Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Minki se skoolkonsert
Minki se skoolkonsert
Minki se skoolkonsert
Ebook54 pages22 minutes

Minki se skoolkonsert

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Minki en haar maats is opgewonde oor die skoolkonsert wat voorlê. Hulle klas gaan Aspoestertjie opvoer, en dit gaan fantasties wees! Minki en Natalie is seker Lara gaan die hoofrol kry. Sy kan baie goed dans, en boonop is Aspoestertjie haar gunsteling-sprokiesprinses. Hulle kan nie wag om te sien hoe sy in haar droomrok lyk nie! Maar by die oudisie loop dinge onverwags skeef … Gaan Minki dit regkry om soos ’n regte Goeie Fee haar towerstaffie te swaai en die konsert te red?

LanguageAfrikaans
Release dateApr 1, 2021
ISBN9781776250486
Minki se skoolkonsert
Author

Jaco Jacobs

Jaco Jacobs is the author of more than 260 books and more than a million copies of his books have been sold. His work has been awarded 46 times. His books have been translated into English, Dutch, Italian and Portuguese. He has been nominated for the Carnegie Medal twice and two of his books have been adapted to film. Jaco lives in Bloemfontein with his wife, Elize, their daughters, Mia and Emma, three dogs, a cat and a pet python.

Read more from Jaco Jacobs

Related to Minki se skoolkonsert

Related ebooks

Related articles

Reviews for Minki se skoolkonsert

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Minki se skoolkonsert - Jaco Jacobs

    Pan Macmillan Kinderboeke

    www.panmacmillan.co.za

    Hoofstuk 1

    Konsertplanne

    Pssst!

    Minki frons en kyk op van die begripstoets waarmee sy besig is.

    Die klas is stil. Almal konsentreer op hulle werk. Juffrou Adams sit by haar lessenaar en merk.

    Pssst! Minki sien hoe Natalie haar en Lara se aandag probeer trek.

    Wat? fluister Minki.

    Wat is vandag in julle kosblikke? vra Natalie gedemp.

    Minki en Lara kyk vir mekaar en glimlag. As Natalie so bekommerd lyk oor pousekos, kan dit net een ding beteken – haar ma het seker weer vir haar iets ingepak met pynappel in. Pynappel-jogurt, pynappelsap, oorskietpizza met pynappel of toebroodjies met pynappelkonfyt. Natalie kla altyd dat pynappel haar tong laat jeuk. Minki is nie eens seker of ’n mens se tong regtig kan jeuk nie.

    Muffins met stroop en kaas, fluister Minki.

    Lara sit die verste van Natalie af. Dis te ver om te fluister. Sy loer na juffrou Adams se kant toe en maak ’n driehoek met haar vingers.

    Pizza? raai Natalie.

    Lara skud haar kop.

    Driehoekige ... broodjies? waag Natalie nog ’n raaiskoot.

    Lara skud weer haar kop.

    Natalie frons. Uhm ... ’n sny appeltert?

    Driehoekige kasies! fluister Lara.

    Juffrou Adams frons en kyk op. Is julle werk klaar? vra sy met ’n kwaai stem.

    Amper, Juffrou, antwoord Danika, asof juffrou Adams met haar gepraat het. "Maar dis moeilik om te konsentreer as Minki-hulle die heeltyd pssst-pssst. Hulle klink soos drie deodorantblikkies."

    Die klas proes van die lag.

    Danika glimlag breed. Sy lyk soos iemand wat pas die Grap van die Jaar op TV vertel het.

    Minki rol haar oë. Net omdat sy een keer in ’n sjampoe-advertensie was, verbeel Danika haar sy is ’n Hollywood-ster.

    Die klok gaan nou-nou lui vir pouse, sê juffrou Adams. Maak eers toe julle boeke, julle kan ná pouse aangaan. Ek het belangrike nuus.

    Dadelik maak almal hulle boeke toe en sit regop.

    "Ons skoolsaal kort nuwe ligte en ’n beter klankstelsel. Dit kos baie geld. Daarom gaan al die klasse geld insamel.

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1