Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Kobie en die wonderkind
Kobie en die wonderkind
Kobie en die wonderkind
Ebook233 pages3 hours

Kobie en die wonderkind

Rating: 4 out of 5 stars

4/5

()

Read preview

About this ebook

Dit is ’n nuwe kwartaal by Maasdorp-skool. En dit begin nie goed nie. Kobie en Elsabe hoor dat hulle klas- en kamerkapteins is wat dit natuurlik baie moeilik sal maak om pret te hê! Asof dit nie erg genoeg is nie, is daar ook die vreemde en misterieuse Carla Willemse, een van die nuwe leerders in Kobie-hulle se graadelf-klas. Carla was nog nooit op skool nie en het die wêreld vol gereis saam met haar tante. Niemand behalwe die hoof en juffrou Muller weet egter dat die snaakse Carla eintlik die wêreldberoemde violis en wonderkind, Olga Willovitch is nie. Olga, oftewel Carla, het ’n ineenstorting gehad en is deur haar pa na Maasdorp gestuur om te herstel en ’n normale lewe te lei. Maar niks ontsnap Kobie nie en gou is sy druk besig om tussen sportwedstryde en kwattekwaad, toetse en krisisse, vir Carla te help om behoorlik deel van Maasdorp te word.
LanguageAfrikaans
Release dateFeb 15, 2013
ISBN9780798159227
Kobie en die wonderkind

Read more from Stella Blakemore

Related to Kobie en die wonderkind

Related ebooks

Related articles

Reviews for Kobie en die wonderkind

Rating: 4 out of 5 stars
4/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Kobie en die wonderkind - Stella Blakemore

    Kobie en die

    wonderkind

    Stella Blakemore

    1

    _____________

    Kobie in die knyp

    Lena! Haai, Lena! Bring jy dan nooit vandag my koffer nie? O, eindelik! Hier … nee, op hierdie groot stoel. Ek word nou te oud om so krom te buig.

    Ag wat, Kobie! lag Lena. So ’n klein meisietjie!

    Klein meisietjie, watwou! Ek is glad nie klein nie. Ek is al vyftien en dis ’n baie hoë ouderdom, weet jy! Heloise! skree sy vir haar klein sussie, wat net by die oop deur verbyloop.

    Wat is dit? vra Heloise versigtig. As Kobie met iets besig is, moet almal altyd kom help.

    Het jy jou goed bymekaar gesit sodat Ruth dit kan inpak?

    Ja, sy is nou daarmee besig.

    En waar is my sakdoeke wat jy geleen het?

    Ek … waar … sakdoeke … sê Heloise verbouereerd. Ja, sakdoeke!

    Kobie stoot haar krulle agtertoe en gaan staan streng voor haar sussie.

    Op Muizenberg was dit elke dag een. Ek wag nog dat jy hulle teruggee.

    Het ek hulle dan nog nie teruggegee nie, Kobietjie? vra Heloise verleë.

    Nee, jy het nie. Sorg net dat hulle nie ingepak word nie, jou klein dief!

    Ek is nie ’n dief nie!

    Heloise word rooi van woede.

    Gee dan my sakdoeke!

    Ek het hulle nie! Ek … ek het hulle verloor, of iets.

    Of iets! Nou ja, gaan haal dan van joune vir my. Haal uit, of ek sal vir ma gaan sê.

    Heloise stamp met haar voet. Sy en Kobie is baie lief vir mekaar, tog kan hulle lekker baklei.

    Jy’s gemeen, Kobie! Verlede kwartaal het jy met jou slimstreke by Mammie witvoetjie gesoek en nou wil jy niks anders doen as om ons by haar te gaan verklik nie!

    Ja, dis waar! sê ’n derde stem.

    Ruth, wat sewentien is, gaan oor ’n paar weke vir die eerste maal universiteit toe. Sy staan in die deur en kyk haar twee susters aan.

