Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die Boekwinkel Tussen die Wolke
Die Boekwinkel Tussen die Wolke
Die Boekwinkel Tussen die Wolke
Ebook204 pages1 hour

Die Boekwinkel Tussen die Wolke

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Welkom by Kop In Die Wolke – Ella se gunstelingwinkel op aarde. ’n Plek vol towerkrag, waar wonderlike dinge met jou kan gebeur. Hier kan jy tweedehandse boeke koop wat ruik na raaisels en avonture en dagdrome (en ’n klein bietjie na sweterige sokkies, as ons nou doodeerlik moet wees). En tussen die rakke wag ’n avontuur wat Ella se hele lewe gaan verander … as sy dapper genoeg is.

Iemand probeer seker maak dat die boekwinkel finaal sy deure sluit, maar Ella en haar vriende gaan dit nie toelaat nie, nie eens as dit lewensgevaarlik raak nie. En wie weet, dalk kry hulle hulp uit ’n onverwagse oord – alle boekwinkels huisves mos ’n tikkie towerkrag …

LanguageAfrikaans
Release dateOct 1, 2021
ISBN9781776250790
Die Boekwinkel Tussen die Wolke
Author

Jaco Jacobs

Jaco Jacobs is the author of more than 260 books and more than a million copies of his books have been sold. His work has been awarded 46 times. His books have been translated into English, Dutch, Italian and Portuguese. He has been nominated for the Carnegie Medal twice and two of his books have been adapted to film. Jaco lives in Bloemfontein with his wife, Elize, their daughters, Mia and Emma, three dogs, a cat and a pet python.

Read more from Jaco Jacobs

Related to Die Boekwinkel Tussen die Wolke

Related ebooks

Related articles

Reviews for Die Boekwinkel Tussen die Wolke

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die Boekwinkel Tussen die Wolke - Jaco Jacobs

    Pan Macmillan Kinderboeke

    www.panmacmillan.co.za

    Hoofstuk 1

    Die reuk van ou boeke

    Het jy al ooit iets gesteel?

    Nee, komaan, jy probeer verniet so onskuldig lyk. Wees nou doodeerlik.

    ’n Koekie?

    ’n Pen?

    ’n Uitveër?

    ’n Stel opwentande?

    ’n Passasiersvliegtuig?*

    * ’n Koekie, ’n pen, ’n uitveër of ’n stel opwentande is natuurlik veel makliker om te steel as ’n passasiersvliegtuig. Maar nie naastenby soveel pret nie. Die steel van passasiersvliegtuie word egter nie vir beginners aanbeveel nie.

    Ella Kriek het nog nooit enige iets gesteel nie.

    Nee, nie eens ’n koekie nie.

    Daarom is dit nogal vreemd dat sy so ’n tinteling in haar vingers kry, hier waar sy vanmiddag in die boekwinkel staan met ’n boek in haar hand. Dit voel asof daar sulke gevaarlike klein vonkies deur haar vingerpunte skiet.

    Die boekwinkel se naam is Kop in die Wolke. Dis nogal ’n vreemde naam vir ’n boekwinkel, maar Ella hou daarvan. Die mure is ligblou, met wit wolke daarop geverf. ’n Mens kan sien dit is al jare terug gedoen, want plek-plek skilfer die verf ’n bietjie af, en die wolke is nie meer heeltemal so spierwit soos hulle seker veronderstel was om te wees nie.

    Maar dit pla Ella nie. Sy is mal oor die reuk van die winkel. Niks anders op aarde ruik só nie – die stowwerige, geheimsinnige reuk van rakke en rakke vol ou boeke.

    Dis reg, Kop in die Wolke verkoop tweedehandse boeke. Daar is net een ding wat vir Ella lekkerder ruik as ’n splinternuwe boek, en dit is ’n tweedehandse boek wat al ’n paar keer gelees is. Ou boeke ruik na raaisels en avonture en dagdrome (en, om nou doodeerlik te wees, ’n klein bietjie na swe­te­rige sokkies). Wie weet waarheen die boeke in die winkel al oral gereis het voordat hulle hier op die rakke beland het?

