Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Ek, is Dawid Soeker
Ek, is Dawid Soeker
Ek, is Dawid Soeker
Ebook258 pages3 hours

Ek, is Dawid Soeker

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Delf in die boeiende en inspirerende verhaal van Dawid Soeker, 'n jong man wat die beperkings van sy vaderlose verlede trotseer.

Gedryf deur 'n onwrikbare geloof en vasberadenheid, begin Dawid op 'n transformerende reis om sy eie lot in die ongenaakbare wêreld te kerf.

Gelei deur die wyse en toegewyde mentorskap van Oom Skip, leer hy van die ongelooflike krag van 'n sterk wil en 'n onverbiddelike soeke na identiteit wat sosiale grense oorskry.

Soos jy elke bladsy omblaai, sal jy betower word deur sy aangrypende verhaal wat jou op die punt van jou sitplek sal laat sit.

Dawid se lewensverhaal word 'n diepgaande simbool vir almal wat eenkant geskuif en vergeet is deur die samelewing, terwyl hy met grasie en doelgerigtheid teen teëspoed veg.

Ontdek die verborge dieptes van sy soeke na ware identiteit, ingewikkeld ineen geweef binne die tapisserie van sy eie wese.

"Ek is Dawid Soeker" is 'n literêre meesterstuk wat die menslike gees se kapasiteit vir groei, deursettingsvermoë en selfontdekking verlig.

Berei voor om ontroer, geïnspireer en vir ewig getransformeer te word deur Dawid Soeker se buitengewone reis van selfverwesenliking.

LanguageAfrikaans
PublisherCarl Davis
Release dateJul 3, 2023
ISBN9798223601159
Ek, is Dawid Soeker
Author

Carl Davis

Carl Davis holds a Doctorate in Missiology based upon research of Organizational Growth in the Post Modern Society. I started my work life serving in the South African Defence Force – first at the Recruiting Division, then moving to a Medical Command where I served as a Generalist Personnel Officer. For the last two years of my service, I was tasked with the Personnel management of the Integration process, inclusive of entrance and exit strategies. After honorable discharge after more than 10 years in the South African Defence Force, I took up the post of Managing Director of a Non-Government Organization, established to uplift impoverished communities in and around Potchefstroom, while also appointed as a part-time lecturer of undergraduates (specifically on leadership). Three years later I was appointed as Rector, managing an Educational Institute with 4000 students spread over 36 African countries. While in this position I had the opportunity to lecture extensively abroad and published various articles on leadership; with specific emphasis on motivation and group dynamics. I am a strong believer in utilizing a blended and integrated approach in all of the training (including the new material which I developed) I developed which included – Leadership (within a Faith based community), andragogy, and Cultural Diversity management. I am also a graduate of the University of Stellenbosch's Facilitative Leadership Programme (BUVTON), consulting and facilitating with organizations that are "stuck" (- Alice Mann 1998- ) specifically in the process of change management.

Related to Ek, is Dawid Soeker

Related ebooks

Related articles

Reviews for Ek, is Dawid Soeker

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Ek, is Dawid Soeker - Carl Davis

    Ek,

    is Dawid Soeker

    2023

    Geen gedeelte van hierdie publikasie mag sonder die skriftelike toestemming van die outeur gedupliseer word nie.

    Eerste publikasie in Suid-Afrika 2023

    Deur: Dr Carl J Davis

    Kontak: carljdavis@gmail.com

    www.facebook.com/drcarljdavis

    Versprei in Suid-Afrika deur Skyray Uitgewers, ʼn Divisie van Skyray Consulting

    Outeur en Skrywer: Dr Carl J Davis

    Buiteblad ontwerp deur Dr Carl J Davis

    ISBN: 978-0-6397-7234-9(druk)

    ISBN: 978-0-6397-7235-6(e-pub)

    Hierdie boek is 'n fiksiewerk. Name, karakters, besigheid, gebeure en insidente is die produk van die skrywer se verbeelding. Enige ooreenkoms met werklike persone, lewend of dood, of werklike gebeure, is bloot toevallig.

    Sekere militêre prosesse, opleiding en uitvoerings word in die boek uitgebeeld en is nie noodwendig 100% korrek en akkuraat nie.

    Opdrag

    Hierdie boek word opgedra aan elkeen wat sukkel met hul identiteit.  Wie is ek?  Waarom leef ek?  Wie is my Pa? Al hierdie vrae kan in die vorm jare van ʼn kind groot onsekerheid bring en letsels laat. 

