Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die Jongste Meisie in Maasdorpskool
Die Jongste Meisie in Maasdorpskool
Die Jongste Meisie in Maasdorpskool
Ebook215 pages3 hours

Die Jongste Meisie in Maasdorpskool

Rating: 4 out of 5 stars

4/5

()

Read preview

About this ebook

In 1932 publiseer ’n onbekende skryfster, Stella Blakemore, Die meisies van Maasdorp. Min het sy geweet dat dit die begin sou word van ’n reeks – een van die bekendste, geliefste en suksesvolle jeugreekse in Afrikaans. Heruitgawes het in 1970 en 1995 verskyn en nou keer Kobie, Elsabe, Breggie, Heloise en al die meisies van Maasdorp weer terug – 72 jaar na die eerste verskyning! Die jongste meisie in Maasdorpskool is die tweede titel in die gewilde Maasdorpreeks. Ná ’n opwindende kwartaal van kattekwaad, middernagfeeste, Elsabe se ongelooflike transformasie, sportwedstryde en Kobie se debuut as konserpianiste, keer die meisies van Maasdorp terug na die bekende kosskool. Maasdorp maak ook kennis met Breggie Landsberg – op negejaar die skool se jongste leerder. Gou wys Breggie dat sy nie net die skool se jongste leerder is nie, maar ook die stoutste en selfs Kobie wonder of die skool gaan bly staan!
LanguageAfrikaans
Release dateApr 8, 2004
ISBN9780798159203
Die Jongste Meisie in Maasdorpskool

Read more from Stella Blakemore

Related to Die Jongste Meisie in Maasdorpskool

Related ebooks

Related articles

Reviews for Die Jongste Meisie in Maasdorpskool

Rating: 4 out of 5 stars
4/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die Jongste Meisie in Maasdorpskool - Stella Blakemore

    title.jpg

    Die jongste meisie in Maasdorpskool

    Kan ons ’n petisie opstel om die boeke weer in druk te kry? Só laat weet ’n boekwinkelbestuurder in ’n dringende e-pos. Dis Meimaand 2001, en ek, my joernalis-sus Hannelie en Jomarié Dick werk saam aan ’n storie wat ons na aan die hart lê: ’n artikel vir die tydskrif Insig se Julie-uitgawe oor die jeugboekskrywer Stella Blakemore en haar immergewilde kosskoolreekse Maasdorp en Keurboslaan (onder die skuilnaam Theunis Krogh).

    In ’n kort advertensie op die webtuiste LitNet nooi ons lesers om hulle herinneringe aan onder andere die Kobieboeke per e-pos aan te stuur. En die reaksie is verstommend. In brief ná brief kom die belydenisse: Ek het die Maasdorpboeke verslind!. "Dit het my so lief gemaak vir lees dat dit deesdae my ultimate drug is. Talle is nie skaam om te erken dat die boeke verslawend was nie. Sommige erken selfs dat hulle vandag nog skelm ‘terugsluip’ na die Maasdorpwêreld. Ek wou ook soos hulle presteer, iets bereik – van geweet wees. Maasdorp het gehelp om ’n paar geslagte Afrikaanse lesers lief te maak vir lees. Ons is ’n groep vriendinne wat beplan om al die Maasdorp en Keurboslaan boeke saam te neem ouetehuis toe!"

    Ek dink dat die balans tussen enersyds avontuurlike kattekwaad en andersyds pligsbesef, dissipline en hoë standaarde hetsy in spel of akademie of musiek, wat tog in die reekse uitgebeeld word, op my ’n onuitwisbare indruk gelaat het. Vandag weet ek dat daar lank nie meer sulke mense bestaan nie – maar ’n mens kan seker maar bly hoop. Ek sal my oogtande gee om die hele reeks iewers te kry en dit eendag vir my kleindogter te kan gee.

    Uit die navorsing vir die artikel blyk dit duidelik dat die blywende waarde van Blakemore se werk dikwels oorskadu word deur die nostalgie waarmee dit omsluier is, maar dat dit ’n reuse-impak gemaak het, is onbetwisbaar. Ondanks kritiek staan Stella Blakemore steeds bekend as een van dié jeugboekskrywers wat Afrikaanse kinders laat lees het met ontvlugtingsleesstof van die hoogste gehalte. Die verskyning van die Insig-artikel, wat die drie van ons aangepak het as ’n huldeblyk aan die grootliks onbekende vrou agter ons gunsteling jeugtydstories, het bygedra om die vlam van belangstelling in Stella se werk weer aan te blaas. Maar die boeke is haas onbekombaar en is besig om versamelaarsitems te word. Uit alle oorde kom die versugting: is daar nie dalk die moontlikheid dat die Maasdorp-reeks heruitgegee kan word nie?

