Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die Diepsee
Die Diepsee
Die Diepsee
Ebook253 pages3 hours

Die Diepsee

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

“Die wêreld is nimmereindigend.

Ek het nooit besef hoe uitgestrek dit is nie – hoe ver en wyd die water om ons eiland gaan nie. Iewers agter in my kop het ek dalk gedink dat daar ‘n tweede muur om Tresco is wat die oneindige waters binnehou sodat ons nie almal oor die rant spoel en in die diepsee tuimel nie.”

Leia en Walt is oppad na die Anderkant, waar die legendariese land, Cornwall, op hulle wag. Tony, hulle nuwe vriend, het hulle vertel dat al die oorloë van die verlede vergete is en die inwoners van Bodmin en Dartmoor in vrede woon. Die mense kom die leerstellinge van ‘n ou godsdiens na wat vergifnis en niegewelddadigheid verkondig.

Maar Walt en Leia ontdek baie gou dat selfs ‘n vredeliewende, ideale gemeenskap soos hierdie nie volmaak is nie. Op ‘n verbode besoek aan Exeter, die ou stad van hulle voorouers, ontdek die twee Eilandbewoners meer van die nuwe wêreld as waarop hulle gereken het.

Donker geheime en diep passies vul hierdie opwindende laaste boek in die Eiland-reeks.

LanguageAfrikaans
PublisherJen Minkman
Release dateJun 22, 2015
ISBN9781513071886
Die Diepsee
Author

Jen Minkman

Jen Minkman (1978) was born in the Netherlands and lived in Austria, Belgium and the UK during her studies. She learned how to read at the age of three and has never stopped reading since. Her favourite books to read are (YA) paranormal/fantasy, sci-fi, dystopian and romance, and this is reflected in the stories she writes. In her home country, she is a trade-published author of paranormal romance and chicklit. Across the border, she is a self-published author of poetry, paranormal romance and dystopian fiction. So far, her books are available in English, Dutch, Chinese, German, French, Spanish, Italian, Portuguese and Afrikaans. She currently resides in The Hague where she works and lives with her husband and two noisy zebra finches.

Related to Die Diepsee

Related ebooks

Related articles

Reviews for Die Diepsee

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die Diepsee - Jen Minkman

    Hy sal al die trane van hulle oë afdroog.

    Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed,

    smart en pyn sal daar nie meer wees nie.

    Die dinge van vroeër

    het verbygegaan.

    Openbaring 21:4

    Die Wêreld Oorkant Die Waters

    1 – Leia

    Die wêreld is nimmereindigend.

    Ek het nooit besef hoe uitgestrek dit is nie – hoe ver en wyd die water om ons eiland gaan nie. Iewers agter in my kop het ek dalk gedink dat daar ‘n tweede muur om Tresco is wat die oneindige waters binnehou sodatons nie almal oor die rant spoel en in die diepsee tuimel nie.

    Maar daardie muur is nie daar nie. Ons seil aan enaan, dag en nag, en daar is geen grense wat ons binnehou nie. Nog minder ‘n afgrond om ons in te sluk. Daar is net die horison wat naderkom en tog onveranderd bly. En snags is daar helder, skitterende sterre wat lyk of dit glad nie beweeg nie, ten spyte van die Explorer se voortgaande reis.

    Walt, fluister ek op ons derde nag saam op die dek. Dink jy ons gaan êrens kom? Dis asof ons stilstaan.

    Walt skud sy kop en glimlag vir my. Nee, antwoord hy. Vir die eerste keer in jare beweeg ons. Oppad êrens heen. Die eindelose gewag is verby.

    Ek glimlag terug. Jy klink so digterlik.

    Ja, ek kan nogal romanties wees. Walt trek my nader vir ‘n omhelsing. Of spog ek te veel as ek so sê?

    Nee, glad nie. Dis vreemd, maar hoe verder ons van die eiland af wegseil, hoe meer ontspanne raak Walt. Dis asof hy nie langer nodig het om iets te bewys nie. En inderdaad het hy nie. Om dit reguit te sê, sy mense was regen nie myne nie. Tog het mense aan albei kante van die Muur hulle geloof verloor, alhoewel ditons dalk erger getref het. In Newexterhet die spanning hoog geloop toe ek weg is. Jong kinderswat hulle ouerhuise jare gelede verlaat het, is skielik verplig om terug te trek, endit was nie in alle gevalle ‘n sukses nie. Tenminste raak dit Colin nie, want hyen Ami is mos getroud. Buitendien sou hy nie omgegee het om ‘n rukkie langer saam met ons ma te bly nie. Hy was so bly om haar te sien. Noudat ons ou reëls nie meer geld nie kan hy elke dag vir haar gaan kuier.