    Ek dra die boek ook op aan al die enkel Ma’s – hulle wat die pot aan die kook moet hou, wat kinders moet versorg en wat identiteit by hul kinders moet teweegbring.  Die eensame pad van enkelouer, kan nooit gering geag word nie.

    Ek dra dit ook op aan diegene wat deur die sweet en pyn gegaan het om in die valskerm- en spesiale magte te dien.

    Julle opofferinge sal nooit vergeet word nie!

    Proloog

    Die masjiene raas in die kamer.  Ek het later verneem dat ek meer as vier weke daar gelê het.  Die eerste twee weke was ek meer onder verdowing as by my positiewe, en het dit gevolglik slegs skimme uit my verlede gebly – ek kan nie baie daarvan onthou nie, seker ook maar goed so.

    Ek onthou ʼn paar stemme wat helder en toe dof geraak het. 

    Wat is sy prognose? het een van die stemme gevra. 

    Ek onthou daar was ʼn persoon, geklee in ʼn wit jas wat geantwoord het:

    Ek glo dat hy sal leef.  Die skade was groot, maar gelukkig kon hy vroegtydig afgevoer word.  Die eerstelyn mediese steun het die verskil gemaak.

    Sal hy weer kan loop? het die stem in die donker klere gevra.

    Ons kan nou maar net hoop dat sy been weer ten volle sal herstel.

    Wanneer het dit gebeur?  Wat het gebeur? Wanneer was die persone wat so ʼn indruk in die newels van my pyn gemaak het, hier? 

    Die pyn in my regterbeen het weer begin klop.  Dit was asof die medikasie nie meer help nie...

    1

    Ek, is Dawid Soeker , van die Kouebokkeveld.  Afhangende van wie jy vra sal hulle my ken as Dawid, Die Rebel en ook ʼn ander naam, wat ek nie nou wil noem nie.  Ek is die enigste kind van Mieta Soeker.  Sedert ek my eie gedagtes kan vertrou woon ons op Baas Andries se plaas, Edelweiss, Die naaste groot dorp aan ons is Porterville, al moet ek sê dat ek nie kan onthou wanneer laas ek daar was nie.  Vir ons op die plaas, is geleenthede na die dorp maar skaars.

    Die Bokkeveld is ʼn unieke plek.  Dis koud, dis afgeleë, dis ongenaakbaar.  Ja, daar is warm somermaande wanneer die kwik bly styg, maar dis die oormaat van koue wat die plek so ongenaakbaar maak.  Nie almal kan hier oorleef nie.  Inkommers bly nie lank nie.  Ons wat hier gebore is, bly ook meestal hier aan omdat ons nie anders kan nie.

    Ons huisie is nie groot nie – net een vertrek om in te slaap, ʼn kleinerige kombuis en ʼn longdrop buite, maar dis al wat ons nog altyd nodig gehad het.

    Van buite af, het dit na niks gelyk nie.  Die mure het lanklaas ʼn laag verf gekry en die dak was deur geroes.  Ma het ʼn paar groot klippe laat aanry en op die dak laat pak om die plate darem in die tyd van stormwinde op die dak te hou. 

    In die koue wintermaande, het die dak die erge koue uitgehou, maar dan, wanneer die sneeu op die dak begin smelt het, is elke krakie en lasplek op die dak deur water binnegedring – tot groot ontsteltenis van Ma.

    Ek onthou hoe ek in die somermaande, wanneer ek in die randjies gaan speel en van bo-af op ons huisie neergekyk het, die hitte se newels op die dak sien speel het.  In my eie gedagtes was dit hitte-duiwels wat gedans het, afwagtend vir ʼn opening in ons dak om ons huisie binne te kom. 

    Ma het ʼn klein tuintjie aangelê waarin groenbone en spinasie geplant is.  Soms het ʼn verdwaalde blombol sy lê in die tuin gekry – met gemengde resultate.

    My herinneringe aan die kombuis is so helder soos die stroom wat naby ons huis verbyloop.  Ma het ʼn talent gehad om van die minste – en onsmaaklikste bestanddele – ʼn gereg vir ʼn koning te maak.  Die reuke van ou-Kaapse speserye, het ons huis gereeld gevul.

    Wintermaande het ma, sommer so vir die lekker, ons aande warmer gemaak met heerlike sop, en, as die inkomste dit toegelaat het – ʼn warm beker koffie.

    Die paar meubelstukkies wat ons het, al ons aardse besittings, is van oral af gekry.  Die dubbelbed het nog aan Ouma Katie behoort.  Sy het dit ook êrens geërf, dus is dit nie meer in die beste toestand nie.