    Einde 2003 kom die goeie nuus: Human & Rousseau beplan om ’n Afrikaanse Retro Reeks uit te gee ná baie jare se talle versoeke. En dit bring ons dus weer by die vraag: wie WAS die enigmatiese vrou agter die Maasdorp-reeks wat vandag nog soveel emosie ontlok?

    Stella Blakemore kan beskryf word as ’n wêreldburger by uitstek en haar lewe was interessant genoeg om self ’n boek of twee vol te maak. Blakemore is op 13 April 1906 in ’n hensopper-tentjie naby Koppies in die Vrystaat gebore. Haar ma was ’n musiekonderwyseres en Boeremeisie, haar pa, kaptein Percy Blakemore, ’n offisier in die Britse leër. Hy verlaat sy vrou en kind vroeg (Stella was slegs vier jaar oud) om ’n beroepskaartspeler in Engeland te word.

    Stella was van jongs af op kosskool, maar tog het sy nie positiewe herinnerings daaraan nie, al laat sy die kosskoollewe in haar boeke idillies klink. In ’n brief aan haar uitgewer van later jare, Jan van Schaik, sê sy dat haar kinderjare dreary was: Ek hou altyd daarvan om oor lekker kinderjare te skryf, waarskynlik omdat my eie so mistroostig was. My ma het alles op aarde vir my gedoen, behalwe om ’n tuiste vir my te gee. Sy het ’n ding gehad oor kosskole en ’n meer skrikwekkende bestaan vir ’n kind is daar nie.

    Ná haar skoolopleiding verwerf sy ’n klavier- en sanglisensiaat aan die London Royal Academy of Music, sy studeer opera in Italië en Duitsland, en bedryf in die jare rondom die Tweede Wêreldoorlog haar eie suksesvolle musiekskool, die Blakemore Studios, in Pretoria. Sy is reeds in 1933 in Londen getroud met die Wallieser David Owen, ’n siviele ingenieur, en saam reis hulle later die wêreld deur en trek agter sy werksprojekte aan. Hulle woon onder meer in Ghana, Ivoorkus, Italië, Engeland, Swaziland, Nigerië, Duitsland en Ierland.

    Stella het in die jare twintig in Duitsland begin skryf en haar eerste werk was ’n toneelstukkie, Die Goue Sleutel. Die meisies van Maasdorp het in 1932 die eerste keer verskyn toe Blakemore 26 was. Nog 15 boeke in die Maasdorp-reeks het gevolg, wat in ’n latere uitgawe in 12 boeke vervat is. In 1940 het die eerste van twintig boeke in die Keurboslaan-reeks verskyn. Sy het haar oupa, Theunis Krogh, se naam as skuilnaam gebruik. In totaal het sy sowat vyftig jeugverhale geskryf. Sy het al haar boeke met drie vingers op haar ou Remington tikmasjien getik.

    Alhoewel sy die grootste deel van haar lewe buite Suid-Afrika gewoon het, het sy in Afrikaans aanhou skryf en was sy tot met haar dood baie verknog aan haar Afrikaanse wortels. Baie van haar briewe sluit sy af met ’n belydenis dat sy homesick beyond words is. Stella Blakemore is in 1991 op 85 in Noord-Ierland oorlede. Sy het twee aangenome kinders gehad, Seline en Peter, en ses kleinkinders.

    Susan Booyens

    Februarie 2004

    1

    _____________

    In die knyp

    Kobie gooi die komberse af, steek haar vingers deur haar goue krulle en gaap. Al is dit nege-uur in die môre is die gordyne nog toegetrek, en in die bed oorkant hare is niks van die slaper te sien nie, behalwe ’n klein bondeltjie. Maar Kobie is wakker, en sy kan nie insien hoekom ander mense nog wil slaap nie.

    Haai! roep sy.

    Die bondel in die ander bed kreun effens en rol om.

    Haai is in die see! sê Elsabe ontevrede. Is dit dan al dag?

    Natuurlik! Jy dink seker ek het jou die laaste paar dae van die vakansie huis toe gebring sodat jy kan lê en slaap. Haikona, ek soek geselskap!

    Elsabe gaap.

