Weg! Platteland

In die spore van Vloog Theron

Die slim mense sê in wankelmoedige, wildewragtig tye soos tans smag ons opnuut na ankerplek. Sterk, stewige wortels. Ons éie wortels.

Dit is waarom bykans iedereen van die 7,8 miljard mense op aarde die een of ander tyd terugstap op hulle spore. Só ’n “reis” lei meermaal na die plek waar ons grootgeword het – indien nie fisiek nie, dan ten minste op ’n manier wat ons toelaat om regtig diep na te dink oor hoe dié omgewing help vorm het aan die mens wat ons vandag is.

Kortom: Ons komvandaan is ’n belangrike deel van wie ons is (of was), en die konteks waarin ons grootword, bepaal in ’n groot mate hoe ons uiteindelik die wêreld sien. Pas ons in? Voel ons welkom in ’n groter gemeenskap? Of word ons as volwassenes eintlik maar net in ’n onbewaakte oomblik oorval deur ’n nostalgiese verlange na ’n plek of tyd of ’n vorige weergawe van onsself wat vir altyd verby is?

“KEN JY DIE STORIE van Pa en sy perd?” vra die hoofkarakter, Wille Willemien, vir haar suster op bl. 50 van Anoeschka von Meck se nuwe roman, Die heelal op my tong, wat sy voorin ’n “saluut aan my pa, Vloog Theron (11 November 1941-29 Desember 2009)” noem.

Dan vertel die karakter vir haar suster die staaltjie, gegrond op ’n ware gebeurtenis, toe ’n kar vol jong mense uit die stad op Koringberg ingeswaai het, reg voor Vloog op sy perd in.

“Jy!” het hulle spottend in die dorpie se hoofstraat afgeskree. “Jý op die perd!” Die vroue agterin het gelag. “Wat is nou eintlik spesiaal aan ’n plek soos

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland2 min read
Klein River Boks Teen Die Grotes
By die jaarlikse Wêreldkaastoekennings, aangebied deur die Britse Guild of Fine Foods, het Klein River se Overberg-kaas ’n goue medalje gewen – een van slegs drie Suid-Afrikaanse kase wat dit kon vermag. Dis die jongste van ’n hele rits pryse vir hie
Weg: Platteland14 min read
Herfsfees Vol Kleur En Geur
In die koswêreld is Errieda du Toit niks minder nie as ’n legende. Saam met wyle Francois Ferreira was sy byna 15 jaar lank die een helfte van die geliefde Huiskok, Glanskok op RSG voordat sy in 2014 op haar eie voortgegaan het met Die kos wat ons ke
Weg: Platteland1 min read
Stilte In Die Bos
– Dalsig, Stellenbosch – Jare gelede toe ek op Stellenbosch gestudeer het, was dit nog ’n ware studentedorp – mense het die hele plek vol gestap en daar was nie al die motors van vandag wat soveel verskriklike verkeersknope veroorsaak nie. Deesdae ka

Related