Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Oupa Zombie
Oupa Zombie
Oupa Zombie
Ebook156 pages1 hour

Oupa Zombie

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Alex se oupa het grys hare, dra valstande en kyk graag na reis-programme op TV. Maar op ’n dag raak hy skielik mal oor … BREIIINNNSSS! Dit is duidelik dat Oupa besig is om in ’n zombie te verander. As Alex hom van dr. Zuurman en die zombiepolisie wil red, gaan hy ’n paar briljante planne, goeie vriende en hope broccoli nodig hê. En miskien kan hulle op die koop toe ook hulle droom bewaarheid om die Zambia en Egipte te siene kry!

Met Jacobs se sonderlinge kombinasie van humor en die deernisvolle uitbeelding van gesins- en ander verhoudinge, is dit nie moeilik om te verstaan waarom hy die topverkoper-kinderboekskrywer in Suid-Afrika is nie.

LanguageAfrikaans
Release dateMar 16, 2020
ISBN9781776250059
Author

Jaco Jacobs

Jaco Jacobs is the author of more than 260 books and more than a million copies of his books have been sold. His work has been awarded 46 times. His books have been translated into English, Dutch, Italian and Portuguese. He has been nominated for the Carnegie Medal twice and two of his books have been adapted to film. Jaco lives in Bloemfontein with his wife, Elize, their daughters, Mia and Emma, three dogs, a cat and a pet python.

Read more from Jaco Jacobs

Related to Oupa Zombie

Related ebooks

Related articles

Reviews for Oupa Zombie

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Oupa Zombie - Jaco Jacobs

    cover.jpgzombie_title.jpg

    Pan Macmillan Kinderboeke

    www.panmacmillan.co.za

    zombie_p7.jpg

    Hoofstuk 1

    Drie asemrowende groot leuens

    Hierdie storie begin met ’n klein outjie en drie asemrowende groot leuens.

    Alexander Frederikus Kritzinger het ’n baie lang naam, maar hy is die kortste seun in sy klas. Gelukkig noem almal hom Alex, want as mense hom Alexander Frederikus Kritzinger* genoem het, sou hierdie storie baie lank geneem het om te vertel.

    Alex het muisvaal hare wat soggens weier om plat te lê. Hy het groen oë en hy dra ’n bril. As jy in ’n winkelsentrum by hom verbystap, sal jy dalk nie eens twee keer na hom kyk nie.

    ch01_01.jpg

    Om die waarheid te sê, die meeste kinders in sy klas kyk ook nie juis twee keer na hom nie.

    Alex is al amper ’n jaar lank in sy nuwe skool, maar hy het nog net twee maats gemaak – ’n tweeling genaamd Jamie en Amy. Wel, om eerlik te wees, Alex is ook nie regtig beste, BESTE vriende met Jamie en Amy nie. Hulle het byvoorbeeld nog nooit by hom kom kuier of hom genooi om by hulle te gaan kuier nie.

    Maar ...

    •  Hulle eet darem party pouses saam.

    •  Hulle hou daarvan as Alex vir hulle interessante feite vertel – iets waarmee hy nogal goed is, danksy al die reisprogramme wat hy en Oupa saam op TV kyk*.

    •  En as hulle spanne moet kies in die sportperiode, kies Jamie en Amy partykeer vir Alex, al is hy nie juis goed met sokker of krieket of raakrugby nie.

    Jamie en Amy, het julle nou genoeg gesels? Kan ons asseblief met die les begin? vra juffrou Williams.

    Juffrou Williams hou baie daarvan om sulke vrae te vra. Die soort vrae waarop jy nie regtig veronderstel is om enige iets te antwoord nie. En wanneer sy sulke vrae vra, loer sy kwaai bo-oor haar haakneus vir jou, asof sy wil kyk of jy dit gaan wáág om te probeer antwoord.

    Reg, ek is seker julle kan nie wag om met julle mondeling te begin nie, of hoe?

