Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Pollyanna Word Groot
Pollyanna Word Groot
Pollyanna Word Groot
Ebook292 pages4 hours

Pollyanna Word Groot

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Pollyanna word groot is die verhaal van die tiener wat ontwaak het uit haar eie "bly wees" speletjie. In die grootmenswereld is dinge baie anders as toe sy 'n onskuldige dogtertjie was. Die verlamde seun Jamie het in haar hart gekruip. 'n Geliefde sterf wat 'n groot impak op haar lewe het. Daar is ook verskeie raaisels wat opgelos moet word voordat die legkaart van haar lewe inmekaar kan pas. Sy is egter nie seker of sy met die regte man gaan trou nie!

LanguageAfrikaans
PublisherRiana Pope
Release dateMay 7, 2012
ISBN9781476086811
Pollyanna Word Groot

Read more from Riana Pope

Related to Pollyanna Word Groot

Related ebooks

Related articles

Reviews for Pollyanna Word Groot

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Pollyanna Word Groot - Riana Pope

    DELLA PRAAT UIT HAAR HART

    Della Wetherby het by die trappe van haar suster se landgoed in Statebondlaan opgetrippel en het met ’n energieke vinger op die elektriese klokkie gedruk. Vanaf die punt van haar breërand hoed tot by haar lae hakskoene het sy gestraal van goeie gesondheid, bevoegdheid en wakker besluitneming. Selfs haar stem het vibreer met haar vreugde vir die lewe, toe sy die bediende wat die deur oopgemaak het, gegroet het.

    Goeie môre Mary. Is my suster tuis?

    J-ja, madam, Mev Carew is tuis, het die meisie gehuiwer, maar – sy het gevra om niemand te spreek nie.

    Het sy? Wel, ek is niemand, het Juffrou Wetherby geglimlag, sy sal my sien. Moet nie bekommer nie – ek sal die blaam op my neem, sy het haar kop geskud in antwoord op die bevreesde meisie se oë. Waar is sy – in haar sitkamer?

    J-ja, madam; maar – dit is, sy het gesê – Juffrou Wetherby, egter, was reeds halfpad op by die breë trappe; en met ’n vriendelike blik na agter, het die bediende omgedraai.

    Della Wetherby het sonder aarseling na die half oop deur in die portaal gestap en geklop.

    Ag Mary, het ’n wat nou stem geantwoord. Het ek nie – O, Della! Die stem het skielik gegroei met warm liefde en verbasing. Jou liewe kind, waar kom jy vandaan?

    Ja, dit is Della, het die jong vrou ewe nonchalant geglimlag. Ek kom van ’n Sondag-kuiertjie op die strand met twee ander verpleegsters en ek is nou oppad terug na die Sanatorium. Maar nou is ek hier, dit sal nie lank kan wees nie. Ek het gou ingeloer vir – dit, en het die eienaar van die wat nou stem ’n hartlike soen gegee.

    Mev Carew het gefrons en teleurgesteld ’n bietjie teruggesak in haar stoel. Die ligte aanraking van vrolikheid op haar gesig het verdwyn en haar met ’n moedelose uitdrukking gelaat.

    O, natuurlik! Ek moes geweet het, het sy gesê. Jy bly nooit hier nie.

    Hier! Della Wetherby het hartlik gelag en haar hande in die lug gegooi; toe skielik, het haar stem en houding verander. Sy het haar suster met ernstige, liefdevolle oë aangekyk. Ruth lief, ek kan nie – ek kan nie in hierdie huis bly nie. Jy weet ek kan nie, het sy sag geantwoord.

    Mev Carew was geïrriteerd.

    Ek kan nie verstaan waarom nie, het sy vieserig gesê.

    Della Wetherby het haar kop geskuld.

    Ja, jy verstaan, lief. Jy weet ek het geen simpatie oorgehou nie: die somberheid, die gebrek aan doel, die gedurige drang na ellende en bitterheid.

    Maar ek voel ellendig en bitter.

    Jy behoort nie so te voel nie.

    Waarom nie? Wat het ek om my anders te laat voel?

    Della Wetherby het ‘n ongeduldige gebaar gemaak.

    Ruth, kyk hier, het sy uitdagend gesê. Jy is drie-en-dertig jaar oud. Jy is gesond – of sou wees, as jy behoorlik na jouself sou omsien, en jy het verseker baie tyd en meer as genoeg geld. Sekerlik kan enigiemand sien dat jy iets kan vind om te doen op hierdie pragtige oggend, behalwe om brommend hier te sit in hierdie grafstil huis en opdrag aan die bediende te gee dat jy niemand wil sien nie.

    Maar ek wil niemand sien nie.