    Wat my betref, weet ek nie waar ek gaan bly wanneer ek eers weer terug is nie. Oos en wes is albei uitvoerbare opsies. Miskien kan ek ‘n huis bou naby die deurloop waar Scillyweg deur die Muur gaan, en ‘n hekwagter word. Die verkeer tussen Hoophawe en Newexter is onbeperk, maar ek dink nie dit sal kwaaddoen om ‘n ogie oor dinge te hou nie.

    Waaraan dink jy? fluister Walt bo my kop.

    Aan my toekoms op Tresco, antwoord ek.

    Wil jy teruggaan?

    Ja, natuurlik. Ek kyk sydelings nahom. Wil jy nie?

    Ja, ek wil. Ek wil ons stad herbou. Per slot van rekening is ekeen van die dae oud genoeg om die volgende Boekhouer te word. Hy sug. Maar ek moet erken dis nogal lekker om vir ‘n ruk lank niemand belangrik te wees nie.

    Dwase sowel as Ongelowiges seil op die Explorer, en hulle kom goed oor die weg. Dit is nie ‘n verrassing nie, want ons is die avonturiers van albei kante. Die mense wat gewoonlik terugstaan en wag om te sien watter kant die wind waai, het besluit om by die huis te bly.

    Wel, die mense aanboord kyk nog steeds op na jou, sê ek. Dit is net nie nou meer so belangrik vir jou nie.

    Walt knik stadig sy kop. "Seker. Al waaroor ek my deesdae bekommer is of jy genoeg van myhou."

    Ek glimlag koketterig vir hom. Natuurlik hou ek genoeg van jou.

    Walt lag effens. Wys my dan, sê hy saggies.

    Kom dan hiernatoe, daag ek hom uit.

    Hy buig afen soen my teer op die mond terwyl sy hande afgly na my middel en verder. Ek begin te bloos toe hy my lippe oopforseer. Vir ‘n oomblik dink ek terug aan ons eerste soen. In die begraafplaas van alle plekke. My hele liggaam bewe onder sy aanraking. Alles omtrent hierdie situasie is nuut, en tog weet my liggaam presies wat dit veronderstel is om te doen, en wat dit wil hê.

    Ek glip my hande om sy neken krap sy krulhare deurmekaar met my vingers. Walt kreun byna onhoorbaar wanneer ek my bolyf teen syne druk om selfs nader te kom.

    Leia, sê hy sag, wil jy oorbly?

    Walt het sy eie kajuit. Wel, nie heeltemal nie, hy deel dit met sy pa, maar díe is gewoonlik tot laat in die nag besig om Kaptein Tom en Tony te help om die skip op koers te hou.

    Ek weet nie, sê ek, skielik skaam.

    In die daaropvolgende stilte is my asemhaling net so vinnig soos syne. Jammer, mompel hy, staan terug en laat sy hande langs sysye sak. Hy lag senuweeagtig. Ekhet in vervoering geraak.

    Geen probleem nie. Ek trek my hand deur my hare. Ek ook. Eintlik is ek bang ek sal glad nie kan stop wanneer ek en hy alleen is nie. Noudat ek van die diktator in sy herehuis ontslae geraak het, die leuens oor ons eiland openbaar het, en gesorg het vir my gesin se welstand, voel ek ‘n onweerstaanbare drang om die lewe te geniet. En Walt is sekerlik deel daarvan, dit is duidelik.

    Hoekom bly ek nie by jou tot jy aan die slaap raak nie? stel hy voor. Ek is in een van die slaapplekke vir dames benededek waar die meisies van my kant van die eiland slaap. Die meisies van die herehuis is so gewoond daaraan om van die seuns geskei te wees totdat hulle hulle keuse gemaak en getroud is, dat dit moeilik sal wees vir hulle om in dieselfde vertrek as die manlike lede van die groep te slaap. Die meeste van hulle is gelukkig met die slaapkamer net vir meisies. Behalwe Padma wie se slaapmat langs myne lê. Sy sou dit geniet het om in aanraking te kom met die seuns van die westelike deel van die eiland, want sy is net so nuuskierig soos my vriendin Mara.

    Ja, ek sal bly wees. Ek neem sy hand en soen hom op sy wang. Ek is so bly Walt is by my. Selfs al ken ek hom nog nie lank nie, het ons soveel saam deurgemaak dat dit voel asof ons vir langer as net ‘n paar dae vriende is.

