Rolbos
EK BELOWE niks. Kom jy maar net so gou moontlik terug – in een stuk.”
Haar baas, Hercules, se stem was saaklik en sy oë agter ’n donkerbril verskuil omdat die Oktoberson die dakteetuin verblindend verlig het.
“Ek verstaan nie hoekom jy nie my bedankingsbrief wil aanvaar nie.”
Emma kon haar tong afbyt toe die woorde uitkom. Sy verpes dit as haar gedagtes per ongeluk uitglip.
“Jy’s die beste sekretaresse wat ek nog ooit gehad het, en ek hoef nooit jou spelling na te gaan nie.”
Emma het haar verbeel sy hoor ’n glimlag in sy stem. Sy gesig was onleesbaar.
“Buitendien wil ek hê jy moet terugkom. Ons wil jou ’n klerkskap aanbied. Jy kan buitemuurs klasloop.”
Emma se onwillekeurige hyg na asem het haar onverhoeds betrap. “Nou tot siens dan,” het sy gesê en uitgestap.
“Goeiste tog,” sê sy vir haarself toe sy uit Bloemfontein vertrek
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days