Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Poplap Annie
Poplap Annie
Poplap Annie
Ebook97 pages55 minutes

Poplap Annie

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Poplap Annie se ondervindings in menswereld word pragtig omskryf in die twaalf hoofstukke. Sy leer haar popmaatjies lewenslessies wat kinders sal boei en inspireer. Haar wye glimlag gaan nooit verlore nie al probeer sy haar lapgesiggie op 'n plooi te trek. Sy kan met alle diere kommunikeer. Mense mag nooit uitvind dat sy hulle kan sien en verstaan nie.

LanguageAfrikaans
PublisherRiana Pope
Release dateMay 16, 2012
ISBN9781476155074
Poplap Annie

Read more from Riana Pope

Related to Poplap Annie

Related ebooks

Related articles

Reviews for Poplap Annie

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Poplap Annie - Riana Pope

    POPLAP ANNIE LEER ‘n LES

    Op ‘n dag was al die poppe alleen. Hul mens-mamma, Marie, het hulle in die kamer neergesit en gesê dat hulle soet kinders moet wees terwyl sy weg is. Daar het hulle doodstil gesit en het nie ‘n vinger veroer totdat sy die kamer verlaat het nie. Die soldaatpoppie het sy kop gedraai en vir Poplap Annie gewink.

    Hulle het gehoor hoe die voorste hekkie toegemaak was en het geweet dat hulle alleen in die huis was. Almal het vinnig opgespring.

    Laat ons nou lekker speel! het die bliksoldaat uitgeroep. Laat ons vir iets gaan soek om te eet!

    Ja! Laat ons vir iets gaan soek om te eet! het al die ander poppe ook uitgeroep.

    Toe Marie vanoggend met my gespeel het, het Poplap Annie vertel, het sy my verby ’n deur gedra aan die agterkant van die huis waar ek iets geruik het wat baie lekker moet proe!

    Dan moet jy ons die pad aanwys Poplap Annie! het die Franse poppie gesê.

    Ek dink ons moet vir Poplap Annie aanstel as die leier op hierdie ekspedisie! het die Indiaanse pop gesê.

    Al die ander poppe het hul handjies geklap en uitgeroep, Hoeraa! Poplap Annie sal ons leier wees.

    Poplap Annie was baie trots op haarself om die vertroue en liefde van al die ander poppe te ontvang en het gesê dat sy bly sal wees om hul leier te wees.

    Volg my! het sy almal geroep terwyl sy op haar sagte beentjies uitgehardloop het. Al die poppe het haar gevolg en hulle het deur die huis gehardloop tot by die deur van die spens.

    Dit is die plek! het Poplap Annie bevestig en verseker, al die poppies het iets geruik wat baie lekker moes gesmaak het.

    Maar nie een van die poppe was lank genoeg om die deur oop te maak nie, al het hulle gestoot en gestoot met al hul kragte, die deur het toe gebly.

    Die poppe het gepraat en getrek en gestoot. Elke nou en dan het een van hulle omgeval en die ander het op haar getrap in ‘n poging om die deur oop te kry. Uiteindelik het Poplap Annie eenkant getree en op die vloer gaan sit.

    Die ander poppe het opgemerk dat Poplap Annie op die vloer gaan sit het en sy het haar hande in haar wolhare gevryf - toe weet hulle dat sy aan ‘n plan probeer dink het.

    Sh! Sh! het hulle vir mekaar gefluister en by haar gaan sit.

    Daar moet ‘n manier wees om in te gaan, het Poplap Annie gesê. Ek kan nie vandag helder dink nie, dit voel of my kop geskeur het.

    Die Franse pop het dadelik na Poplap Annie gegaan en haar kappie afgehaal. Ja, daar is ‘n skeur in jou kop, Poplap Annie! het sy gesê en ‘n speld van haar rompie afgehaal en Poplap Annie se kop vasgespeld. Dit lyk nie juis netjies nie, want daar is nou ‘n paar plooie op jou kop! het sy gesê.

    Ag dankie, dit is soveel beter! het Poplap Annie bedank. Nou kan ek weer helder dink.

    Nou kan Poplap Annie baie helderder dink! het al die poppe gelyk uitgeroep.

    My gedagtes het seker by die skeur uitgehardloop! het Poplap Annie gesê.

    Hulle moes seker uitgehardloop het, arme Poplap Annie! het almal beaam.

    Noudat ek weer helder kan dink, het Poplap Annie voortgegaan, dink ek die deur moet gesluit wees en as ons wil ingaan, moet ons dit eers oopsluit.

    Dit sal maklik wees! het die Hollandse pop gesê, wie Mamma sê wanneer hy vorentoe en agtertoe gebuig word. Ons sal die brawe bliksoldaat vra om die sleutel uit die slot te skiet.

    Ek kan dit maklik doen! het die bliksoldaat beaam terwyl hy sy geweer gelig het.

    Ag, Poplap Annie! het die Franse pop gegil, moet asseblief nie dat hy skiet nie!

    Nee! het Poplap Annie saamgestem. Ons moet aan ‘n stiller manier dink wat nie so baie geraas sal maak nie.

    Nadat sy vir ‘n lang oomblik hard gedink het, het Poplap Annie opgespring en gesê: Ek het dit! Sy het Jakkie Hop-Hop geneem tot by die deur en hy het op sy stokkie tot bo geklim en die deur oopgesluit.

    Al die poppe het saam hard gestoot en die deur het oopgeswaai. Aarde! Wat ‘n warboel! Die poppe het sommer bo-oor mekaar geklim om by die lekkernye uit te kom. Hulle het die spens bestorm en in hul gretigheid het ’n beker room op die Franse pop se rokkie uitgestort.

    Die Indiaanse

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1