Huisgenoot

OM ‘NUWE PA’ TE WEES

DIE eerste ding wat ek oor ouerskap geleer het, is dat die kinders nêrens heen gaan nie. Met Corinne se geboorte het die verantwoordelikheid my soos ’n vuishou getref en my doodbang gemaak. Ek het besef dié ouerskapding is vir altyd.

En dis nie soos om ’n babahondjie te hê nie – as jy ’n gemors daarvan maak, is die gevolge veel erger as ’n bietjie bollie op die mat. Neem jy die kind Maandag skool toe, moet jy sowaar Dinsdag opstaan en hulle weer vat. Bliksem, moet hulle elke dag gaan?

Die dinge wat jy as kind as vanselfsprekend aanvaar het – soos ontbyt, middagen aandete – is nou jou taak.

Maar laat ek my eers bekendstel: Hallo, my naam is Jamie. Julle ken my dalk uit die rolprent-, televisie-, komedie-of musiekwêreld, maar dit alles skeel twee jong meisies in my lewe min.

Hulle ken my net as “Pa”.

Corinne is nou 27 en Anelise 13. Hulle het verskillende ma’s. (Moenie mý oordeel nie, dan sal ek jóú nie oordeel nie.)

Alles oor ouerskap het ek by Estelle en Mark Talley geleer, die pragtige egpaar wat my op sewe maande aangeneem het. Ek beskou hulle as my grootouers, want (en probeer byhou, want die storie is deurmekaar) 13 jaar tevore het hulle my ma aangeneem.

Mark is my ma, Louise, se oom. Haar ma, my biologiese ouma, het glo gestres toe sy my ma se sibbes probeer grootmaak het. Ek weet hoe moeilik dit is om kinders groot te maak wanneer jy geld

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Op Die Skoolbanke …
ANTWOORDE: 1. JESSICA ALBA, 2. AVRIL LAVIGNE, 3. NICOLAS CAGE, 4. CINDY CRAWFORD, 5. BARACK OBAMA, 6. QUEEN LATIFAH, 7. OWEN WILSON, 8. MADONNA, 9. TOM HANKS ■
Huisgenoot5 min read
Nog Aan Die Brand
MY PA is dood toe ek 17 was. Ek het skool gelos en begin boer. Met geen ondervinding nie. Op 23 het ek die plaas verloor. Ek het nie geweet waarnatoe nie. Selfs plaasvoorman probeer wees, maar dit het ook nie gewerk nie. Ek het niks geweet van boer n
Huisgenoot2 min read
Vuurvliegies
VERBEEL jou dis laat op ’n warm someraand en skielik kry die naglug om jou lewe. Oral dartel vrolike klein liggies rond wat die landskap in ’n sagte gloed omhul. Dis die vuurvliegies wat uitgekom het en nou met mekaar maats maak deur hul liggies te f

Related