    Ma was verlede kwartaal baie in haar skik met jou. Jou gedrag het heelwat verbeter, maar die verskriklike manier waarop jy oor Heloise baasgespeel het, is net te erg.

    Ja, jy kan maklik praat, sê Kobie beledig. Jy weet goed jy sou nooit die Joubertbeurs gewen het as ek nie agter jou gestaan het nie!

    Al wat ek kan onthou, is dat jy vreeslik parmantig was, sê Ruth uit die hoogte. En die hele huisgesin word nou moeg daarvan dat jy met elke ou dingetjie wat Heloise of Fanie verkeerd doen na Ma hardloop. Ons het verlede kwartaal ’n ruk lank gedink dis snaaks toe jy gesê het dat jy die familie wil regeer; nou is dit te erg. Dis glad nie snaaks om ’n onderduimse klein verklikker te wees nie.

    Kobie is diep seergemaak.

    Jy is ’n mooi een om te praat! Jy weet net so goed as ek dat Ma genoeg van ons gehad het! Sy sou ons beslis van Maasdorp af weggeneem het as Heloise net iets verkeerds gedoen het en jy sou nie universiteit toe kon gaan nie. Ma het mos vir jou gesê jy moet ’n plan maak om ons in toom te hou, en jy weet goed jy sou dit nooit kon gedoen het nie. Ek het dit darem reggekry!

    Ja, maar moenie vra hoe nie! Jy met jou ewige verklikkery!

    Ja, jy het! Ou lang tong! spot Heloise. Met Ruth aan haar kant voel sy dapper genoeg om Kobie te laat deurloop.

    Dit lieg jy! skree Kobie op ’n manier wat mens nie van haar sal verwag nie. Ek het jou nooit verklik nie. Ek het net gesê ek sal!

    Dis net so gemeen, sê Ruth.

    Ja, dit is! lag Heloise. Ou lang tong! Ou lang tong! Sy steek haar tong uit en spring op haar vet beentjies rond.

    Kobie is rasend kwaad. Sy tel haar hand op om Heloise ’n klap te gee, maar voor sy iets kan doen, gryp Heloise ’n handvol van haar goue krulle.

    Eina! Los my, jou klein bees!

    Die twee rol naderhand op die vloer soos hulle stoei.

    Ruth staan verstom.

    Kobie! Heloise! pleit sy tevergeefs. Hou tog op! Julle kry sowaar vandag pak! Is julle dan mal?

    Sy probeer om hulle van mekaar weg te trek, maar hulle klou soos twee tierkatjies vas.

    Iemand kom die groot trap op, maar die drie meisies is te besig om iets te hoor. Dis eers toe hul ma se koue stem tot hulle deurdring dat hulle haar gewaar.

    Jakoba! Heloise! Wat beteken dit? Ruth, kan jy nie die twee keer nie?

    Daar het jy dit al weer! dink Ruth bitter. Ek wonder wie die klein duiweltjies sal kan keer!

    Maar sy durf nie so iets vir haar ma sê nie.

    Dit spyt my baie, Ma, sê sy verleë. Ek … ek weet nie wat makeer hulle nie.

    Die twee staan nou ’n paar treë weg van mekaar, maar hulle lyk woedend. Kobie se kouse is vol gate en die soom van Heloise se kort rokkie is byna afgeskeur.

    Jakoba, sê mevrou Malan. Ek is bitter teleurgesteld! Bitter!

    Haar ma se diep stem en verwytende woorde laat Kobie besef dat sy vir die eerste keer in baie maande weer in die moeilikheid is.

    Ek het gehoop dat jou gedrag aan die verbeter is. Jy was in die laaste tyd regtig ’n groot plesier. Wat beteken dit dat ek jou en Heloise nou so kry?

    Dis … dit was sommer … ons het gespeel, mompel Kobie.

    Moet jy dan nog vir my jok, Jakoba? Ek het die bakleiery gehoor. Dit was beslis nie speletjies nie!

