‘HALLO, Mamma. Kom, ek vat jou handsak en trui. Annabel het solank Mamma se tas in die kar gaan sit.”
“Waarheen gaan ons?” Daar is nie ’n sweempie herkenning in haar ma se oë nie. Mart se gemoed skiet vol. Haar ma was op haar tyd voorbakster, voorloper, skoolhoof. Die mens wat haar nou onbegrypend aankyk, is wêrelde verwyder van die vrou voor wie Mart grootgeword het.
“Ons gaan huis toe, Mamma. Nes laas jaar se Paasnaweek. Vandag is Vrydag, môre ontvang ons ’n klompie kinders van die kinderhuis vir die Paaseierjag, en Sondag kom oom Jakkie-hulle by ons eet.” Mart tel haar ma se handsak op. “Dié broer van Mamma is darem vol dinge. Hy bring sy nuwe liefde saam. Die twee van hulle speel blykbaar heeldag gholf en tennis. Volgens hom is die aftreeoord die beste ding wat nóg met hom gebeur het.”
Die gebrek aan reaksie laat Mart wonder of haar ma nie