daarvan nie. Maar ek ís omdat ek weet dit is reg. Ek maak my keel skoon en praat harder. Ek staan op my eie twee bene. Niemand gaan na my omsien nie, behalwe ekself.

    Pa knik sy kop plegtig. Ma lyk bleek en staar na haar hande. Hoekom wil sy nie vir my kyk nie? Is dit haar manier om vir my te sê sy wil niks meer met my te doen hê nie? Ek het nog nie eers weggetrek nie. Doodse teleurstelling groei soos ‘n swaar baksteen in my maag.

    Die deur langs myne swaai oop en Colin tree oor die drumpel. My tweelingbroer. Hy het ‘n bruin broek en eenvoudige hemp aan. Oor sy skouers hang ‘n sak waarin ‘n paar besittings is wat hy nie wil agterlos nie. Amper al ons goed gaan vernietig word na ons vertrek. Ons kamers gaan ontruim word sodat ons nooit in die versoeking sal kom om terug te kom nie. Nie dat ek sal wil nie. Ek is klaar met hierdie plek.

    Colinhoes. Ek gaan op my eie, sê hy met ‘n bewende stem. Sy oë soek die van ons ma. Ek staan op my eie twee bene. ‘n Traan rol langs sy wang af. Hierdie ding is moeilik vir hom. Nou ja, hy is per slot van rekening die jongste. Daar is ‘n halfuur verskil tussen ons.

    Niemand sien na jou om behalwe jyself nie, voltooi Pa die toespraak as Colin nie kan voortgaan nie.

    Wanneer ek by my ma verbyloop, sit sy skielik haar hand op my skouer. Leia, sê sy, en haal ‘n eenvoudige string houtkrale uit haar roksak. Die hangertjie is ‘n okkerneut wat geverf en verglans is. Vir jou.

    My asem slaan weg. Dis die string houtkrale wat my ma by haarma gekry het toe sy weggetrek het. En nou gee sy dit vir my.

    Dankie, fluister ek. Net vir ‘n oomblik verbeel ek my sy gee vir my baie meer as net die string krale. Dit voel vir my asof dit nie daar kan eindig nie, maar dan maak my pa die voordeur vir ons oop. Ek loop uit agter my broer, die helder daglig in, weg van my ma.

    Colinwag vir my en gryp my hand. Kom jy? mompel hy.

    Ons loop met die paadjie af sonder om terug te kyk. Ons gaan na die landgoed waar ons sal bly tot ons trou en ons eie kinders het.

    Die voordeur slaan toe. ‘n Nuwe lewe het begin.

    -1-

    "HOEVEEL verdekselse keer moet ek jou vertel om nie nat hout te bring nie?" Ben gooi die takke wat ek vir hom gee, met ‘n kwaai frons neer. ’n Mens kan nie hiermee vuur maak nie!

    Ek is jammer, mompel ek.

    Jy is jammer? Ben se gesig word rooi onder sy krullerige, bruin hare. Wat help dit my? Maak jouself handig hier in die wildernis, al sou dit dan al wees.

    Bly stil, Ben, byt Colin. Hy is langs my besig om ‘n haas af te slag. Asof jy nooit foute maak nie.

    Ben glimlag meerderwaardig. "O regtig? Wel, sover ek weet het ek ons tot dusver aan die lewe gehou. Wie het daardie haas geskiet? En wie het die twee fisante wat ons gister geëet het, gevang?

    Colinkyk fronsend na hom. En wie het ‘n klap deur sy gesig gekry laasnag toe hy by ‘n slaaptent ingesluip het waar hy nie veronderstel is om te kom nie?

    Ek byt op my lip om nie senuweeagtig te giggel nie. Ben weet hoe om te oorleef, geen twyfel daaroor nie, maar sy sosiale vaardighede is nou nie regtig sy sterkste punt nie. Mara het dit laasnag baie duidelik gemaak dat sy nie in hom geïnteresserd is nie. Dis ‘n goeie ding dat Colin haar hoor gil het. Ek is nie so seker dat die hou op Ben se neus genoeg sou wees om die boodskap andersins by hom tuis te bring nie.

    Hoekom lag jy? knor Ben wanneer hy die sweem van ‘n glimlag op my gesig sien. Dink jy dis snaaks?

    Nee, ek dink nie so nie. Daar is niks om oor te lag as mens in ‘n wêreld leef waar die sterkes altyd wen, en meer regte het as die res nie.

    Ben is Saul se jonger broer, en Saul is in beheer van die landgoed. Hy reël gevegte tussen die sterkste seuns en die swakker lede van ons groep, omlaasgenoemde voortdurend bang te hou. Jy weet nooit wanneer dit jou beurt is nie. Net ‘n paar weke gelede is Colin deur Max, ‘n reus van ‘n ou met die bynaam Die Beer, afgeransel.

    Saulbesluit ook wie op togte moet gaan deur die wildernis om oorlewingsvaardighede te leer. En as jy nie in sy goeie boekies is nie, stuur hy jou al om die ander week. Hy besluit ook wie mag in die herehuis bly. Hy besluit wanneer om die Boek te lees, en kies die hoofstukke wat tydens ons byeenkomste gelees sal word.

    Ek dink jy moet Mara uitlos, antwoord ek flou. Sy het jou al ‘n paar keer gesê sy wil nie met jou trou nie.

    Ben gryns kwaadwillig. Wie het enigiets gesê van trou?

    Ek trek my asem geskok in. Almal weet waar babas vandaan kom. As jy‘dit’doen sonder om verantwoordelikheid vir die kind te aanvaar en dit tot sy tiende verjaarsdag grootmaak, is jy so goed as ‘n misdadiger. In die rare geval wanneer dit wel gebeur, is die seun verplig om met die meisie te trou.

    Iets sê vir my dat Saul nie sy jonger broer sal verplig om enigiets te doen nie.

    Ek draai vererg om. Die vuursteen wat ek gebruik om die vuur mee aan te steek, val uit my hand en op die grond. Ek hardloop af met die bospaadjie, deur die bome, oor die grasvelde, so ver as moontlik weg van Ben. Ek sal nie toelaat dat hy my trane sien nie.

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1