DIE KIND IS NIE DOOD NIE
Jul 29, 2022
5 minutes
DEUR ADRIAN SWARTZ
Ek het haar birthday present onder die kooi uitgehaal en dit eers styf in my arms gehou. Ek het aan al die goeie tye saam met Klyntjie probeer dink en soos ’n stout kind daaraan bly klou. Ek het op die kooi gaan sit en die geskenk begin wieg soos wat mens met ’n baba sal maak. Saam met die gewieg het ek saggies probeer sing, “Veels geluk liewe Klyntjie omdat jy verjaar, mag die Here jou seën en nog…”
Die woorde proe skielik soos vrot druiwe in my mond en ek probeer van die smaak ontslae raak. Vir die eerste keer slaan die dood van my sustertjie my amper stom. Die seer bottel in my keel op en die verlange spoel uit soos ’n klomp kakkerlakke van
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days