    Ons gaan met die trap af na die benededek. Die ligte wiegbeweging van die skip op die golwe het my kort-kort laat wakkerskrik gedurende my eerste nag aanboord, maar die tweede nag het ditbeter gegaan. En nou geniet ek dit selfs om aan die slaap gewieg te word terwyl Walt langs my lê en vir my stories uit sy kinderjare vertel.

    Vertel weer vir my daardie storie van die Ongelowiges, sê ek en strek my uit op die mat. Padma slaap reeds en ek moet saggies praat. Presies hoe lank was ons slagtande?

    Walt lag saggies en lyk verleë. Hei, ek het nie meer daardie stories geglo teen die tyd datek oor die Muur geklim het nie, antwoord hy verdedigend, vat my hand en vryf dit aanhoudend. Die priesters het natuurlik gesê dis alles waar. Hulle het selfs ‘n boek vol fabels gehad oor ‘n man wat op water kon loop en vertel het dathy deur die gode gestuur is. Volgens Praed die Eerste was hy ‘n Ongelowige in vermomming, wie se doel dit was om ons te verlei om hom te volg tot in die water, sodatons sal verdrink voordat Annabelle ons kom haal. Walt se mond vertrek in ‘n bitter glimlag. Sy naam was Jesse, en die legende vertel ons dathy sy slagtande afgekap en sy swart kleed verruil het vir ‘n witte sodat ons hom nie sou herken vir wat hy was nie. Verspot, né?

    Nogal verspot, ja, antwoord ek en glimlag tergend. Presies die soort storie wat ek van ‘n Dwaas sou verwag.

    Ha ha. Hy kielie my en ek byt op my lip om nie hardop te lag nie. Hou op, giggel ek senuweeagtig. Ons sal Padma wakkermaak.

    Stadig laat Walt my los en kyk my nadenkend aan. Ek kan nog steeds nie glo dat jy dit reggekry het om sonder ouers te leef van die ouderdom van tien jaar af nie, mompel hy. Dit moes rof gewees het.

    Dit kon gaan, fluister ek. Ek het vir Colin en Mara gehad.

    Ons het mekaar ondersteun, vir mekaar ‘n bietjie van ons krag geleen wanneer die ander een nie meer kon voortgaan nie. Om die waarheid te sê, die drie van ons het jare gelede al agtergekom dat samewerking ons sterker maak as enigiets anders. Ons het geweet dit het nie net daaroor gegaan om die krag vir jouself te soek nie.

    Colin het altyd die beste geweet. Hy was altyd daar vir my ten spyte van die feit dathy my nooit heeltemal vergewe het omdat ek hom so brutaal voorberei het op die lewe in die herehuisnie. Nadat ons weg is uit Newexter het ek myself nooit toegelaat om emosioneel te raak nie. Ek het hom afgejak gedurende daardie eensame nagte vol trane van verlange na ons ouers. Ek het geweet ons sou nooit kon teruggaan nie, en hoe gouer my halfuur-jonger broer sou gewoond raak aan die idee, hoe beter.

    Dit was eers later datons rolle omgeruil is, toe dit lyk asof Colin oornag ‘n paar sentimeters gegroei en in ‘n jongman met breë skouers en gespierde arms verander het, amper so sterk soos Saul, Cal en Max. Toe was hy my beskermer. En Mara het al my geheime geken, behalwe my grootste vrees: Datek te veel van die lewe sou verwag en teleurgestel gaan word.

    Skielik mis ek my broer en beste vriendin geweldig. Ek verstaan baie goed hoekom hulle nie saamgekom het nie. Hulle wou eers ‘n lewe by die huis bou voordat hulle enige waagstuk aanpak. Colin en Ami het reeds aan ‘n kleinerige huisie begin bou teen die tyd datek weg is uit Newexter, en Mara bly by Andy se ouers om aan daaraan gewoond te raak om ‘n huis met hom tedeel.

    Jy kan my alles van Cornwall vertel, het sy gesê. En as onseers skepe het wat weekliks daarheen vaar, wil ek Andy soontoe vat en gaan rondkyk.

    ––––––––

    As alles eers veilig is kan Colin en Mara ook Penzance toe seil, sê Walt stil, asof hy my gedagtes kan raai.

    Hoekom sal dit nie veilig wees nie? mompel ek. Tony het ons vertel dat die mense in sy eie dorp in vrede saam woon. En die leier van daardie ander plek, Dartmoor, werk saam met hulle om daardie vrede te behou.

    Ek weet nie. Walt strek langs my uit en trek my in ‘n warm omhelsing. Ek sal dit moet sien voor ek dit glo. Mense op die hoofeiland mag uit hulle voorouers se foute geleer het, maar ek beplan nie om aan die diep kant in te spring sonder om wakker te loop nie.

