Fiela se kind
Skemer was Dawid terug van die dorp af.
Die hemp was ’n bietjie groot, maar dit was beter as te klein. ’n Mooi hemp. ’n Bloue. Die skoene was net reg.
En die kinders was nie meer so verskrik nie. Dit was amper soos Oujaarsdag se regmaak om na antie Rosie onder op Haarlem te gaan.
“Jy moet vir ons iets moois van Knysna saambring, hoor?”
“Hulle sê daar’s olifante in die Bos, dalk sien jy een.”
“Dink net hoe lekker gaan jy perdekar ry!”
“Moenie huil nie, Benjamin, miskien kan jy nog vir ons
’n lekker vis loop vang!”
Sy het hulle laat begaan. Dit het Benjamin beter laat voel en ’n bietjie belangrik daarby, en dit het gehelp dat hulle nie agterkom hoe bekommerd sy is nie. Net Selling het haar onrustig bly dophou.
Daar was baie vir haar eie hande te
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days