Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Nicole en Appelliefie: Die nuwe maat
Nicole en Appelliefie: Die nuwe maat
Nicole en Appelliefie: Die nuwe maat
Ebook37 pages11 minutes

Nicole en Appelliefie: Die nuwe maat

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Nicole en Pappa is mal oor hulle nuwe buurt en hulle het reeds ‘n klomp vriende gemaak. Daar is oom Samsodien met die mooi roostuin, tannie Bets met die poedels, die Masango-gesin met die twee klein dogtertjies, mevrou Carboni en haar kleinseun Luca met sy rekenaar en kitaar, die veearts en haar ontvangsdame, Simon in die rolstoel, en die busbestuurder wat elke dag vir Simon na sy toe skool neem.

Maar Nicole het steeds nie ’n maat van haar eie ouderdom nie. Iemand wat sy haar BESTE maat kan noem. Dan kom Zintle huis toe vir die skoolvakansie. Sy woon oorkant Nicole-hulle en al is sy blind, is sy baie onafhanklik en groot pret. Saam bou die twee maats vir Appelliefie ’n dam, maar hulle kry stry wanneer Nicole vir Zintle met alles probeer help, selfs met die dinge wat sy self kan doen. Asof dit nie genoeg is nie, is daar ook ’n droogte in Kaapstad. Hoe op aarde gaan hulle genoeg water kry om die dam vol te maak? Gelukkig is daar altyd hulp in ’n buurt soos hulle s’n …

LanguageAfrikaans
Release dateJun 1, 2020
ISBN9781776250233
Nicole en Appelliefie: Die nuwe maat
Author

Wendy Maartens

Wendy se eerste kinderboek het in 2005 verskyn toe sy ’n onderwyseres vir die grondslagfase was. In 2007 het sy die onderwys vaarwel geroep en ’n voltydse skrywer geword. Sedertdien het sy 52 boeke vir kinders geskryf en word sy beskou as een van die suksesvolste kinderboekskrywers in Suid-Afrika. Sy woon op die Weskus saam met haar kat en papegaai. Sy hou van tuinmaak, bokkoms, vye, tuisgebakte brood en om kaalvoet te loop.

Related to Nicole en Appelliefie

Related ebooks

Related articles

Reviews for Nicole en Appelliefie

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Nicole en Appelliefie - Wendy Maartens

    Nicole_Appelliefie_02_titelblad.jpg

    Pan Macmillan Kinderboeke

    www.panmacmillan.co.za

    Hoofstuk 1

    Skoolvakansie

    Dis nog skemer toe Nicole wakker word. Sy wonder wat haar skoolmaats op die eerste dag van die vakansie doen.

    Vandat sy en Pappa in die huis met die blou voordeur bly, het hulle ’n klomp nuwe vriende gekry. Nicole tel op haar vingers.

    Daar is oom Samsodien met die mooi roostuin en tannie Bets met die twee poedels.

    Die Masango-familie met die twee dogtertjies.

    Mevrou Carboni met die mooi sonhoede en die swembad, en haar kleinseun Luca met sy rekenaar en kitaar.

    Die veearts en haar ontvangsdame.

    Simon in die rolstoel, en die busbestuurder wat elke dag vir Simon na sy skool neem.

    Nou kort sy nog net ’n lekker maatjie van haar eie ouderdom om mee te speel. Luca is al in die hoërskool en die Masango-dogtertjies is nog in die kleuterskool.

    nic_02_bl04.jpg

    Net toe Nicole wil

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1