    Dis waarom Ella baie middae ná skool hier in die boekwinkel rondhang. Dis naby die koffiewinkel waar haar ma werk, en dis ook net ’n klein entjie van hulle woonstel af. Buitendien, dit is baie lekkerder om in die boekwinkel rond te drentel as om rond te sit in ’n woonstel wat skaars groter as ’n besemkas is.

    Ella kyk af na die boek in haar hand.

    Die wonderwêreld van uile.

    Jip, ’n boek oor uile.

    Hoekom uile?

    Ella het geen idee nie. Sy het niks teen uile nie, maar sy het ook nog nooit vreeslik baie in hulle belang gestel nie. Om die waarheid te sê, sy snuffel gewoonlikƒ nie eens deur die rakke met die diereboeke nie. Maar dié boek het vanmiddag haar oog gevang. Dit is net so ongelooflik mooi dat sy dit nie kan toemaak nie. Die boek is swaar, in hardeband gebind, met dik glansblaaie wat ’n fluistergeluid maak as jy dit omblaai. Die bladsye is vol olieverfskilderye van uile, die detail van elkeen so perfek dat dit lyk of jy jou vingers tussen die fyn, warm donsveertjies kan insteek. Die uile se gloeiende geel oë lyk so op en wakker dat Ella amper seker is hulle kan enige oomblik knip.

    Ella se oë gly oor die name terwyl sy versigtig deur die boek blaai: nonnetjiesuil, ooruil, skopsuil, visuil, sneeu-uil. Die name klink soos iets wat in ’n rympie hoort.

    Daar is dit weer ... daardie tinteling in Ella se vingerpunte. O, om darem so ’n boek te , sodat jy elke aand voor slaaptyd daardeur kan blaai totdat jy voel hoe jou ooglede swaar word ...

    Skielik kraak ’n harde stem deur die winkel.

    Ons sluit oor vyf minute!

    Ella wip soos sy skrik.

    Dis mevrou Griessel, die eienaar van die boekwinkel. Mevrou Griessel is ’n kort, ronde vroutjie met ’n bril wat haar nogal ’n bietjie soos een van die uile in die boek laat lyk. Haar haarstyl pas perfek by die naam van die winkel – dit staan soos ’n pers-en-grys donderwolk om haar kop. Sy was nog altyd heel gaaf met Ella. Maar sy is soos ’n groot hond wat op die oog af vriendelik lyk, maar waarvoor jy tog so ’n klein bietjie bang is.

    Ella besef twee dinge gelyk.

    1.As die winkel oor vyf minute sluit, beteken dit sy gaan laat wees om haar boetie by tannie Mona te gaan haal.

    2.Daar is geen kans dat sy die uilboek op die rak gaan terugsit nie. Dit is eenvoudig so mooi dat dit haar asem wegslaan. Maar sy het nie geld om daarvoor te betaal nie. Selfs al vat sy ’n hele jaar lank al die muntstukke uit die wensfontein op die plein, sal sy nie genoeg geld hê om daarvoor te betaal nie.

    Ella byt op haar onderlip. Sy laat haar rugsak stadig oor haar een skouer afgly. Met hande wat bewe, maak sy die gespe oop.

    Klik.

    Die geluid klink vir Ella harder as ’n geweerskoot wat deur die winkel knal. Haar oë flits in die rigting van die toonbank. Mevrou Griessel staar met ’n frons na die inhoud van die kasregister, asof sy seker is daar behoort meer geld in die geldlaai te wees.

    Soos blits prop Ella die boek in haar rugsak, tussen haar skoolboeke in.

    Klik.

    Weer hou sy asem op. Maar mevrou Griessel is steeds met die kasregister doenig.

    Ella lig die rugsak terug op haar skouer. Met wange wat liggies gloei, begin sy uitstap. Sy is byna doodseker daar gaan enige oomblik ’n alarm oorverdowend begin loei: Dieeef-dieeef-dieeef-dieeef!

    Maar mevrou Griessel kyk nie eens op van die toonbank nie.

    Ella kan nie glo dit is só maklik om ’n boek te steel nie. Sy maak die winkel se deur oop en ...

    Wag ’n bietjie!

    Ella vries. Dit voel of haar asem in gouestroop verander.*

    * Iets wat glad nie so lekker is as wat dit klink nie. Vra enige mier wat al ooit in ’n blik gouestroop geval het.