    Dan sal ek maar moet gaan.

    Mev Carew het moeg gesug en haar kop weggedraai.

    O, Della, waarom wil jou nooit verstaan nie? Ek is nie soos jy nie. Ek kan nie – vergeet nie.

    ’n Uitrukking van pyn het op die jong vrou se gesig verskyn.

    Jy bedoel – Jamie, ek veronderstel. Ek vergeet nie dit nie lief. Natuurlik nie. Maar om te murmureer sal nie help dat ons hom vind nie.

    Asof ek nie probeer het om hom te vind nie, vir agt lange jare – en nie deur murmurering nie, het Mev Carew verontwaardig met ’n snik in haar stem geantwoord.

    Natuurlik het jy lief, het die ander vinnig getroos; en ons sal aanhou soek, beide van ons, totdat ons hom vind – of doodgaan. Maar hierdie tipe optrede help niks.

    Maar ek wil niks anders doen nie, het Ruth Carew treurig geantwoord.

    Vir ’n oomblik was daar stilte. Die jonger vrou het haar suster met ontstellende oë aangekyk.

    Ruth, het sy later met ’n tikkie wanhoop gevra, Vergewe my, gaan jy vir altyd so bly? Jy is ’n weduwee, ek stem saam; maar jy was net vir een jaar getroud, en jou man was baie ouer as jy. Jy was toe baie jonk en daardie een kort jaar kan nie meer as net ’n droom vir jou wees nie. Verseker moet dit jou nie bitter laat vir die res van jou lewe nie!

    Nee, O, nee, het Mev Carew met ‘n hartseer trek op haar gesig gesê.

    Gaan jy dan vir altyd so wees?

    Wel, natuurlik, as ek Jamie kon vind, -

    Ja, ja, ek weet; maar Ruth, liefie, is daar niks anders in die wêreld as Jamie nie – om jou gelukkig te maak nie?

    Daar blyk nie te wees nie, wat ek aan kan dink nie, het Mev Carew onverskillig geantwoord.

    Ruth! het haar suster kwaad uitgeroep. Sy het skielik begin lag. O, Ruth, Ruth, ek sal daarvan hou om vir jou ‘n dosis van Pollyanna te gee. Ek ken niemand anders wat dit so nodig het nie!

    Mev Carew het haar verergd aangekyk.

    Wel, wat ookal Pollyanna is, weet ek nie, maar wat dit ookal is, ek wil dit nie hê nie, het sy skerp gereageer. Hierdie is nie jou geliefde Sanatorium nie en ek is ook nie jou pasiënt wat medisyne nodig het nie en vir wie jy kan rondbeveel nie, asseblief onthou dit.

    Della Wetherby se oë het bly dans maar op haar lippe was geen glimlag nie.

    Pollyanna is nie medikasie nie my lief, het sy vertroostend gesê, - alhoewel ek gehoor het dat mense haar ’n tonikum genoem het. Pollyanna is ’n klein dogtertjie.

    ’n Kind? Wel, hoe moet ek dit weet? het sy effe aggressief teruggeantwoord. Jy het jou ‘belladonna,’ so waarom dan ook nie ’n ‘pollyanna’ nie. In elk geval jy skryf altyd iets vir my voor om te neem en jy het duidelik dosis gesê – en dosis beteken in die algemeen dat dit medisyne van een of ander soort is.

    Wel, Pollyanna is medisyne – soort van, het Della geglimlag. In elk geval, die dokters by die Sanatorium het verklaar dat sy beter is as enige medikasie wat hulle kan voorskryf. Sy is ’n klein dogtertjie Ruth, twaalf of dertien jaar oud, wat die hele somer en winter by die Sanatorium deurgebring het. Ek het haar net vir ’n maand of twee leer ken want sy het huistoe gegaan net voor ek teruggekom het. Maar dit was lank genoeg vir my om totaal en al onder haar spel te gekom het. Buitendien, die hele Sanatorium gons nog oor Pollyanna en haar speletjie.

    Speletjie?

    Ja, het Della haar kop geknik met ’n eienaardige glimlag. "Haar ‘bly wees’ speletjie. Ek sal nooit my eerste kennismaking daarvan vergeet nie. Met een geleentheid was haar behandeling ongemaklik en ook pynlik. Dit het elke Dinsdagoggend plaasgevind en gou na my aankoms was dit van my verwag om dit toe te pas. Ek het nie daarna uitgesien nie, want ek het geweet, uit ondervinding met ander kinders, wat op haar wag; ongelukkigheid en trane. Tot my groot verbasing het sy my met ’n glimlag begroet en gesê dat sy bly was om my te sien; en as jy dit kan glo, daar was nooit so iets soos ’n kermpie uit haar mond gedurende die hele episode nie, al was ek bewus daarvan dat ek haar baie seer moes gemaak het.