    Die mure in die huis was ook besig om af te dop.  Ma het ʼn paar prentjies op die mure geplak.  Een daarvan was die een van die biddende hande.  In ons erge swaarkry tye het Ma my telkens na die prentjie laat kyk.  Sien Dawid, dis hoe ons onse hande moet saamslaan.  Dis die manier hoe ons met die Grote Vader praat.  Hy weet altyd die beste.

    In die sitkamer was ook ʼn foto van Ma toe sy nog baie jonk was.  Die foto is al verkleur en het vervaag as gevolg van die elemente, maar dit was haar trots.  Dis iets wat sy uit ʼn vergete tyd nog gehad het.  Ek het vir haar gevra waarom daar nie foto’s van my is nie, veral toe ek nog ʼn baba was.  Ek sou graag ook iets wou hê om my aan die verlede te kon koppel.

    Haar antwoord was altyd dat daar nie geld vir foto’s was nie, of dat daar nie iemand op die plaas was wat ʼn foto vir haar kon neem nie.

    My eie bedjie, aan Ma se voetenent, is eintlik maar net ʼn spul ou komberse wat bo-op mekaar gestapel is.  Dit was nie die maklikste om op te slaap nie, maar, vir iemand wat daarmee moes saamleef en so groot geword het, is dit genoegsaam.  In die beginjare van my lewe het ma elke oggend die bedjie opgemaak, maar later, soos ek groter geword het, het dit my taak geword.

    Ma het voorheen in Baas Andries se huis gewerk, in die dae toe sy Pa nog daar gewoon het, maar is nou al jare, al sukkelend besig om klere te maak, sodat ons kan oorleef.  Sy kon nie materiaal bekostig nie en het in stede daarvan, ou klere opgesny om weer lap te kon hê.

    Ek het nog net ʼn paar jaar op die skool oor, dan sal ek, soos al die ander werkers se kinders, seker ook die skoolbanke moet verlaat en op Baas Andries se plaas moet loop werk.

    Vir ons, as kinders, is daar nie veel hoop nie.  Ons het nie drome nie, want dit sal nooit realiseer nie.  Ons het nie hoop nie, want dit het lankal reeds gesterf.  Ons het nie identiteit nie, al sê ons geboortesertifikaat wie ons is.  Wat dit egter nie sê nie, is waar ons vandaan kom.

    Die realiteit is dat ons gebore is in die Bokkeveld, dat ons bloed vermeng is met die koue daar buite, dat die water van bitterheid deur ons lewensare vloei en ons van alle hoop beroof het.

    Dis asof die tentakels van armoede wortels geskiet het en alles verstrengel het.

    2

    Hier is nog ʼn huisie – nie ver van ons nie, waar Ant Stien en haar dogter Mabel bly.  Mabel is my beste vriend – van klein dae af.  Sy gaan ook, seker, nes die res van ons, op Baas Andries se plaas agterbly, trou en haar eie kinders hê.  Mabel is ʼn baie mooi meisie – sy lyk nie soos die ander kinders op skool nie. 

    Ek en sy is baie bleker van vel, maar dis asof haar bleekheid meer prominent as myne is.  Haar mooi gevormde neus lyk ook nie soos ons almal s’n nie – en haar hare is nie so gekoek soos ons s‘n nie.  Daar is ʼn blonde kleur wat nie een van ons ander dra nie.

    Ek het haar al jare gelede begin bewonder.  Haar oë is die kleur van die Bokkeveld se lug in die winter – helder blou.

    Ant Stien se huis was beter as ons een.  Dit was ook beter in stand gehou.  Blykbaar het Baas Andries dit laat regmaak nadat die dak deur ʼn storm afgewaai was.  Hy het ook die mure weer laat pleister, maar die verf het nie lank gehou nie.

    Ant Stien was finansieel ietwat beter daaraan toe as ons. Sy was die gemeenskap se sieketrooster en vroedvrou.  Ma het genoem dat Ant Stien omtrent al die babas in die kontrei gevang het – selfs sommige van die plaaseienaars s’n wanneer die dokter nie betyds kon kom nie.

    Ek en Mabel het – sover ons kon – die kort somermaande gebruik om in die plaasdam te swem.  Die dam was nie oral sigbaar nie en was omring deur bouvallige klipkrale uit die vorige eeu.  As kind onthou ek dat daar eens pragtige sneeu-proteas in die randjie bo die dam gegroei het, maar dit het, om die een of ander onverklaarbare wyse verdwyn, oorgeneem deur indringerbos.

