NINA SWART Nou éérs op spoed
’n Figuur in jeans en tekkies sit met nat sliertjies hare buite die Motherland Coffee Company in Mandela Rhodes Place, Kaapstad. Dit is 09:30 op ’n Saterdagoggend in September.
Kaapstad is dankbaar, want dit sous. “’n Regte ou Kaapse reën,” soos kore sing in ’n verwerking van die Marie Tredouxliedjie deur die ontslape komponis Dirkie de Villiers.
Nina Swart drink koffie terwyl toeriste met gekleurde sambrele onder afdakke skuil. “Kyk daai arme ou in die rolstoel oorkant die St. George-katedraal,” merk sy op.
“Verskoon maar as ek nie so vars is nie,” voeg sy by. Die vorige aand het sy tot halfelf op Somerset-Wes geskiet aan die regsdrama Fynskrif, waarvan sy die regisseur van die twee laaste reekse is*. Haar Groentemarkpleinse bure het boonop tot lank ná twaalf harde musiek laat blêr. Maar toe “blaas” sy hulle weer halfagt die oggend met Fauré se Requiem.
Haar hande wapper energiek deur die lug wanneer sy praat. Nou en dan gryp sy haar hare agter die kop vas, dan skiet haar hande voorkop toe . . . Soos wat sy gedagtes bedink, omrol en weer verwoord, is daar baie halwe sinne. Want sy is op spoed.
“Dit is my begin skiet het.
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days