’N KISHOU VIR DIE DOOD
EKLÊ wakker in die bed en wonder hoe dit sal wees om in my doodskis te lê. Die vooruitsig laat my nuuskierig, opgewonde en vreemd genoeg vreedsaam voel. Ek voel die eggo’s van wilgerlote aan my palms en vingers.
In my kop sien ek weer die weeftegnieke wat ek vandag gesukkel het om aan te leer. Ek ervaar ’n onverwagte gevoel van “mal de débarquement”, daardie sensasie wanneer jou liggaam snags die gewieg van ’n lang seereis herleef lank nadat jy aan wal gestap het.
Pleks van wankelrige bene keer my hande, moeg gewerk aan doodskiste, my om in te sluimer. Een vingernael klop met ’n splinter; ’n kneukel is gekneus. My boarmspiere protesteer ná die dag se werk.
Ek en my ma het ’n ruk gelede besluit om self ons doodskiste van wilgerlote te maak, maar weens die inperking en beperkings kon ons ons plan eers teen die middel van verlede jaar uitvoer.
Om my eie doodskis te maak het vir my na ’n doelbewuste maar tere konfrontasie met sterflikheid gelyk. Dit sou my sekerlik aanmoedig om oor my lewe en onvermydelike dood te mediteer?
Ietwat senuagtig het ek my ma saamgenooi. Sy was verheug en het voorgestel dat ons mekaar se kiste maak.
Die perfeksionis
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days