Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die skuilplek
Die skuilplek
Die skuilplek
Ebook357 pages7 hours

Die skuilplek

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Corrie ten Boom en haar doodgewone gelukkige gesin bly bo haar pa se horlosiewinkel met die uitbreek van die Tweede Wêrerldoorlog. Hulle word genader deur die Nederlandse versetbeweging om te help met om vervolgde Jode weg te steek. Sonder om twee keer te dink reik hulle uit na dié mense in hul verskriklike nood. Dan word hulle verraai … Corrie ten Boom se verstommende ware verhaal van liefde en hoop leer ons om op God te vertrou in alle omstandighede, selfs in ’n Nazi-konsentrasiekamp. Dié storie oor die wonder van onvoorwaardelike liefde is vandag net so relevant as in Nazi-Duitsland in die Tweede Wêreldoorlog.
LanguageAfrikaans
PublisherLux Verbi
Release dateSep 17, 2014
ISBN9780796319098
Die skuilplek
Author

Corrie Ten Boom

Corrie ten Boom was raised in Haarlem, Holland. The family home, "the Beje," was a narrow, three-story stucco and brick watchshop, and it became a refuge for many. When she was in her early fifties, she became a key figure in the Dutch Underground Christian Resistance movement during World War II. The account of her experience during this time period can be found in her bestselling book The Hiding Place.

Related to Die skuilplek

Related ebooks

Related articles

Reviews for Die skuilplek

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die skuilplek - Corrie Ten Boom

    Voorwoord

    Terwyl ons die navorsing vir God se smokkelaar gedoen het, het een naam herhaaldelik opgeduik: Corrie ten Boom.

    Dié Hollandse vrou – wat reeds iets in die 70 was toe ons die eerste keer van haar gehoor het – was Broer Andrew se gunsteling reisgenoot. Broer Andrew was ’n sendeling agter die Ystergordyn. Hy het sy boeiende verhale oor Corrie in Viëtnam – waar sy die eerbaarste titel Oumagrootjie verdien het – en in ’n dosyn ander kommunistiese lande weer en weer vir ons vertel. Uiteindelik het ons hierdie verhale so dikwels gehoor dat ons ons hande moes ophou om die stortvloed te keer.

    Ons sal haar nooit in hierdie boek kan inpas nie, het ons gesê. Sy en haar storie sal ’n hele boek kan vul. Dit is die soort woorde wat ’n mens kwytraak sonder dat jy dit waarskynlik regtig bedoel.

    In Mei 1968 het ons ’n erediens in Duitsland bygewoon. Tydens die diens het ’n man vir ons van sy ervarings in ’n Nazi-konsentrasiekamp vertel. Sy gesig het die verhaal beter vertel as sy woorde. In sy oë het die pyn nog vlak gelê; sy bewende hande het verklap dat hy steeds nie kan vergeet nie. Hy is gevolg deur ’n witkopvrou, stewig gebou en prakties aangetrek. Uit haar gesig het liefde, vrede en vreugde gestraal. Maar… hierdie twee mense het presies dieselfde storie vertel. Ook die witkopvrou was in ’n konsentrasiekamp; sy het dieselfde barbaarsheid beleef; sy het dieselfde verliese gely. Die man se reaksie was maklik om te verstaan. Maar die vrou s’n?

    Ons het ná die diens agtergebly om met haar te gesels, en só het ons Andrew se Corrie ontmoet. Cornelia ten Boom se wêreldwye bediening van vertroosting en wyse raad het reeds in die konsentrasiekamp begin, daar waar sy die skuilplek gevind het waarvan die profeet Jesaja praat: … ’n toevlug vir die armes, ’n toevlug vir die behoeftiges in hulle nood, ’n skuilplek teen die stortbuie, ’n skaduwee teen die hitte.

    Ons het ’n hele paar keer vir haar gaan kuier, en elke keer het ons hierdie verstommende vrou al hoe beter leer ken. Saam het ons die effens vervalle Hollandse huisie, net een kamerbreedte wyd, gaan besoek. Daar het sy as ongetroude vrou en horlosiemaker rustig gewoon totdat sy 50 was. Min het sy gedroom dat ’n hele wêreld vol avontuur net om die hoek gewag het terwyl sy haar oudste suster en pa versorg het.