    ’n Paar kinders kreun gedemp.

    Juffrou Williams se oë blits dreigend.

    Alex is nie een van die kinders wat kreun nie. Hy is te bang vir juffrou Williams se kwaai, krysende stem. Daarom hou hy sy kreun binne. Die kreun gaan kruip op die krop van sy maag weg en begin benoud fluister: Asseblief, moenie dat sy my vra om eerste te praat nie!

    Alex hou nie van mondeling nie. As hy voor die hele klas moet praat, begin sy hande bewe, sy keel trek toe en sy stem klink pieperig en hees.

    Maar hy sien VERAL nie uit na vandag se mondeling nie ...

    Tracey, jy sal seker nie omgee om eerste te praat nie? vra juffrou Williams.

    Dankie tog!

    Alex blaas sy asem verlig uit.

    Tracey staan op en stap met ’n breë glimlag vorentoe. Sy is glad nie skaam nie. Sy gooi haar lang hare oor haar skouer en begin praat.

    My fantastiese vakansie, begin sy met die onderwerp van vandag se mondeling. Dié vakansie was ons gesin Kaap toe. Ons het met die kabelkarretjie tot op Tafelberg gery, ons het met ’n boot Robbeneiland toe gevaar, en ons het ’n konsert van Dezi Bell gaan kyk. Sy was ON.GE.LOOF.LIK! En raai wat – sy het haar handtekening vir my gegee!

    ch01_02.jpg

    Tracey wys vir haar klasmaats ’n foto waar sy saam met die beroemde popsangeres staan.

    Die hele klas oeee en aaa.

    Toe Tracey klaar is met haar mondeling, klap almal hande.

    Daarna is dit Daniel se beurt. Hy was saam met sy ouma en oupa in Frankryk.

    Hulle het lang Franse brode geëet, kastele en kunsmuseums gesien, en hulle was tot heel bo in die Eiffeltoring.

    Lesedi het saam met haar gesin in die Krugerwildtuin gaan kampeer. Sy het die Groot Vyf in lewende lywe gesien, en haar kleinboetie is amper deur ’n krokodil opgevreet. Dit klink nogal vir Alex of Lesedi effens spyt is dat die krokodil met ’n leë maag moes gaan slaap.

    ch01_04.jpg

    Mandla het by sy pa in Durban gaan kuier. Hulle het saam krieket gaan kyk en hulle was by die akwarium, waar hulle gesien het hoe die haaie gevoer word.

    Emma het op haar tannie se llama-plaas gaan kuier en ’n llama gemelk. Sy gebruik ’n emmer en ’n ballon om vir die klas te demonstreer hoe dit gedoen word. Sy wys ook vir die klas die bloukol op haar arm waar die llama haar gebyt het. Alex kan nie help om te dink dit was haar verdiende loon nie.

    Amy is volgende aan die beurt.

    Ek en Jamie doen sommer saam mondeling, Juffrou, sê sy. Ons het tog presies dieselfde dinge die vakansie gedoen.

    Voor juffrou Williams iets kan sê, begin hulle praat.

    Ons het die vakansie die hele land platgery, sê Amy.

    Op motorfietse, voeg Jamie by. Hy hou ’n motorfietshelm trots in die lug. Ons ma en pa het elkeen ’n motorfiets gekoop, en ons het heelpad agterop gery. Ek en Amy het elkeen ons eie valhelm gekry.

    Coooool! sug die ander kinders.

    Ons het vyf provinsies gesien, vertel Amy.

    En deur drie-en-dertig dorpe gery, spog Jamie.

    Waar hy heel agter in die klas sit, kners Alex op sy tande. Dit voel of iets in sy bors gloei ... Hy probeer daarteen stry ... Hy probeer regtig kliphard daarteen baklei ... Maar dit voel asof groen vlamme diep agter in sy keel skroei, en dreig om sy asem weg te slaan ...

    Alex dink aan sý vakansie.

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1