    Nou ja … dit was …

    Vir die eerste keer tref dit Kobie hoe maklik sy die afgelope tyd iemand verklik. Sy was op die punt om vir haar ma te vertel wat gebeur het! Maar ná Ruth se woorde voel sy regtig ’n bietjie skaam.

    Heloise het my kwaad gemaak – dit was nie eintlik haar skuld nie – dit was ons albei s’n.

    Of sy jou kwaad gemaak het of nie, waar het jy ooit gehoor dat meisies mekaar slaan en skop omdat die een die ander teëgaan? Hoe sal dit wees as ek en mevrou Bosman so maak wanneer ons oor een of ander saak verskil? Mevrou Malan praat asof sy die voorsitter van ’n vergadering is.

    Dit is net te veel vir die meisies. Mevrou Bosman is so groot soos hul ma en net so sedig en bedaard. As hulle twee so op die vloer sou rol … Eers begin Ruth, toe Kobie en dan, bang en half snikkend, Heloise onwillekeurig giggel.

    Kinders! sê mevrou Malan kwaai. Hoe durf julle lag terwyl ek met julle praat? Hou dadelik op!

    Een ná die ander hou die meisies op met lag.

    Dis maar ’n goeie ding dat julle twee kleintjies môre teruggaan skool toe. Maar dit lyk my daar word julle nog stouter!

    Mevrou Malan dink nog altyd dat die dissipline op Maasdorp nie streng genoeg is nie. Al haar ouer dogters was ook daar op skool. Volgens haar word Kobie baie bederf. As meneer Malan hom nie oor hulle ontferm het nie, was Kobie en Heloise seker lankal daar weggeneem.

    Hoe julle julle ook al op skool mag gedra, julle doen dit nie in my huis nie! Ek hou nie daarvan om julle die dag voor julle teruggaan skool toe te straf nie, maar dit is my plig. Heloise, gaan was jou hande en gaan oefen vir twee uur! Stil en moenie teëpraat nie.

    Heloise wil glad nie praat nie. Sy is maar te bly dat alles so maklik afgeloop het. Sy gaan badkamer toe, was haar hande en kam haar hare. Dan hardloop sy so gou moontlik af na die sitkamer toe.

    En jy, Jakoba, gaan mevrou Malan voort, pak jou klere klaar in, en dan gaan jy reguit bed toe.

    Kobie gee ’n wilde gil.

    Maar, Ma … vanaand is mos die konsert!

    Ek weet dit goed. Juis daarom stuur ek jou vroeg bed toe.

    Haai, nee!

    Kobie vergeet van al haar vrees vir haar ma.

    Ma kan nie so iets doen nie! Ons was tog nie so stout nie! Ma kan my op enige ander manier straf, maar moet my tog net nie van die konsert weghou nie!

    Musiek is omtrent die enigste ding in die wêreld wat Kobie genoeg moed sal gee om so te praat.

    Ruth ys as sy dink wat nou gaan gebeur. Sy mompel binnensmonds: Nou is dit klaarpraat! Ma kry op die daad ’n beroerte!

    Mevrou Malan word rooi van woede, maar sy kry nie die verwagte beroerte nie, al is dit feitlik die eerste maal dat een van haar kinders dit waag om teë te praat.

    Stil jy, dadelik! Die dag dat een van julle vir my sê wat ek mag of nie mag doen nie, moet nog aanbreek. Gaan dadelik kamer toe en wees dankbaar dat ek jou nie ’n goeie pak gee nie!

    Kobie storm haar kamer binne en val op haar bed neer. Sy huil asof die wêreld vergaan. Ruth luister gehoorsaam na haar ma se laaste opdragte. Dan stap mevrou Malan die trap af na die sitkamer om te kyk of Heloise regtig oefen.