    Ons is ook saam na die tuin in Suid-Holland waar die jong Corrie haar hart vir ewig weggegee het. Saam is ons na die groot baksteenhuis in Haarlem waar Pickwick te midde van die oorlog egte koffie bedien het…

    Die hele tyd het ons die eienaardige gevoel gekry dat ons nie op die verlede terugkyk nie, maar vooruit kyk tot in die toekoms. Asof dié mense en plekke nie met ons praat oor dinge wat reeds gebeur het nie, maar oor die wêreld wat in die 1970’s voor ons gelê het. Toe reeds het ons ervaar dat ons by Corrie kon leer hoe om dit te hanteer wanneer:

    •ons van geliefdes geskei word

    •ons met min moet klaarkom

    •ons veiligheid te midde van onveiligheid moet vind

    •ons moet vergewe

    •God ons swakheid gebruik

    •ons moeilike mense moet hanteer

    •ons die dood in die oë moet kyk

    •ons ons vyande moet liefhê

    •dit lyk of die Bose oorwin.

    Ons het met haar gesels oor die praktiese aspekte van alles wat sy kon onthou. Ons het geluister hoe haar herinnerings lig werp op probleme en besluite wat ons hier en nou in die gesig gestaar het.

    Maar dit is mos waarvoor die verlede daar is, het sy gesê. Elke ervaring wat God vir ons gee, elke mens wat Hy in ons lewe inbring, is deel van die volmaakte voorbereiding vir die toekoms wat net Hy kan sien.

    Elke ervaring, elke mens… Pappa, wat die heel beste herstelwerk aan horlosies in Holland gedoen en telkens vergeet het om die rekening te stuur; Mamma, vasgekluister aan haar siek liggaam, maar met ’n vry en ongebonde lewensingesteldheid; Betsie, wat ’n partytjie kon hou met drie aartappels en teeblare wat al twee keer gebruik is.

    Toe ons in die blou oë van hierdie onoorwinlike vrou kyk, het ons gewens dié mense kon ook deel van ons lewe wees.

    Later het ons besef dat hulle wel deel van ons lewe kon word…

    John en Elizabeth Sherrill

    Julie 1971

    Chappaqua, New York

    1

    Die 100ste verjaarsdagpartytjie

    Ek wip vinnig uit die bed met net een vraag in my gedagtes: Son, of mis? Januarie in Holland is gewoonlik koud en nat en vaal. Maar so af en toe – op seldsame, asemrowende dae – breek daar ’n flou wintersonnetjie deur.

    Ek leun so ver ek kan by my slaapkamervenster uit. Dis altyd moeilik om die lug vanuit die Beje te sien. Vensterlose mure staar my aan, saam met die agterkant van ander stokou geboue in dié digbevolkte kern van Haarlem. Ek strek my nek nog verder uit om te kan sien, en sowaar! Daar bokant die koddige dakke en krom skoorstene steek ’n vierkantjie bleekblou lug uit. Ons gaan ’n sonskyndag vir die partytjie hê!

    Ek gee ’n paar danspassies terwyl ek my nuwe rok uit die lendelam kas teen die muur haal. Pappa se slaapkamer is reg onder myne, maar op 77 slaap hy baie vas. My dansery sal hom glad nie pla nie. Dis die een voordeel van oudword, dink ek terwyl ek my arms by die moue inwerk en die resultaat in die spieël teen die hangkas se deur bekyk. Al dra sommige Hollandse vroue hier in 1937 hulle rokke tot net op die knie, hang myne steeds ’n versigtige sewe sentimeter bokant my skoene.

    Jy word nie jonger nie, herinner ek my spieëlbeeld. Miskien is dit die nuwe rok wat maak dat ek meer krities as gewoonlik na myself kyk: 45, ongetroud, middellyf allesbehalwe slank.

    My suster Betsie, sewe jaar ouer as ek, het steeds die slankheid en grasie wat mense op straat laat omdraai om haar agterna te staar. Die hemel weet, dit is nie haar klere nie. Ons horlosiewinkel het nog nooit veel geld ingebring nie. Maar wanneer Betsie ’n rok aantrek, gebeur daar ’n wonder.

    My rokke… wel, die some trek los; my kouse leer; my krae dop om – totdat Betsie hulle onder hande neem. Maar vandag, dink ek terwyl ek so ver moontlik in my kamertjie van die spieël af gaan staan, lyk ek baie deftig in die maroen rok.