    E ... ja? piep Ella soos ’n verskrikte muis.

    Mevrou Griessel se groot uiloë loer bo die kasregister uit.

    Wat het jy daar in jou rugsak?

    Dit is wat Ella verwag mevrou Griessel gaan vra. Maar dit is nie wat sy vra nie. Wat sy vra, is: Sal jy seblief vir jou ma sê ek wil môre tuna-en-mayo hê?

    Ella se hart – wat ten minste tien slae gemis het – begin weer klop.

    Mevrou Griessel bestel elke dag ’n teetydbroodjie by die koffiewinkel.

    E ... reg so, mevrou Griessel, stotter sy. L-lekker aand!

    Soos blits glip Ella by die boekwinkel uit.

    klingel die klokkie bo die deur.

    Toe sy buite kom, begin sy dadelik hardloop. Nie net omdat sy bang is mevrou Griessel gaan haar tóg terugroep om te vra wat in haar rugsak is nie, maar ook omdat sy laat is om vir Robbie by tannie Mona te gaan haal. Haar lang donker vlegsel kap-kap-kap teen haar rug terwyl sy hardloop.

    Soos ’n warrelwind storm sy verby die vuilerige wensfontein op die plein.

    Verby oom Julius die karwag wat soos altyd vriendelik waai. (Ella, raai ’n bietjie wat is bruin en harig en dra ’n sonbril, roep hy, maar Ella is vanmiddag te haastig vir grappies.)

    Verby Koffieboon waar haar ma in haar kelnerin-uniform met ’n skinkbord vol vuil bekers en borde tussen die tafels deurvleg.

    Oor die besige straat met sy toetende, brullende, bulderende middagverkeer, tot by Paradyshof.

    Die vervalle ou woonstelblok staan skamerig ingedruk tussen ’n nagklub en ’n bakkery, soos ’n kind wat met ’n gat in sy trui en die verkeerde kleur skoene by die skool opgedaag het.

    Ella grawe sommerso in die hardloop haar sleutel uit haar rugsak en bars by die voordeur in. Die skemer voorportaal ruik na ou slaptjips en nat sigaretstompies. Sy hardloop die trappe drie-drie uit.

    Ek is hier! roep sy. Ek is hier!

    Tannie Mona wag reeds by haar woonstel se deur, met Robbie op haar heup. Haar voet tik-tik-tik ongeduldig op die vloer.

    Ellie! roep Robbie toe hy haar sien en steek sy hande na sy ousus toe uit.

    Tannie Mona kyk verwytend op haar horlosie, wat lyk of dit haar aspersiewit arm probeer verwurg.

    Drie minute laat! grom sy. Weet jy wat ek als in drie minute kan doen?* Jy besef natuurlik wat dit beteken, nè?

    * Dinge wat ’n mens in drie minute kan doen:

    -  ’n Pakkie kitsnoedels in die mikrogolf gaarmaak.

    -  Na die popsangeres Dezi Bell se gewilde liedjie Springmielies in my hart luister.

    -  Water kook vir ’n koppie tee.

    -  ’n Papiervliegtuig vou.

    -  Dié hele voetnoot in Grieks vertaal. Maar natuurlik net as jy Grieks verstaan – anders gaan dit jou heelwat langer vat.

    Asseblief, tannie Mona! smeek Ella terwyl sy vir Robbie by die tannie vat. Dis net drie minute. Ek het so vinnig gehardloop as wat ek ...

    Reëls is reëls, sê die tannie. As ’n kind nie betyds gehaal word nie, betaal die ouers ’n boete!

    Die reuk van papgekookte kool kom by die woonsteldeur uitgesweef.

    Alles aan tannie Mona laat Ella aan groente dink. Haar geelbruin tande lyk soos mieliepitte wat vrot geword het aan die stronk. Tussen haar twee rooipers raapwange sit haar neus styf ingedruk, soos ’n potjiekos-aartappeltjie. Die paar dun haartjies wat rond en bont op haar kop staan, lyk soos die fyn wortels onderaan ’n ui.

    Ella kreun. Haar ma gaan haar afslag as sy weer dié week ’n boete moet betaal.

    "En sê vir jou ma sy sal ’n plan

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1