Huisgenoot

VAN SPERM-SKENKER TOT PA VAN 37

‘EK IS IN 1994 GEBORE DEUR IN VITRO-BEVRUGTING. EK STUUR VIR JOU DIE BOODSKAP OMDAT EK VERMOED JY WAS DIE SKENKER’

’NVROU genaamd Rachel het my lewe vir altyd verander. Ek onthou die presiese oomblik: 10:55 die oggend van 6 Oktober 2017.

Ek was in die koffiekroeg van die Ritz Hotel in San Francisco toe Facebook my skielik pieng. “Hi, Peter. Ek stuur vir jou ’n boodskap onder die heel vreemdste omstandighede,” was die boodskap.

“Dis ’n sensitiewe saak, maar om jou bietjie agtergrond te gee: Ek is in 1994 gebore deur in vitro-bevrugting. Ek stuur vir jou hierdie boodskap omdat ek vermoed jy was die skenker.”

My eerste gevoel was skok – en ’n stille ondertoon van trots dat die boodskap so grammatikaal korrek was. En toe slaan ’n golf paniek my soos ’n voorhamer. Op pad na my hotelkamer toe stuur ek die boodskap aan my vrou en my familiegroep.

“Is dit ’n verneukspul?” was my suster se eerste gedagte. Dit was my eerste gedagte ook, om eerlik te wees.

Maar selfs in die greep van die paniek het ek ook geweet dit kan heel moontlik waar wees. In die laat 1980’s en vroeë 1990’s, toe ek naam probeer maak het as vervaardiger en kunsdirekteur in Los Angeles, was ek ’n gereelde besoeker aan twee verskillende spermbanke.

Moenie so geskok lyk nie: Dis $45 per skenking. Jy kon vyf keer

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
Dis Hoe Dié Familie Rol
JY NOEM dit ’n bak, nie ’n bal nie, sal die puriste jou vertel. Want hy’s doelbewus swaarder gemaak aan die een kant – dis die rede dat hy so ’n lui kurwe maak wanneer jy hom rol. En dis juis daai kurwe wat maak dat rolbalspelers sulke komiese passie
Huisgenoot1 min read
5 Vinnige Vrae
1 Wat is die enigste soogdier wat kan vlieg? 2 Watter vitamien kan jy van sonlig kry? 3 Wat is die amptelike taal in Brasilië? 4 Waar is die hoofkantoor van die Verenigde Nasies? 5 Wat noem ons die boonste laag van die Aarde? 1 Vlermuis  2 Vitamien D
Huisgenoot4 min read
’n Blok Vir Sports Op 50
DALK onthou jy nog die soort speelgoed wat jou laerskoolvriende pouses uitgehaal het. Van yo-yo’s tot albasters was deur geslagte algemeen en enigiemand kon daarmee speel. Maar daar is een speelding wat net deur ’n uitgelese groepie kinders baasgeraa

Related