    Ver onder my in die straat lui die deurklokkie. Besoekers? En dit nog voor sewe-uur in die oggend? Ek maak my slaapkamerdeur oop en huppel met die steil wenteltrap af. Dié trap is bloot as ’n nagedagte by dié sonderlinge ou huis gevoeg. Eintlik woon ons in twee huise. Die voorste een is ’n tipiese oud-Haarlemse huisie, drie verdiepings hoog, twee kamers diep en slegs een kamerbreedte wyd. Op die een of ander onbekende tydstip in die huis se lang geskiedenis het iemand ’n gat deur die agterste muur gebreek en die huis met die nog smaller en nog hoër huisie agter hom verbind. Dié huis het slegs drie kamers wat bo-op mekaar geleë is. Tussen die twee huise is die nou kurktrekkertrap toe ingedruk.

    Al is ek hoe vinnig is Betsie voor my by die deur. ’n Massa blomme vul die hele deuropening. Eers toe Betsie die blomme neem, verskyn die seuntjie wat hulle kom aflewer het. Lekker dag vir die partytjie, nè, Juffrou? sê-vra hy en probeer by die blomme verby loer, so asof hy verwag om reeds koek en koffie op die tafel te sien. Later vandag sal hy wel partytjie toe kom, soos feitlik die hele Haarlem.

    Ek en Betsie soek na ’n kaartjie in die ruiker. Pickwick! roep ons tegelyk hard uit.

    Pickwick is ’n skatryk klant wat nie net die duurste horlosies by Pappa koop nie, maar dikwels ook opstap na die woongedeelte van ons huis. Sy regte naam is Herman Sluring. Pickwick is die naam wat ek en Betsie vir hom gee wanneer ons oor hom praat omdat hy op ’n druppel water lyk soos die illustrasie in ons weergawe van Dickens se boek oor dié karakter.

    Herman Sluring is sonder enige twyfel die lelikste man in Haarlem. Kort, geweldig oorgewig en met ’n kop so glad soos ’n Hollandse kaas. Boonop het hy twee oë wat so skeel na buite kyk dat ’n mens nooit weet of hy vir jou of vir iemand anders kyk nie. Maar net so lelik soos hy is, so goedhartig en vrygewig is hy.

    Die seuntjie het die blomme na die huis se sydeur gebring, die deur wat ons as gesin gebruik en wat op ’n stegie uitloop. Vanuit die portaaltjie dra ek en Betsie die blomme winkel toe. Eers deur die werkkamer waar die horlosies en klokke herstel word. Daar staan die hoë werkbank waaroor Pappa al soveel jare lank gebukkend staan, besig met sy delikate en noukeurige handewerk wat as die heel beste in Holland bestempel word. In die middel van die kamer staan my werkbank, en langs myne dié van Hans, die leerling-horlosiemaker. Teen die muur staan ou Christoffels se werkbank.

    Anderkant die werkkamer is die klante se deel van die winkel met die glaskas vol horlosies. Al die muurhorlosies slaan sewe-uur toe ek en Betsie die blomme daar indra en rondkyk op soek na die beste plek om hulle neer te sit.

    Vanaf my kinderdae is ek versot daarop om by dié vertrek in te stap, want dit is waar honderde tik-tok-stemme my verwelkom. Dit is nog donker in die winkel, want die vensterluike aan die straatkant is nog toe. Ek sluit die straatdeur oop en stap in Barteljorisstraat uit. Ook die ander winkels se luike is nog toe: die brilmaker, die damesklerewinkel, die bakkery en Weil se pelswinkel oorkant die straat. Alles is nog doodstil.

    Ek stoot ons luike oop en gaan bewonder dan ’n rukkie die vensteruitstalling waarop Betsie en ek uiteindelik ooreengekom het. Ons het nog altyd oor dié venster gestry. Ek wil soveel moontlik van ons voorraad in die venster uitstal, maar Betsie hou vol dat twee of drie pragtige horlosies op sy of satyn baie eleganter en aanlokliker sal lyk. Die uitstalling wat nou in die venster is, stel ons albei egter tevrede: Daar is ’n hele versameling horlosies, klokke en sakhorlosies, almal minstens honderd jaar oud. Ons het al die horlosies spesiaal vir dié geleentheid by vriende en versamelaars van antieke ware oral in die stad geleen. Vandag is immers die winkel se honderdste verjaarsdag. Op dié dag in Januarie 1837 het Pappa se pa sy naambordjie in die venster neergesit: Ten Boom Horlosies.