    Dit lyk vir my julle mense slaap nooit nie. Ons het gisteraand twaalfuur eers kom slaap en my oë voel behoorlik asof hulle vol sand is. Maar die opvoering was darem pragtig. Ek het so iets nog nooit gesien nie.

    Dis lekker om soos jy te wees, sê Kobie. "Jy is ’n hele veertien jaar oud en tog is daar so baie dinge wat jy nog nooit gesien het nie. Ek wens ek het my lewe op ’n eensame plaas deurgebring."

    Dit dink jy maar! sê Elsabe. Kyk hoe swaar het ek verlede kwartaal gekry toe ek skool toe gekom het. Maar dis iets van die verlede. Nou dink ek Maasdorp is die wonderlikste skool op die aarde. O, goeiemôre, mevrou Malan.

    Mevrou Malan kom die kamer binne en trek die gordyne weg sodat die son kan inskyn. Sy kyk ontevrede na Kobie terwyl sy Elsabe sonder ’n glimlag antwoord.

    Goeiemôre! Gaan julle meisies nie vanoggend opstaan nie, Jacoba?

    Ja, Mammie, antwoord Kobie ewe beleef. Haar ma is die enigste mens vir wie sy regtig bang is. Ons het nou net wakker geword.

    Dit kon ek verwag het! Ek hou niks daarvan dat kinders van julle ouderdom saans uitgaan en dan eers twaalfuur huis toe kom nie. Jou pa bederf jou gans te veel. Dis ’n goeie ding jy en Elsabe gaan môre terug skool toe. Soos dit vir my lyk, is Elsabe al klaar net so stout soos jy. Staan nou gou op. Ek wil julle winkel toe stuur.

    Ja, Mammie.

    Toe mevrou Malan uit is, slaak Kobie ’n sug.

    In my ma se oë doen ek alles verkeerd, selfs al slaap ek. Kom, ons moet opstaan. Hoe lyk dit met ’n mooi rok? Van môre af dra ons net weer skooldrag.

    Dis vir Kobie tog te lekker om inkopies te gaan doen. Na ’n vinnige ontbyt laat spat hulle stad toe. Hulle verkyk hulle aan al die mooi goed in die winkels. Toe hulle klaar is met hulle inkopies vra Kobie: Wat gaan ons nou doen? Sy het glad nie lus om nou al huis toe te gaan nie.

    Ek dink ons moet huis toe gaan. Jou ma het tog gesê ons moenie in die stad rondloop nie, antwoord Elsabe.

    Maar dis nog twee ure voordat ons eet. Wat gaan ons by die huis doen?

    Ons kan solank inpak. As ons vanmiddag by Hannie gaan kuier, sal ons nie veel tyd hê om alles vir môre klaar te kry nie.

    Ag, dis niks! Daar is nog baie tyd. Kom ons gaan koop vir ons sjokolade by Cartwright en dan gaan loop ons in die Tuine rond. Terloops, hoeveel geld het jy?

    Al my sakgeld vir die kwartaal, maar dis by jou ma. Sy sê dis te veel om mee rond te loop.

    Het jy darem ’n paar rand? Dit sal genoeg wees vir lekkers, sê Kobie.

    Hulle is skaars in die winkel toe hulle ’n vriendelike stem hoor.

    Kobie! Hallo, Elsabe!

    Kobie se gesiggie straal van plesier. Dis Tokkie! Maggies! Jou hare het nog rooier geword!

    Los my hare uit! lag Tokkie. Wag maar dat ons môre by die skool kom, dan sal ek jou leer hoe jy met ’n ouer mens moet praat.

    Jy lyk ouer! spot Kobie. Jy verjaar net vyf maande voor my.

    Dan is ek byna ’n halwe jaar ouer as jy. O, ek het vergeet! Dis my neef hierdie.

    Kobie kyk na die seun.

    So? sê sy. Wat is jou naam?

    Tom Meyer, antwoord Tokkie se neef. Hy lyk half geamuseerd oor Kobie se reguit vraag. Sy is minstens twee jaar jonger as hy en boonop nog vreeslik klein vir haar ouderdom. Ek ken jou goed. Ek het jou in Maasdorp hoor klavier speel.

    En dis Elsabe van den Heever, stel Tokkie haar maat voor. Sy is vreeslik slim. Sy was verlede kwartaal eerste in die klas.

    Dit lyk my julle is almal so briljant, sê Tom so ’n bietjie uit die hoogte. is dit dan nie julle klomp wat sommer na die eerste kwartaal na graad tien oorgeplaas is nie?

    Ja! sê Kobie.

