Die Kersfeesskof
‘SLAAP nou, my engel,” sê Penny. Sy buk vooroor en soen haar dogter saggies op haar voorkop en vryf ’n weerbarstige donker krulletjie agter haar oor in. Emily knyp haar oë styf toe, maar dit vlieg dadelik weer oop.
“Wat as hy nie die koekies op die tafel sien nie, Mamma?” wil sy weer bekommerd weet. “Hy sal, Em,” paai Penny. “Onthou, ons het ekstra versierlekkers opgesit. Hy sal dit nie kan miskyk nie. Jy sal môreoggend sien.”
Emily herkou aan dié antwoord, knik tevrede en maak haar oë weer toe. Penny kyk na haar en glimlag. Die opgewondenheid van die dag is nog sigbaar aan die rooi van haar wange en die spanning in haar smal skouertjies wat tot onder haar ken opgetrek is. Haar oë gaan weer oop en sy betrag haar ma ’n oomblik lank.
“Maar Mamma gaan nie hier wees nie.” ’n Stelling. “Nee,” sê Penny. Sy probeer neutraal klink. Haar afwesigheid was makliker toe Emily klein was, maar hoe ouer
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days