    Heloise is glad nie musikaal nie. Dis eintlik snaaks, want al die Malans toon ’n besliste aanleg vir musiek. Kobie is volgens haar onderwyser, meneer Claudius de Villiers, een van die knapste leerlinge wat hy nog ooit gehad het. Almal weet hoe sy ’n jaar gelede, kort ná haar veertiende verjaardag, saam met ’n groot orkes gespeel het. Min mense sal glo dat die malkop Kobie ’n genie is, maar meneer De Villiers is daarvan oortuig dat die hele Suid-Afrika nog eendag van haar sal hoor. Dis daarom verstaanbaar dat sy nie van die konsert wil wegbly nie.

    Toe Ruth die kamer binnekom, is Kobie in ’n jammerlike toestand.

    Haai, nee wat! Hou tog op! Jy sal stik! soebat Ruth. Ek is tog te bly ek gaan universiteit toe, want ek is nou siek en sat vir jou en Heloise se twak! Julle doen altyd die domste dinge en as julle gestraf word, moet ek regstaan om julle oë af te vee en salfies aan die wonde te smeer! Dis nou klaar! Wat help dit om te huil?

    Kobie kyk woedend op van haar nat kussing.

    Jy kan maklik praat! Jy begryp nie wat musiek vir my beteken nie! Jy weet goed dis Olga Willovitch, wat so wonderlik viool speel, se konsert! Sy kom so pas uit Europa en is maar vyftien, en … en … O, ek wens ek kan sommer op die plek doodgaan! Ek wil nie meer lewe nie!

    Aag, jy’s verspot! sê Ruth. Ek word nou moeg van die ou doodgaan-storie van jou! Elke keer as jy stout is en gestraf word, dan wens jy jy’s dood!

    Dis te vreeslik! snik Kobie. Pappie het al máánde gelede die kaartjies gekry en julle gaan almal! Sy gaan die Bach-concerto speel! Ma is verskriklik wreed!

    Dis nie Ma wat wreed is nie! Dis jy wat jou nooit kan gedra nie! Hoekom gaan jy op jou ouderdom nog soos ’n ou babatjie te kere? Gaan vra ma om verskoning, dalk laat sy jou tog gaan.

    Ek sal gaan probeer, sê Kobie, maar ek weet dit sal nie help nie. In al die jare het sy nog nooit haar woorde teruggetrek nie!

    Vandag is ook geen uitsondering nie. Kobie se snikke en trane het nie die minste uitwerking op haar ma nie, en sy moet verslae teruggaan kamer toe.

    Nou ja, dan kan dit nie anders nie! sê Ruth. Pak maar jou goed in en vergeet van die hele ding. Ek sal jou alles van die konsert kom vertel en buitendien, Olga Willovitch sal weer eendag speel.

    Nee, sy sal nie! Sy speel net in Europa. Dis die eerste maal dat sy hier by ons optree.

    Regtig? Ek weet darem nie. Ek het gehoor sy is ’n Suid-Afrikaner wat oorsee is toe sy nog baie jonk was – vier, of so iets. Sy kon toe al goed speel en sy is Duitsland toe om daar te studeer. Haar naam is glad nie Olga Willovitch nie. Dis … nee, ek het vergeet. Hulle het haar seker dié uitheemse naam gegee omdat die meeste groot violiste Russe is. Sy sal seker weer kom.

    Nee, sy sal beslis nie. Miskien wanneer sy baie ouer is. Ag, ek is die ongelukkigste mens in die wêreld!

    Onsin! spot Ruth. Ons is die gelukkigste gesin wat ek ken! Ons is al jare lank in die wonderlikste skool, en op die koop toe seker die duurste in die hele land. Dit het ma en pa al duisende rande gekos om ons daar te hou. Buitendien bly ons in ’n pragtige huis, ons het hope klere en meer sakgeld as al die ander meisies op skool. En weet jy, Kobie, Ma is na alles tog goed vir ons, al is sy so streng. Sy gee nie om hoeveel maats ons vakansietye huis toe bring nie. Kyk net die spul wat verlede maand hier was!

    Aag, wat help dit my? Wie soek nou witvoetjie? Kobie het glad nie lus om na mooipraatjies te luister nie. Loop tog en laat my staan as ek dan so sleg is!

