BLOED KRUIP WAAR DIT NIE LOOP NIE
Vir ’n oomblik verdwaal ek in my gedagtes terwyl ek na die ouerige huis voor my staar. My kar is steeds aangeskakel en ek wik en weeg of ek in die driveway moet opry of die kar in reverse moet sit. Die blou huis lyk asof dit dringend ’n nuwe laag verf makeer. Die hek staan oop, maar ek kan nie help om te wonder of ek welkom is nie. Dit voel soos gister. 13 Augustus 2013. En nou jare later op 24 Desember kan ek steeds die koue reëndruppels teen my gesig voel. Ek kan onthou hoe bang die sterk wind my daai aand gemaak het.
“Wie bly hier, Mammie?”Kelly se fyn stemmetjie ruk my weer na die werklikheid.“Hulle het ’n Kersboom buite. Kan ons ook een kry? Asseblief! Asseblief!”
Ek maak senuweeagtig skeel skoon voor ek antwoord:“Oupa bly hier, liefiepop.”Ek soen haar voorkop.“En ja, natuurlik kan ons.”Die volgende oomblik maak
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days