    Die afgelope tien minute al, en met ’n algehele verontagsaming van die akkuraatheid van die tyd wat verbytik, lui die kerkklokke van Haarlem om aan te kondig dit is nou sewe-uur. ’n Halwe blok weg, op die dorpsplein, slaan die klok van Sint Bavo plegtig sewe keer. Ten spyte van die koue Januarie-dagbreek talm ek in die straat om die slae te tel. Almal in Haarlem besit natuurlik nou radio’s, maar ek kan nog goed onthou die tyd toe die ganse lewe van die stad volgens Sint Bavo se tyd verloop het. Net die mans op die treine en ander wat die presiese tyd moes hê, het na ons toe gekom om die tyd op die astronomie-horlosie te lees. Elke week het Pappa die trein na Amsterdam gehaal om die tyd van die Vloot se observatorium af terug te bring. Die feit dat die astronomie-horlosie nooit meer as twee sekondes per week van sy tyd verskil het nie, het hom met trots gevul. Dié horlosie staan nou nog daar. Ek sal dit sien wanneer ek terugstap tot in die winkel. Hoog en glansend op sy betonvoetstuk, maar sy roemrykheid effens verdof.

    Die deurklokkie weerklink weer in die laan. Nog blomme. Só hou dit ’n uur lank aan… groot ruikers, klein ruikers, noukeurig gerangskikte blomme, en blomme in kleipotjies uit mense se tuine. Want al is die partytjie vir die winkel bedoel, is die blomme ’n teken van ’n hele stad se toegeneentheid tot Pappa. Haarlem se waardige heer noem hulle hom, en hulle is vasbeslote om vandag hulle respek aan hom te bewys. Toe die winkel en die werkkamer oorlopens vol ruikers is, dra ek en Bessie van die blomme na die twee kamers bokant die winkel. Al is dit reeds twintig jaar ná haar dood, is hierdie kamers nog altyd vir ons tannie Jans se kamers. Tannie Jans was Mamma se oudste suster, en haar teenwoordigheid sluimer steeds in die donker, massiewe meubels wat sy agtergelaat het. Betsie sit ’n pot vol tulpe neer, staan effens weg en gee dan ’n vreugdevolle uitroep.

    Corrie, kyk net hoe helder dit die vertrek op!

    Arme Betsie. Die Beje is so dig omring deur ander huise dat die plante wat sy elke lente op die vensterbanke probeer kweek nooit ooit blom nie.

    Om kwart voor agt daag Hans, die leerling-horlosiemaker, op en om agtuur klop Toos, ons verkoopsdame-boekhoudster, aan die deur. Toos is ’n suurgesig, ’n onvergenoegde skepsel. Haar vlambare humeur het dit nog altyd vir haar onmoontlik gemaak om ’n werk te behou, totdat sy tien jaar gelede vir Pappa kom werk het. Sy minsaamheid en hoflikheid het haar ontwapen en sag gemaak. Al sou sy eerder dood neerval as om dit te erken, het sy hom net so innig lief as wat sy ’n hekel aan die res van die wêreld het.

    Ek en Betsie vra vir Hans en Toos om die deur oop te maak elke keer as die klokkie lui, en gaan dan boontoe om ontbyt te maak.

    Net drie plekke aan tafel, dink ek terwyl ek die borde neersit. Die eetkamer is in die agterste huis, vyf trappies hoër as die winkel, maar laer as tannie Jans se kamers. Vir my is hierdie vertrek met sy enkele venster wat op die stegie afkyk die hart van ons huis. Toe ek klein was en ’n kombers oor die tafel gegooi het, het dit my tent of ’n seerowergrot geword. As skoolkind het ek my huiswerk daar gedoen. In hierdie vertrek het Mamma op wintersaande Dickens hardop vir my voorgelees, terwyl die steenkool in die steenvuurherd sis en ’n rooi gloed gooi oor die teël wat verkondig: Jesus is Oorwinnaar.

