Huisgenoot

MENINGS OOR STORIES OP HUISGENOOT.COM

1 ‘EK MOET HULLE NOU VLERKE GEE’

Die aktrise Natasha Sutherland maak haar hart oop oor ma-wees, haar vrese oor ’n leë nes en die nuwe seisoen van haar lewe

Natasha is vir my pragtig. Sy praat nie haar eks sleg nie, en sy blaker niks oor hul verhouding uit aan die wêreld nie. Soveel ander mense kan dit gerus by haar leer.

BELINDA

Ek het die artikel oor Natasha gelees (“My seuns, my anker”, 11 Februarie). Ander kan by haar kers opsteek hoe om jou kop hoog te hou te midde van al die terugslae van die lewe.

MARA

Sy is so stylvol en nog propvol talent. En sy het beslis ’n hart van goud. Iemand wat seergekry het, maar ook die keuse gemaak het dat sy bo dit alles sal uitstyg.

MALINDA

Sy het nooit haar vuil wasgoed in die openbaar gewas ná haar skeisaak nie. En as ’n enkelouer het sy haar twee seuns so mooi grootgemaak. Sy is ’n stunning vrou.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Die Olimpiese Gimnas Nadia Comaneci
MONTREAL, 1976. In die fel kollig lyk sy soos ’n porseleinpoppie. Toe begin die 14-jarige gimnas met haar aanloop en jy kan ’n speld hoor val in die arena en televisiekamers wêreldwyd. Vir 30 sekondes swaai en tuimel sy deur die lug asof swaartekrag
Huisgenoot4 min read
Juffrou X - Sterre
By die Victory Heights Hoërskool is die eindeksamen net één van die uitdagings wat kinders in die gesig staar. Maar ’n paar onderwysers sal enigiets doen om hulle kinders ’n kans in die lewe te gee, binne of buite die klaskamer. Juffrou X (Trix Vivie
Huisgenoot4 min read
111 Jaar Met Pap, Vleis En Marog
DIE lug bo Mpumalanga se Hoëveld is vandag grys en bewolk. Amper soos die oorlogswolke wat 110 jaar gelede bo die verre Europa saamgepak het. Ons praat hier van die Eerste Wêreldoorlog wat in 1914 uitgebreek het. Daardie verskriklike slagting wat dee

Related