    Dit help nie om met jou te praat solank jy in hierdie bui is nie! sug Ruth.

    Oplaas hou Kobie op met huil. Sy snik nog af en toe, maar dis nie lank nie of die twee diep kuiltjies verskyn weer in haar wange. Terwyl sy die stapels klere netjies in haar koffer pak, kom daar ’n ondeunde uitdrukking in haar oë wat haar maats op skool maar alte goed ken. Vir hulle voorspel dit gewoonlik groot pret, maar ook straf. Sy fluister saggies, maar die woorde is heeltemal onskuldig.

    Een … twee … drie … vier … ja, dis reg! En ’n dosyn paar kouse. So! Nou die klein koffertjie vir die eerste nag tandeborsel en seep. Die ander goed kan môreoggend inkom.

    Sy maak die koffer toe en kyk ’n oomblik by die venster uit.

    Hoekom nie? vra sy vir Tafelbaai, wat haar in die warm middaglug toelag. Kyk maar vir oulaas na die mooi toneel, Jakoba, my kind, want as jou plan nie slaag nie, sal daar net ’n nat kol op die vloer oorbly as bewys dat jy wel op die aarde gewoon het!

    Die mense stroom die trappe van die Stadsaal op. Dis nie aldag dat hulle bevoorreg is om ’n wonderkind te sien optree nie.

    Meneer en mevrou Malan en twee van hulle dogters, Lulu en Ruth, kom die trappe opgestap. Mevrou Malan, wat soos altyd pragtig aangetrek is, groet hier en daar ’n vriendin, terwyl haar man programme koop. Dan gaan hulle met die trappe op na die balkon.

    Net toe kom ’n meisietjie versigtig agter ’n pilaar uit waar sy geskuil het.

    Foei! Hulle kon ook nie juis later gekom het nie, kla sy.

    Kobie sien daar vanaand bitter snaaks uit. Sy het ’n groot, lang jas aan. Haar hoed, wat al haar krulle platdruk, hang oor haar gesig. Daarby dra sy dik swart kouse en skoene wat soos ’n seun s’n lyk. Sy kyk nie links of regs nie, maar gaan reguit na een van die seuntjies wat programme verkoop. Sy gee vir hom geld.

    Vyf, asseblief.

    Sy neem die programme en hardloop daarmee straat toe om haar pa se motor tussen die lang rye motors te soek. Sy kry dit eindelik nie te ver van die saal af nie.

    Gelukkig vergeet Pa soms om die motor te sluit! dink sy terwyl sy gou haar jas en hoed oprol en agter in die motor wegsteek. Ek moet in elk geval sorg dat ek vroeg genoeg uitkom om dit weer te kry, sodat ek voor hulle by die huis kan wees.

    Uit die motor klim ’n seun van sowat twaalf jaar – Kobie is baie klein vir haar ouderdom – in ’n mooi blou pak klere met goue krulhare so plat soos mens dit met water en ’n borsel kan kry. Seuns hou mos nie van krulhare nie!

    Kobie neem die vyf programme, sit hulle bo-op ’n klomp oues wat sy ná baie vorige konserte sorgvuldig bewaar het, en hardloop terug na die saal.

    Sy gaan skuil weer agter ’n pilaar waar die ander programverkopers haar nie kan sien nie.

    Advokaat en mevrou Lategan loop verby.

    Kom, ons is ’n bietjie laat, sê sy. Ons moenie die eerste stuk misloop nie. Wat? Ag, ja, natuurlik, ’n program. Sy glimlag vriendelik vir die mooi seun wat haar so beskroomd ’n program aanbied.

    Kobie is doodbenoud. Hoeveel maal het sy dan nie al ’n koekbord rondgeneem terwyl mevrou Lategan by haar ma tee gedrink het nie? Maar die gevaar gaan verby en die Lategans stap vinnig verder om hul

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1