    Ons gebruik nou net een hoek van die tafel, ek, Pappa en Betsie, maar vir my is die res van die gesin altyd daar by ons. Mamma se stoel staan nog daar, en die drie tannies se plekke oorkant hare. (Nie net tannie Jans s’n nie, maar ook Mamma se ander twee susters het by ons gebly.) Langs my sit my ander suster, Nollie, en Willem, die enigste seun in die gesin, langs Pappa.

    Nollie en Willem woon nou al jare lank in hulle eie huise en Mamma en die tannies is oorlede, maar ek sien hulle steeds daar aan tafel. Natuurlik het hulle stoele nie lank leeg gebly nie. Pappa kon nooit ’n huis sonder kinders verdra nie. Elke keer wanneer hy gehoor het van ’n behoeftige kind sonder ’n huis, het ’n nuwe gesig aan ons tafel verskyn. Op ’n manier het Pappa uit die opbrengs van sy horlosiewinkel, wat nooit baie geld gemaak het nie, vir nog elf kinders kos en klere gegee en hulle versorg nadat sy eie vier kinders groot was. Maar nou is daardie elf ook reeds volwassenes. Sommige het getrou of agter ’n werk aan getrek. Daarom dek ek net drie plekke.

    Betsie bring die koffie vanuit die kombuisie wat nouliks meer as ’n kas langs die eetkamer is. Dan gaan haal sy die brood uit die buffet se laai. Sy is nog besig om dit op die tafel uit te pak toe ons Pappa se voetstappe op die trap hoor. Hy loop nou al heelwat stadiger op die draaitrap, maar steeds is hy stiptelik, net soos een van sy horlosies. Om op die kop agtuur kom hy by die eetkamer in, soos elke oggend sover ek kan onthou.

    Pappa! roep ek en soen hom. Die geur van sigare wat altyd aan sy baard kleef, kielie in my neus. ’n Sonskyndag vir die partytjie!

    Pappa se baard en hare is nou al net so wit soos ons heel beste tafeldoek wat Betsie vir dié spesiale dag oor die tafel gegooi het. Sy blou oë agter die ronde bril met die dik glase is egter nog net so liefdevol en vrolik soos altyd. Vanoggend kyk hy na ons met suiwer tevredenheid.

    Corrie, my skat! My liefste Betsie! Hoe vrolik en pragtig lyk julle al twee vandag!

    Hy laat sak sy kop toe hy gaan sit en vra die seën oor die brood. Julle ma, gaan hy dan dadelik voort, sou tog so baie van al dié nuwe modes gehou het. Dit sou vir haar soveel vreugde gegee het om julle twee so pragtig aangetrek te sien.

    Ek en Betsie kyk stip af na ons koffie om nie te lag nie. Ons nuwe modes maak ons niggies radeloos. Hulle probeer ons altyd sover kry om helderder kleure, korter rompe en laer halslyne te dra. Hoe konserwatief ons ook al is, Mamma self het nooit iets so helder soos my maroen rok en Betsie se donkerblou rok besit nie. In haar tyd het getroude vroue – en ongetroude vroue van ’n sekere ouderdom – swart gedra, van die ken af tot op die grond. Ek het haar en haar susters nooit in enige ander kleur as swart gesien nie.

    Hoe baie sou Mamma tog nie van alles vandag gehou het nie! sê Betsie. Onthou julle hoe lief sy vir spesiale geleenthede was?

    Mamma kon koffie op die stoof en ’n koek in die oond hê vinniger as wat dit die meeste mense kos om Veels geluk te sê. Omdat sy byna almal in Haarlem geken het, veral die armes, die siekes en die verwaarloosdes, was daar byna nie een dag in die jaar wat nie vir iemand spesiaal bedoel was nie. Soos sy altyd met blink oë gesê het: Dis ’n baie spesiale geleentheid.

    Lank sit ons so met ons koffie en kyk terug op die verlede, soos ’n mens veronderstel is om op spesiale dae te doen. Ons kyk terug op die tyd toe Mamma nog geleef het, en dan nog verder terug. Na die tyd toe Pappa ’n knapie was wat in dieselfde huis grootgeword het. Ek is in hierdie einste kamer gebore, sê hy asof hy dit nie al honderd keer vir ons vertel het nie. Natuurlik was dit nie tóé die eetkamer nie, maar ’n slaapkamer. Die bed was in ’n kas in die muur ingebou, en daar was geen vensters en ligte of lug in die kamer nie. Ek was die eerste baba wat bly leef het. Ek weet nie hoeveel babas voor my hier gebore is nie, maar hulle almal het gesterf. Julle sien, my ma het tering gehad, en die mense het destyds nog nie geweet van besmette lug of dat babas van siek mense weggehou moet word nie.

