Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

In die onbekende
In die onbekende
In die onbekende
Ebook88 pages1 hour

In die onbekende

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Emmy en haar vriende, met die hulp van 'n psychic Cassiopeia, vind uit dat Laurel agter Lucy se is en hulle besluit om haar te gaan sien,maar vind uit dat sy nie meer by die huis is nie maar in 'n naby geleë dorp Talluhah Falls toe gegaan het.

Emmy en die res van die groep besluit om Tallulah Falla toe te gaan met die hoop dat hulle finaal die raaisel van Lucy se dood sou oplos.

Maar hulle besef gou dat dit nie so maklik is nie.

Die waarheid is dat die dinge wat hulle weet nie dieselfde is as wat Laurel al so lank vir hulle wegsteek nie. 

Hulle moet ook probeer uitvind wat Tyler vir hulle wegsteek anders gaan alles wat Emmy so hard aan gewerk het verniet wees.

Sal hulle finaal kan uitvind presies hoe alles gebeur het.

Of gaan sy net 'n gees bly wat by almal gaan spook- VIR ALTYD

LanguageAfrikaans
PublisherBadPress
Release dateJun 19, 2016
ISBN9781507145128
In die onbekende

Related to In die onbekende

Related ebooks

Related articles

Reviews for In die onbekende

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    In die onbekende - William Jarvis

    In die onbekende

    Lug vallei knus geheim Mystery Ghost trilogie reeks

    Boek

    Deur: William Jarvis

    Yap Kee Chong

    8345 NW 66 ST#B7885

    Miami, FL 33166

    Digitale uitgawe

    Kopiereg 2015

    Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie boek mag gereproduseer of gebruik word in enige manier of vorm of op enige manier hetsy elektronies of meganies, dit beteken dat jy geen material idees of wenke mag aanteken, fotostateer wat in die boek verskyn nie.

    Kry kennis van ons nuwe vrystellings!

    http://eepurl.com/7jbzn

    Deel 1- The deadly dinner

    Deel 2- Dangerous, teas & treats

    The Ghost of sky valley cozy Mystery reeks

    Ander boeke beskikbaar

    Sky Valley Cozy mystery reeks

    Coffee, cupcakes & murder #1

    Beaches and coffee#2

    Mayhem at The Mansion#3

    Murderous coffee crumb#4

    Sky Valley Mystery reeks

    Inhoud

    Hoofstuk 1 – Waar is sy?

    Hoofstuk 2- Vetrek na Tallulah

    Hoofstuk 3- Toe ons jonk was

    Hoofstuk 4- Ons was eers vriende

    Hoofstuk 5- Hoekom is jy so groot teef?

    Hoofstuk 6-Die Skeiding

    Hoofstuk 7-Die foto

    Hoofstuk 8- Dis waar sy bly

    Hoofstuk 9- Ma weet nie alles nie

    Hoofstuk 10- Jy het haar nooit rêrig lief gehad nie

    Hoofstuk 11- Moet met haar praat

    Hoofstuk 12- Ek is so jammer

    Hoofstuk 13- Hy is gevat weet jy

    Hoofstuk 14- Ek sal doodgaan sonder hom

    Hoofstuk 15- Moord instink

    Hoofstuk 16- Die verhaal van twee moordenaars

    Hoofstuk 17- Totsiens Lucy

    Hoofstuk 18- Ete by die Byrnes

    Narede

    Oor die skrywer

    ***

    Hoofstuk 1

    Waar is sy?

    Sy ‘s weg, het Laurel se buurvrou gesê toe hulle haar vra waar sy is. Net daardie twee woorde was amper genoeg om enige iemand se hoop heeltemal te vernietig. Hulle wou weet waar sy is sodat hulle haar polisie toe kon vat en die nagmerrie kon ophou. Maar duidelik was sy nie by die huis nie en niemand het enige idee waar sy is nie.