    Ek soen hom op sy wang. Ek is bly jy is nie so ‘n kansvatter nie, erken ek sag. Jy laat my veilig voel.

    Die rolbeweging van die vaartuig en Walt se asem teen my nek wieg my stadig aan die slaap.

    .

    2 – Leia

    Die volgende oggend is die hele slaapsaal in rep en roer. Padma kniel by my matras en pak my skouer beet. Ons is hier! sê syen haar stem bewe van opgewondenheid. Ons kan land sien!

    Heilige Lukas. Is sy ernstig? Ek kom regop en staan struikelend op. Die ander jong meisies en vrouens staan in ‘n bondel naby die trappe. Hulle wil almal eerste ‘n vlugtige blik kry op die Anderkant.

    Toe ek op die dek kom, staan Walt en sy pa by Tony teen die reling naby die boeg.

    Ons het dit reggekry, sê Walt met ingehoue asem terwyl hy na my toe draai. Ons is hier. Mens kan die ou geboue van Penzance in die verte sien. Hy omhels my entoesiasties en soen my op die wang. Ek staar na die Anderkant. ‘n Kuslyn wat ek vroeër nie durf glo het dat dit bestaan nie. ‘n Land wat ek nog nooit gesien het nie. En die geboue waarvan Walt praat, lyk anders as dit waaraan ek gewoond is. Die geboue in die hawe is vierkantig, grys, en van steen. Maar verder die binneland in sien ek ook pragtige siergeboue met gedraaide lyswerk en mure van rooibruin boustof. En nog verder sien ek hope rommel en snaakse bouvalle. Daar is nie veel oor van die dorp nie. Die mense wat eens op ‘n tyd hier bomme laat val het, het nie omgegee vir Penzance se prag nie. Alles moes vernietig word.

    En tog, ek kan nie my trane van vreugde inhou wanneer ek die toneel voor my inneem nie. Ons het dit gemaak. Dit is die dorp waar ons voorouers hulle kindersheen gestuur het om aan hulle ‘n nuwe lewe te bied.

    Tony glimlag entoesiasties, ‘n glinstering in sy bruin oë. Ek is bly ek kon weer die pad terug kry, merk hy op. Die ou seekaart wat ons in Penzance gekry het, is saam met ons skip vernietig. Ek moes regtig op my geheue staatmaak hierdie keer. Ek dink Henry sou dit beter gedoen het. Hy was ‘n begaafde seeman. Vir ‘n oomblik verdonker sy gesig wanneer hy aan sy vriend dink – oorlede en op ons eiland begrawe. 

    Ek vat aan Tony se arm. Dankie dat jy ons kom soek het, sê ek ernstig. Sonder jou sou ons nooit die geleentheid gehad het om hierdie avontuur te beleef nie.

    As Tony en Henry nie op ons strand uitgespoel het nie, sou Walt nooit oor die Muur geklim het en ons mekaar ontmoet het nie. Sonder hom sou ek nog steeds onder Saul se ysterhand gely het, of dalk met ‘n ander oorblyfsel soos ek getrou het.

    Die kuslyn kom al nader. Ek staar grootoog na alles. Walt is net so beïndruk met ons nuwe omgewing. Mary en Agnes, stamel hy toe ons naby genoeg is om die onbeskadigde geboue van Penzance behoorlik te sien. Die geboue is so hoog.Dis asof die bouers tien gewone huise bo-op mekaar gesit het om hierdie geweldige, reusagtige geboue te bou.

    Hoekom het die mense so hoog gebly? vra ek sag.

    Om plek te spaar, antwoord Tony. Die land was altyd oorbevolk. Maar nou is al die groot stede bouvalle. Alles is deur bomme verwoes. En die kleiner dorpe en gehuggies het geswig voor siektes. Al die plekke wat altyd digbevolk was, is onbewerkbaar. Deur bestraling vergiftig.

    Hoe het julle voorouers dit dan reggekry om Bodmin te herbou? vra Walt.

    Die ou Bodmin bestaan nie meer nie. Tony kyk na die kus. Ons voorvaders het ‘n nuwe stad in Bodminvlei gebou. Die vleie was skaars bewoon voorheen, en die vyand het nie daar toegeslaan nie. Die grond is byna glad nie besoedel nie.