    Op ʼn dag het ek en Mabel weer dam toe gegaan.  Hierdie keer was egter anders.  Sy wou nie meer haar klere voor my uittrek nie en gesê ons kan nie meer kaal swem nie.

    Ek wou nog weet waarom nie, maar sy wou nie sê nie.  Sy het net genoem dat ons nou begin groot raak en dat ons nie meer kinders is nie – wat dit ook al beteken het...

    So, in die gesprek, sê sy vir my iets wat ek nog nooit gehoor het nie –

    "Dawid, ons is beide hoerkinders."

    Is ons dan sieklik? vra ek. 

    (Dalk verklaar dit waarom Baas Andries my van die werf afjaag wanneer ek daar naby kom, of dalk wil hy sy gesin beskerm teen my siekte.)

    Die vrees van die dood is in my onderbewussyn geplant sedert ek, ʼn paar maande gelede vir Oom Tas, dood in sy bed aangetref het. 

    Ek was daarna weer in sy kamer terwyl Ma hom gewas het.  Hy was styf en koud.  In die hoek van die kamer, op ʼn afgeleefde tafeltjie, het ʼn groot vetkers gestaan en brand.)

    Mabel het my skokkend aangekyk.

    "Nee man, ons is nie siek nie.  Ma sê ons is hoerkinders omdat ons ma’s het en nie ʼn pa nie."

    Is al die kinders nie dan maar hoerkinders nie? Hier is so min op die plaas wat dan ʼn pa het. Sy het my aangekyk en weer na die dam gestaar. 

    "Ons het ook ʼn pa, maar sy naam mag nie genoem word nie.  Dis waarom ons hoerkinders is – die ander mag hulle pa se naam sê."

    Weet jy dan wie jou Pa is? vra ek. 

    My Ma het eenkeer ons Pa se naam genoem... sê sy en kyk my snaaks aan.

    Dit was vir my snaaks dat Ma nog nooit met my oor my pa gepraat het nie. 

    Ek het baie probeer, maar sy het my elke keer stil gemaak.  Wie is my pa? is gewoonlik, eers met stilte, daarna met ʼn kwaai antwoord opgevolg.

    Ek het nie eers probeer om te vra waar my pa is nie.  Oor die jare het ek my eie stories opgemaak.  Dalk is my pa dood, dalk in die tronk, dalk ʼn bekende, dalk ook onbekend.  Dit maak nie saak wat ek gedink het nie, aangesien die waarheid eers – heelwat later – uit die gange van vergetelheid gekom het.

    Ek het lanklaas probeer vra, maar het nie – soos in vele ander fases van my lewe – enige hoop gehad nie.  Soos ek ouer geword het, het ek gewonder of sy dalk self nie seker is nie, maar die geringste klein greintjie van geloof in my het gehoop dat ek eendag wel sal weet...

    Daar was ʼn paar manne in haar lewe – maar ek glo nie een van hulle was my pa nie.

    Ek het ook nie verder vir Mabel uitgevra oor wie haar Pa is nie.  As ek dit maar eerder gedoen het!

    3

    Eerwaarde Arries het ten minste twee maal per jaar by ons huis aangekom.  Ma was baie vererg wanneer sy die lendelam bakkie in ons paadjie sien afdraai.  Aan die begin was dit vir my lekker om iemand anders in die huis te hê – maar, soos ek ouer geword het, het sy kuiers al hoe minder saakgemaak.

    Ma, waarom moet ek elke keer, wanneer Eerwaarde Arries hier aankom, buite gaan speel? Die ander kinders sê dis belangrik om te luister wanneer die Eerwaarde praat en hy vir ons die Groot Boek se waarheid oopsluit.

    Ma het my aangekyk en dan met ʼn sug gesê "Hy is maar net hier om die kerk se geld, die sondebelasting, te kom haal."

    Eerwaarde Arries was ʼn kort, vet mannetjie.  Sy oë was so skrefies soos die manne in die karatefilms waarna ons soms in die skool gekyk het.  Ek dink nie hy was ʼn Chinees of Japannees nie – ek dink net sy oë het so gelyk omdat hy so vet is.

    Hy het altyd gestink van sweet, effe verbloem deur die oormaat deodorant wat hy bo-oor sy klere gespuit het.  Sy gesig was gepêrel met sweet – wat hy aanhoudend met ʼn vuil sakdoek probeer wegvee het uit sy vet gesig.

    Hy het probeer om statig te lyk, al was die klere wat hy gedra het, ʼn nommer, of wat te groot.  Sy stem was ook soos dié van die Dominee wat partykeer by Baas Andries kom kuier het.