    Vandag is ’n dag vir herinnerings. ’n Dag om die verlede op te roep. Hoe sou ons ooit kon raai terwyl ons so bymekaar sit – twee ongetroude, middeljarige vroue en ’n bejaarde man – dat ons in die plek van hierdie herinnerings nuwe avonture sou beleef waarvan ons nooit eens sou kon droom nie? Avontuur en smart, hemel en hel, het net om die hoek op ons gewag. En ons het dit nie geweet nie.

    O Pappa! Betsie! As ek maar geweet het, sou ek voortgegaan het? Sou ek die dinge gedoen het wat ek gedoen het?

    Maar hoe kon ek weet? Hoe kon ek weet, hoe kon ek my voorstel, dat dié man met sy gryskop vir wie al die kinders in Haarlem Oupa sê deur vreemdelinge in ’n naamlose graf gesmyt sou word?

    En Betsie met haar hoë kantkragie en haar gawe om skoonheid rondom haar te skep… Hoe kon ek my voorstel dat sy, vir my die dierbaarste mens op aarde, kaal voor ’n kamer vol mans sou moes staan? Op hierdie dag in ons eetkamer is sulke gedagtes nie eens in die minste denkbaar nie.

    Pappa staan op en gaan haal die Bybel met sy koperskarniertjies van die rak af. Net toe klop Toos en Hans aan die deur en stap in. Huisgodsdiens elke oggend om halfnege vir almal in die huis is nog ’n spil waarom die lewe in die Beje draai. Pappa maak die groot Boek oop, en ek en Betsie hou asem op. Vandag van alle dae, wanneer daar so baie is om te doen, sal hy tog sekerlik nie ’n hele hoofstuk lees nie, of hoe? Maar Pappa blaai na die Evangelie van Lukas, na die presiese plek waar ons gister opgehou lees het. Ai, en Lukas hét sulke lang hoofstukke. Met sy vinger op die plek kyk Pappa op.

    Waar is Christoffels? vra hy.

    Christoffels is die derde en enigste ander werker in die winkel, ’n krom, verskrompelde mannetjie wat ouer as Pappa lyk al is hy eintlik tien jaar jonger. Ek onthou die dag ongeveer ses of sewe jaar gelede toe hy die eerste keer by die winkel ingeloop het. Hy was so verflenter en het so armsalig gelyk dat ek gedink het hy is een van die bedelaars wat vir hom ’n bord kos by die Beje wou kom haal. Ek was op die punt om hom kombuis toe te stuur waar Betsie ’n pot sop op die stoof aan die gang gehad het, toe hy met groot waardigheid aankondig dat hy ’n vaste werk oorweeg en sy dienste vir ons kom aanbied.

    Ons ontdek toe dat Christoffels ’n byna uitgestorwe beroep beoefen. Hy is ’n rondreisende horlosiekenner wat die land te voet deurkruis en die hoë slingerhorlosies – die trots van elke Hollandse plaashuis – herstel en reg instel. As ek verstom was oor die vername houding van dié toiingrige mannetjie, was ek nog meer verbaas toe Pappa hom dadelik aanstel.

    Hulle is die beste horlosiemanne wat ’n mens kry, het hy later vir my gesê. Daar is nie ’n enkele soort herstelwerk wat nie deur dié swerwende regmakers se hande gaan nie, en dit boonop met die paar stukkies gereedskap wat hulle saam met hulle dra.

    Die waarheid hiervan is dan ook deur die jare heen bevestig. Mense van oral in Haarlem het hulle horlosies na Christoffels toe gebring. Wat hy met sy salaris gedoen het, kon ons nog nooit vasstel nie, want hy lyk nog altyd net so verslete. Pappa het aanvanklik kort-kort geskimp dat hy netjieser sal aantrek, altans, in soverre hy dit kon waag, want naas Christoffels se toiingrigheid was sy ander uitstaande eienskap sy trots. Later het Pappa maar sy pogings laat vaar.

    Nou, vir die heel eerste keer, is Christoffels laat.