    Ek haat daai teef! Sê Libby met tande op mekaar gekners. Dink sy kan wegkom met enige iets!  Hoe groot teef is sy nou eintlik-

    Dis nou genoeg, Libby. Andwoord Emmy.

    Is sy veilig? vra die buurvrou. Het iets gebeur?

    uhm, nee ek bedoel, ja—-ek.. Andwoord Emmy en haal diep asem. Het jy enige idee waar Laurel  kan wees? Ons moet met haar praat. Dis baie belangrik.

    O nee, andwoord die buurvrou, sy praat nie regtig met ons nie weet jy. Hou haarself maar eenkant. Maar ek het gehoor sy het familie in Tallulah Falls. As ek nie verkeerd is nie bly haar ma Eleanor daar. Ek is nie presies seker waar nie. Maar as dit regtig n noodgeval is dan is ek seker jy sal haar daar kry. Tallulah Falls is in teendeel nie so ‘n groot plek nie.

    Tallulah Falls, herhaal Audrina dis nie so vêr nie. As ons nou gaan-

    Ja, Emmy draai weer na die buurvrou toe, Dankie, sê sy. Ons gaan maar weer.

    Nou maar goed julle ouens, pas julleself op dit lyk na reën later, Sê sy met verwysing na die donker wolke op die horison. Sien weer. En verdwyn in die huis in en los Emmy en haar groepie alleen.

    Lucy verskyn op die stoep. Miskien moet ons almal net van alles vergeet, sê sy met trane in haar oë en met hartseer duidelik hoorbaar in haar stem. Ek wou nie gehad het dit moes gebeur nie. Ek bedoel- dis net......

    Is jy mal, Lucy? Vra Emmy. Almal draai na haar. Ons het al die pad hierheen gekom hiervoor. Ons het uitgevind wie dit aan jou gedoen het, en  nou na alles wil jy net opgee? Ons verstaan dis nie maklik nie. Ons moet Tallulah Falls toe gaan en probeer sin maak van alles, as ons nou opgee wat dan? Ons is nou hier, Lucy. Ons doen alles wat ons kan vir jou. So asseblief, vertrou ons. Vertrou my. Ons gaan vir Laurel hier kry, en dan gaan alles weer regkom. Sy sê dit met soveel oortuiging dat sy haarself glo maak nie saak hoe bang en onseker sy is nie.

    Kan ons nou gaan? Vra Audrina.

    Ja, ek moet net gou iemand bel.

    ‘Wie?"

    Sara van die polisie. Sy is baie gaaf ,nie soos die res van hulle nie, Emmy haal haar foon uit haar handsak en skakel die nommer As jy net asseblief ‘n spoor op my nommer kan sit ....ja asseblief bly op ons spoor. Ons gaan Talluhah Falls toe , ja. Asseblief vertrou my net, Sara. Reg, moet niks doen voor ek jou laat weet het nie.reg? Reg, sien jou.

    Sy eindig die oproep, sit die foon in haar handsak en draai na Audrina, Libby, Lucy, Cassiopeia, en Tyler wat na haar kyk asof hulle lewens daarvan afhang.

    kom ons gaan. Sê sy en prop almal in haar kar.

    Hulle is oppad Tallulah Falls toe.

    Jy is amper daar.

    Jy gaan noun na al die tyd alles uitvind wat jy wou geweet het, maar tog is jy so bang. Jy is bang want jy het geen idee hoe alles gaan uitwerk nie. Jy het geen idee hoe om sin van alles te maak nie. Hoe om te voel dat alles gaan reg kom nie.

    Jy is bang want hoe nader jy aan die waarheid kom, en al die snaakse goed gebeur, hoe slegter voel jy oor die hele situasie, want dit verg al die energie wat jy gedink het jy het, want die hele punt van alles gaan verdwyn, oor jy geen benul het wat van hier af gaan gebeur nie.

    Maar, jy gaan daar uitkom want anders gaan dinge net erger raak.

    As jy dit nie doen nie .gaan dinge wat

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1