    Dis ’n skande! Julle behoort nog in graad drie te wees. Ek kry die onderwyseresse jammer wat vir julle somme moet leer. Kobie trek haar neusie op so ver as dit wil gaan.

    Jou nefie het slegte maniere, sê sy vir Tokkie. Dit het hy seker by sy skool geleer.

    Dit spyt my dat jy nie van my hou nie, sê Tom. Ek wou julle nog vra om saam met my roomys te gaan eet.

    Gaan jy dit nie meer doen nie? vra Kobie teleurgesteld.

    Nie as jy aanhou om te sê dat ek slegte maniere het nie.

    Nou ja, miskien lyk dit maar net so. Ons sal jou eers beter moet leer ken.

    Tom is hiermee tevrede. Dis vir hom alte lekker om grootman te speel. Ewe trots stap hy saam met die meisies koffiekamer toe.

    Onder gelag en rumoer loop die kinders die pragtige koffiekamer binne. Die mense kyk die vier kinders verwonderd aan. Elsabe lyk ontsteld.

    Ek is seker ons doen die verkeerde ding, fluister sy vir Kobie. Jou ma het gesê ons moenie laat huis toe kom nie.

    Bly tog stil, sê Kobie. Ons spaar mos die geld wat ons op sjokolade wou uitgee! Ons sal net ’n halfuur bly.

    Maar ek dink nog dis nie reg nie. Ons kan nie dat hy so baie geld spandeer nie.

    Ag, hou op met kerm!! kla Kobie. Ek weet van Tom se mense. Hulle is ryk. Hulle het ’n plaas by Maasdorp, omtrent tien kilometer van die dorp af. Dit sal hom nie arm maak om vir ons roomys te betaal nie.

    Wat fluister julle twee? vra Tokkie.

    Dis Elsabe. Sy is bang jou neef sal bankrot raak as hy vir ons elkeen ’n roomys koop.

    Tom lag.

    Moenie jou daaroor bekommer nie! Vandag is ek skatryk. Ek het ’n hele sak vol geld.

    Sien jy? sê Kobie vir Elsabe. Seuns het altyd meer geld as meisies!

    Dit hang af, sê Tokkie. Kinders is maar so ryk of so arm soos hulle ouers wil hê. Kyk vir arme ou Terrie. Al is haar mense so ryk, gee haar pa haar byna niks sakgeld nie. Hy sê dit verlei haar of so iets.

    Wat kan ek vir julle bestel? vra Tom toe die kelnerin opdaag.

    Ag, net ’n roomys, sê Kobie.

    Sy verwag niks meer van Tom se beursie nie.

    Niks van dié aard nie! Ons begin met ’n vrugteroomys.

    Dit lyk my jy’t geld geërf, sê Kobie. Weet jy dat een van daardie goed nogal duur is?

    So? Dis vandag my pa se verjaarsdag, en hy het vir my hope geld gegee.

    "Omdat dit sy verjaarsdag is? vra Elsabe. Dis ongewoon. Jy behoort hom mos eintlik ’n geskenk te gee."

    Dan sou ons nie nou so lekker kon eet nie, sê Kobie.

    Toe die groot bakke roomys met sjokolade en kersies eindelik kom, praat nie een ’n woord verder nie. Die vier maats eet asof hulle vandag nog nie kos gesien het nie. Tom geniet dit so om te sien hoe die meisiekinders weglê dat hy op die plek sommer vir elkeen nog ’n pynappelparfait bestel.

    Dis regtig baie duur, as jy miskien nie weet nie, kom dit weer van Kobie. Ai, dis darem gaaf dat jou pa verjaar, Tom! My pa sou my nooit meer as een laat eet het nie.

    Vir elkeen ouer as veertien mag dit wel ongelooflik klink, maar die parfaits word deur koffie en roomkoek gevolg.

    Dit was te heerlik! sê Kobie toe die laaste krummeltjie koek opgeëet is. Dis die eerste maal in my lewe dat ek regtig genoeg van so iets gekry het.

    Baie dankie, sê Elsabe. Maar moet ons nie nou liewer gaan nie, Kobie? Jy weet jou ma sal kwaad wees as ons so laat terugkom.

    Ja, sug Kobie.

    Nou goed, sê Tom, maar is julle seker julle wil niks meer eet nie?

    Ons het regtig nie nou tyd nie, antwoord Kobie.

    Tom knik vriendelik vir die kelnerin.

    Die rekening, asseblief.

    Sy oorhandig die rekening.

    Dis vreeslik! sê Kobie,

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1