    Pappa vryf sy brilglase met sy servet skoon en begin lees. Dit voel of sy diep stem vol liefde oor die woorde bly hang. Hy is reeds onderaan die bladsy toe ons Christoffels se skuifeltreë op die trap hoor. Die deur gaan oop… en ons almal snak na asem. Daar staan Christoffels, netjies uitgevat in ’n splinternuwe swart pak, ’n nuwe geruite onderbaadjie, ’n sneeuwit hemp, ’n geblomde das en ’n gestyselde boordjie. Ek skeur my oë so gou moontlik van dié gesig weg, want die uitdrukking op Christoffels se gesig verbied ons om enigiets ongewoon raak te sien óf enigiets kwyt te raak.

    Christoffels, my dierbare kollega, sê Pappa op sy formele en outydse manier, wat ’n vreugde om jou op hierdie – h’m – heuglike dag te sien.

    Toe lees hy haastig verder uit die Bybel.

    Voordat hy die einde van die hoofstuk kan bereik, lui al twee die deurklokkies gelyk, die winkelklokkie aan die straatkant én die gesinsklokkie in die stegie. Betsie draf weg om nog koffie te gaan maak en tertjies in die oond te sit, terwyl ek en Toos vinnig na die onderskeie deure toe stap. Dit lyk asof elkeen in Haarlem die eerste een wil wees wat Pappa se hand skud. Sommer gou is daar ’n onafgebroke stroom gaste wat met die nou trap op na tannie Jans se kamers drentel, waar Pappa feitlik deur al die blomme verdwerg word. Ek is besig om ’n bejaarde gas met die steil trap op te help toe Betsie my aan die arm gryp.

    Corrie! Ons gaan Nollie se koppies nodig hê, sommer nou dadelik! Hoe kan ons…?

    Ek sal dit gou gaan haal, bied ek aan.

    Ons suster, Nollie, en haar man sal vanmiddag kom, sodra hulle ses kinders uit die skool kom. Ek vlieg met die trap af, gryp my jas en drafstap na my fiets wat agter die deur staan. Net toe ek die fiets oor die drumpel stoot, hoor ek Betsie sag maar ferm sê: Corrie, jou nuwe rok!

    Ek swaai om en vlieg met die trap op na my kamer toe, trek my oudste romp aan en val dan in die pad oor die stamperige klipstrate heen. Ek hou daarvan om met my fiets na Nollie se huis toe te ry. Sy en haar man bly ongeveer twee kilometer van die Beje af, buite die saamgedrukte ou middelste deel van die stad. By hulle is die strate wyer en meer reguit; selfs die lug lyk groter. Ek trap my fiets oor die dorpsplein, oor die Grote Houtbrug oor die kanaal en al met die Wagenweg langs. Die hele tyd verlustig ek my in die flouerige wintersonnetjie.

    Nollie bly by Bos- en Hovenstraat, ’n blok identiese skakelhuise met wit gordyne en potplante in die vensters. Hoe kon ek weet, terwyl ek om die hoek swenk, dat ek op ’n somersdag terwyl die hiasinte in die beddings daar naby ryp en bruin is, hier met my fiets sou rem, dat my hart wild in my keel sou klop, dat ek dit nie durf waag het om nader aan die huis te gaan nie, omdat ek te bang sou wees vir wat agter Nollie se gestyfde gordyne gebeur?

    Ek woerts tot op die sypaadjie en storm by die deur in sonder om te klop. Nollie, die Beje is al propvol mense! Jy moet dit sien! Ons het jou koppies nóú nodig!

    Nollie kom uit die kombuis, haar mooi, ronde gesig rooi van die koekbakkery. Hulle staan al klaar daar by die deur. O, ek wens ek kon nou al saam met jou teruggaan, maar ek het nog ’n hele klomp koekies om te bak. En ek het vir Flip en die kinders belowe om vir hulle te wag.

    Julle almal kom, nè?

    Ja, Corrie, Peter sal daar wees, sê Nollie terwyl sy die koppies in die fietssakke pak. Soos ’n pligsgetroue tannie probeer ek altyd ewe lief wees vir al my broers- en susterskinders. Maar Peter… wel, Peter is Peter. Op dertien is hy ’n musikale wonder, ’n karnallie en die trots in my lewe.

    Hy’t selfs ’n spesiale liedjie geskryf om hierdie dag te gedenk,

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1