    In die begin jare het hy altyd vir my ʼn kardoesie suikerlekkers gebring – maar die afgelope paar kere het hy my net kortaf gesê om buite te gaan speel – want, hy en my Ma moet grootmens dinge, kerkdinge bespreek.

    Jy was weer lanklaas in die kerk, Mieta het hy haar gegroet. 

    Die mense op die dorp en die kerkraad vra na jou, ek dink jy weet dat dit belangrik is om kerk by te woon.  Jou kind raak groot en moet ook die sin van die lewe in die kerk kom vind, het hy bygevoeg, terwyl hy na my gekyk het.

    Ma was altyd, ná Eerwaarde Arries se besoek, baie stil.  Vir ʼn paar dae het dit gelyk asof sy aanhoudend huil. 

    Ek het gevra wat makeer, maar Ma het nooit reguit geantwoord nie. 

    Die weë van die Here is maar moeilik om te verduidelik, het sy met ʼn sug gesê.

    ʼn Paar keer na sy besoek, het ma begin vet word.  Ek het gedink sy was siek, want sy sou eers begin opgooi en kon omtrent niks eet nie.  Dit was gewoonlik daarna dat ma begin vet word het.

    Toe sy begin vet word, het Ma vir Ant Stien gaan sien – dan het hulle ook – grootmens dinge bespreek.  Ek moes dan ook buite gaan speel en mag nie weer in die huis ingegaan het voordat ek geroep is nie.

    Ek het een keer gehoor hoe Ant Stien vir ma gevra het, Hoe ver is jy Mieta?

    Ek kon nie verstaan dat Ant Stien so ʼn dom vraag vra nie, aangesien Ma nêrens gegaan het nie – en ook nêrens heen iewers oppad was nie.

    Ant Stien het ʼn uur, of so, (hoe lees ʼn kind dan tog tyd) later daar weggeloop met ʼn bondel van ma se wasgoed.  Ek weet nie waarom nie, maar ma se klere was soms vol bloed.  Die siekte was seker genees, want ma het daarna weer vinnig maer geword, al was sy ʼn paar dae na Ant Stien se besoek in die bed.

    Ant Stien het vir haar sop en brood gebring en ʼn paar dae na Ma omgesien.  Ek moes dan gereeld uit die huis wees – seker sodat hulle meer grootmens dinge kon bespreek.

    4

    Die pyn het my weer wakker gemaak.  Dit het gevoel asof kole van die ou koolstoof op my bene geval het.  Ek het probeer orent kom, maar was te swak om myself te kon oplig.

    In die skemer van die kamer kon ek iemand uitmaak.  Ek was nie alleen nie.  Lê stil. hoor ek ʼn vrouestem sê.

    Jy is nie in staat om op te staan nie.  Altans, nie nou al nie.

    Ek het probeer praat, maar agtergekom dat daar ʼn pyp in my keel is.  My mond was droog en seer.  Ek het probeer om my oë oop te maak, maar dit kon net op skrefies bly.

    Die masjiene het gesuig-blaas, terwyl ander weer ʼn tipe ritme aangedui het.  Ek het geweet daar was ʼn drup in my arm – dit was ten minste iets wat ek met sekerheid kon weet.  Die half-vol sakkie, gevul met die een of ander vloeistof het regs van my bed gestaan.

    Ek sal jou iets gee vir die pyn. hoor ek weer die stem sê. 

    Weereens die geskuifel van voete, dan staan sy langs my bed.  In haar hand hou sy ʼn spuitnaald wat sy sonder seremonie in die buis na my hand inspuit.

    Dit begin vinnig stil word in die vertrek.  Voor dit heeltemal donker word en voor ek van die pyn verlig word, hoor ek hoe sy met ʼn persoon praat wat die vertrek binnegekom het.

    Hy sal geleidelik van die morfien gespeen word, maar op hierdie stadium is dit belangrik dat die genesingsproses sy verloop neem...

    5

    Oom Skip het een koue wintersdag by die plaas opgedaag.  Nie een van die huidige plaasmense, behalwe Ma en Ant Stien, het hom geken nie, wat vir my vreemd was.  Hy het, keps in die hand, na Baas Andries se huis geloop om vir werk te vra.

    Ek weet nie wat bespreek is nie – ek was nog maar ʼn laerskool kind, maar Oom Skip is aangestel om na die tuine om te sien. 

    Ma het later genoem dat Oom Skip vroeër jare hier op die plaas gewerk het en dat hy eendag net verdwyn het.  Voor

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1