LEË BLIKKIES VOL LIEFDE: ’N KORTVERHAALBUNDEL
Saamgestel deur FIONA VAN KERWEL
Best Books, R169*
“Opvoeders sê gereeld dat leerders nie genoeg lees nie, of dat hulle nie altyd verstaan wat hulle lees nie, maar ek glo kinders lees vandag ’n bietjie anders. En daarom moet opvoeders lees anders benader.”
So skryf Fiona van Kerwel in haar voorwoord tot . Haar droom is dat alle leerders in die land die kans sal kry om op ’n vriendelike manier met Afrikaans om te gaan. Om dié rede het die skrywers in hierdie bundel hulle