SARIE

MARY-ANNE Ek skryf my eie storie BARLOW

Mary-anne Barlow is vandag skoon uit haar ritme uit.

’n Af dag tuis is amper ’n skok vir haar gestel, sê sy. Die afgelope klompie maande, ses dae van die week, gooi sy haar hart en siel in haar rol as die feeks Felicity Price in Legacy, M-Net se telenovelle – ’n eerste vir kanaal 101.

Maar van die begin af, toe sy dié gesogte rol aangebied is, het Mary-anne besef: Nou is sy getroud met Legacy. Selfs haar hart se punt, Nathan, haar “ou George Clooney” wie se hondeportret lewensgroot teen die sitkamermuur agter haar pryk, speel vir eers tweede viool.

Saans voel dit soms asof sy net genoeg energie het om te bad en in die bed te klim met haar teks vir die volgende dag, maar tog verlustig sy haar in élke oomblik op stel, sê sy. “Dit is intens, jy werk op verskillende locations, almal is onder druk, ook met die uitdaging van Covid-19-beperkings. Maar almal is ewe passievol, elke afdeling sit alles in. Dis ’n seëning om deel daarvan te wees.”

Wat dit ’n nóg groter geskenk maak – “met ’n dubbele strik bo-op” – is dat die vervaardigers, Tshedza Pictures, haar vir die rol genader het. Mary-anne het juis vroeër vanjaar ’n, Tshedza se Emmy-benoemde telenovelle op Mzansi Magic op DStv-kanaal 161.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE8 min read
Net Cindy, Niks Fancy Nie
Hier is een rol wat Cindy Swanepoel-aanhangers nie sien kom het nie. Cindy as ’n idioom. Kry die prentjie: woordelose papierpop Cindy, met groot rooi kartonlippe en tande wat daaruit tuimel as dit oopgaan . . . ’n Mond vol tande. Die Wonderlike Wêrel
SARIE1 min read
Kosdinge
Nie tyd of lus om self koek te bak nie? Woolworths het allerlei opsies van koeke gereed om enige okkasie in ’n japtrap op te kikker. Die Chocolate Caramel Ombre Celebration Cake met ses lae is veral heerlik. R375 vir ’n 1,2 kg-koek. Sit jou koek en
SARIE1 min read
Leef Binne Na Buite
Marcus se huis is soos ’n treinstasie met ’n vloei van mense wat gou kom inloer, maar toe die huis in aanbou was, het hy ’n frons of twee van die plaaslike inwoners gekry. As argitek wou hy hê die huis moet sy opleiding in die modernistiese styl weer

Related