SARIE

DIE BESTE VAN TWEE WÊRELDE

Chanelle de Jager is deesdae presies waar sy wil wees.

Op die plaas Geelkop buite Keimoes in die Noord-Kaap waar die aktrise twee jaar gelede saam met haar verloofde nesgeskop het, lyk ’n tipiese dag dalk só: Hul agt honde maak haar om halfses wakker, dán koffie op die stoep wat uitkyk op die wingerd en haar garingboom-en-kaktustuin. Nege tot vier is “besigheidsure” in haar ateljee. Daarna kosmaaktyd. Sesuur: aandete op die stoep. En later ’n bietjie TV . . .

Dis ’n bitter rustige lewe, maar dis hoe sy daarvan hou, gesels Chanelle uit die studeerkamer van die 1930’s-plaashuis wat sy en haar geliefde (sy verkies om sy naam privaat te hou) saam gerestoureer het. Haar hondjie Patat – “ons spot hy is dalk ’n kruising tussen ’n rot en ’n springbokkie” – kom meld ook aan tydens die Zoom-onderhoud. “Hy doen alles saam met my. Shop, slaap, you name it! Ag, ou Tatjies,” koer sy en tel hom op haar skoot.

Vanoggend was Patat juis saam met sy mense dorp toe. Chanelle moes ’n bestelling van haar kunswerke na ’n dekorwinkel in Gauteng laat stuur. Haar slag om bokskedels met die fynste kerfwerk in unieke muurkuns te omskep het verlede jaar tot haar onderneming, Chanelle de Jager Carvings, gelei.

Sy hou dalk van die stilte en eenvoud van die Noord-Kaap, maar almal wat Chanelle ken, weet sy is

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE5 min read
Troufotograwe
1. Jou gunsteling-troufoto wat jy al geneem het? As ek een moet uitsonder, sal dit vir seker ’n troue wees wat ek in Sossusvlei, Namibië, afgeneem het. Dis een van my gunstelingplekke op aarde en om ’n troue daar te kon afneem het dit net nog meer sp
SARIE2 min read
Bekroonde aktrise LEA VIVIER & ANDRÉ WILKENS Soos ’n woudsprokie
Dit was ’n trounaweek van genot, uitspattige kleur en geluk. Met ’n pragtige verskeidenheid blommerangskikkings in dieprooi, perske en ligpienk, asook granate en turksvye op die tafels, het die dekor aan die Romantiese kunsbeweging herinner. Sonder d
SARIE1 min read
’n Pak Op Sy Tyd
Die klassieke swart tuxedo kry ’n nuwe voorkoms met ’n baadjie in naaswit Vir ’n swart uitrusting van kop tot toon, speel met teksture deur ’n baadjie van tweed of brokaat te dra. Of wees op die uitkyk vir detail soos kristalle op die kraag * Sien o

Related