    ‘n Paar dae gelede het hy ons vertel dat daar twee groot stede in hierdie streek is: Bodmin in Cornwall en Dartmoor in Devon. Die mense in Devon het hulle eie hoofstad geskep deur ‘n ou gevangenis te herbou en meer woonplekke daarby te voeg. Nou het Dartmoor tienduisend inwoners – ‘n ongelooflik-hoë getal vir ‘n dorpsmeisie soos ek. Walt moes aan my verduidelik wat ‘n gevangenis is. Sy mense het ‘n paar aanhoudingselle in Hoophawe wat hulle gebruik om mense in toe te sluit wat iets verkeerd gedoen het. Hoe ernstiger die oortreding, hoe langer word hulle toegesluit. Ons het nie soiets nie. As die volwassenes van Newexter nie die gemeenskapsreëls kan nakom nie, word hulle verban. Dit het nog nie veel gebeur nie. Almal aan ons kant van die Muur weet dat, om alleen te lewe sonder vriende of metgesel, nie juis ‘n lewe is nie.

    Toe Kaptein Tom uiteindelik die Explorer veilig in Penzance se hawe het, staan almal op die dek. Ons is stil, net die kaptein roep sy bevele uit na die dekmatrose. Vir die eerste keer in ‘n lang tyd land ‘n skip in die kaai van hierdie gehawende dorp. Seemeeue vlieg skreeuend deur die skoon, blou lug.

    Wat gaan volgende gebeur? wil Walt weet. Hy draai na sy pa wat ietwat hulpeloos daar staan. Laasgenoemde hou sy oë op die loopbrug wat uitgesit word na die dokke. ‘n Brug na ‘n nuwe wêreld wat ons nie ken nie.

    Ek het geen idee nie, antwoord hy.

    Jy wil seker die begraafplaas waar jou voorouers begrawe is besoek, stel Tony voor.

    Ja, knik Oom William. Ek dink ek wil.

    Stadig stroom die skeepspassassiers na die kaai, en kyk ongemaklik maar ook nuuskierig rond. Tony neem die voortou na ‘n groot, grys gebou ‘n entjie van die dokke af.

    Dit is die hawegebou waar ek en Henry die radio gekry het wat die noodoproep uitgestuur het, vertel hyen verhef sy stem sodat die mense agter in die groep homook kan hoor. "Dit is ook waar ons die skip se manifes gekry het waarin al die name van die kinders was wat aanboord die Annabelle was."

    Ons gaan by die gebou in. Die lug binne is warm en bedompig. Die somerson skyn deur die glasvensters. Dit lyk soos die vensters in Hoophawe. Ons het net in die herehuis glas in die vensters, nêrens anders nie. Weggesteek in die hoek is ‘n soort lessenaar met knoppies en glyers. Dit herinner my aan die toestel wat Tony gebruik het om die boodskap vir ons te speel. Dit moet dan die radio wees.

    Werk daardie ding nog? vra ek vir Tony.

    Hy skud sy kop. Henry het die meeste van die sonpanele wat aan die radio verbind was, ontkoppel endit aan ‘n ou bus vasgesit sodatons kon terugry Bodmin toe toe onseers terug was in Penzance. Hy het die liggewig panele gebruik vir krag vir die enjin van die ou boot waarmee ons Tresco toe geseil het.

    O. Ek het geen idee wat hy nou gesê het nie.

    Intussen het Walt na ‘n tafel vol boeke gestap. Hy streel die omslae eerbiedig. Leia, roep hy my. Kom kyk hier. Hier is die dagboek wat aan Luke se pa behoort het.

    Ek moet nog gewoond raak daaraan dat Donker Vader nie Luke se pa is nie. Hy was ‘n goeie, gewone ou wat sy seun probeer red het deur vir oulaas ‘n boodskap uit te saai. ‘n Paar dae gelede het ek die name op die lys in die skip se manifes deurgelees saam met Walt, endit is hoe ons uigevind het dat die seun wat ons boek geskryf het, se naam Lucas Walker was. Miskien is dit hoekom hy gevoel het hy wil sy held, Luke Skywalker, se naam aanneem toe hy ‘n nuwe lewe begin.

    Toe ek die dagboek oopmaak en na die laaste bladsy kyk, kan ek nie help om trane in my oë te kry nie. Die woorde loop deurmekaar en vloei weg. As Lucas maar geweet het hoe lief sy pa vir hom was. As ons maar net geweet het. Ek moet hierdie boek vir die mense in Newexter gaan wys sodat hulle met hulle eie oë kan sien dat ouers nie onbetroubaar is nie. Dat Luke nooit sy rug op sy pa moes draai nie.

    Kanek dithou? vra ek huiwerig vir Tony.

    Natuurlik, sê hy. Die dagboek moet julle nuwe boek wees.

    Ek bêre die notaboek in my broeksak. Dis nie

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1