    Ek glo dat ek iets moes gesê het wat my verbasing getoon het want sy het ernstig verduidelik: ‘O, ja, ek het altyd voorheen so gevoel, en ek was bang daarvoor, totdat ek begin dink het dat dit net soos Nancy se wasdae was, en ek kan die blyste wees op Dinsdae want dit is ’n volle week voordat daar weer een sou wees.’

    Aarde, hoe ongewoon! het Mev Carew verklaar. Maar ek sien geen speletjie daarin opgesluit nie.

    "Nee, ek het ook nie, tot heelwat later. Sy het my toe vertel. Dit het geblyk dat sy ’n dogter was van ’n dominee, haar moeder is oorlede, en sy was opgevoed deur die dames van die Hulpfonds en sendeling hulpbale. Toe sy ’n klein dogtertjie was wou sy graag ’n pop gehad het en het dit angstig in die volgende bale verwag; maar al wat sy kon vind was ’n paar krukke.

    Die kind het natuurlik gehuil en dit was toe dat haar vader haar die speletjie geleer het om te soek na iets om oor bly te wees, in alles wat gebeur; en hy het gesê dat sy dadelik kon begin deur bly te wees dat sy nie die krukke nodig gehad het nie. Dit was die begin. Pollyanna het gesê dat dit ’n lekker speletjie was en dat sy dit van daardie dag gespeel het; en hoe moeiliker dit was om die ‘bly wees’ gedeelte te vind, hoe lekkerder was dit, behalwe as dit te verskriklik moeilik was, soos sy dit soms gevind het.

    Werklik, hoe ongewoon! het Mev Carew geprewel, nog steeds onbegrypend.

    Jy sal so dink, as jy die resultate in die Sanatorium kon ondervind, het Della geantwoord. "Dr Ames het gesê dat sy die hele dorpie waar sy vandaan kom op dieselfde wyse beïnvloed het. Hy ken Dr Chilton baie goed – die man wat met Pollyanna se tante getroud is. En tussen hakkies, ek glo dat daardie huwelik een van haar werke is. Sy het ’n ou getwis tussen twee verliefdes opgeklaar.

    "Jy sien, twee jaar of meer gelede, het Pollyanna se vader gesterf en die klein dogtertjie is na haar tante in die ooste gestuur. In Oktober was sy deur ’n motor getref en daar was aan haar verduidelik dat sy nooit weer sou loop nie. In April het Dr Chilton haar na die Sanatorium verwys en sy was daar tot verlede Maart, byna ’n jaar. Sy het huistoe gegaan amper gesond. Jy moes die kind gesien het. Daar was net een ding wat haar geluk ’n bietjie onderdruk het, dit was dat sy nie die hele pad huistoe kon loop nie. Sover ek kon uitvind het die hele dorp se mense haar ingewag met blaasorkeste en vlae.

    Maar jy kan nie van Pollyanna vertel nie. Jy moet haar ontmoet. En dit is hoekom ek sê dat jy ’n dosis van Pollyanna nodig het. Dit sal jou die wêreld se goed doen.

    Mev Carew het haar ken effe gelig.

    Regtig, ek moet sê dat ek van jou verskil, het sy koud geantwoord. Ek wil nie beïnvloed word nie, en ek het ook geen liefdes geskil wat opgelos moet word nie; en as daar nou een ding is wat vir my onaanvaarbaar is, is dit ’n klein Juffrou Outyds met ’n lang gesig wat vir my wil preek hoeveel ek het om dankbaar oor te wees. Ek sal dit nooit aanvaar as – maar ’n helder lag het haar onderbreek.

    O, Ruth, Ruth, het haar suster gestik van die lag. Juffrou Outyds, inderdaad,- Pollyanna! O, as jy net daardie kind nou kon sien. Maar nou-ja, ek moes geweet het. Ek het gesê dat niemand van Pollyanna kan vertel nie. En natuurlik sal dit jou nie pas om haar te sien nie. Maar – Juffrou Outyds, inderdaad! Weereens het sy uitgebars van die lag. Skielik het sy stil geword en haar suster aangekyk moet sombere oë.

    Op ’n ernstige noot lief, kan niks gedoen word nie? het sy gepleit. Jy moet nie jou lewe so weggooi nie. Hoekom probeer jy nie om meer uit te gaan nie – en ontmoet mense nie?

    Waarom moet ek as ek nie wil nie? Ek is moeg vir mense. Jy weet mense het my nog altyd verveel.

    Waarom probeer jy dan nie om ’n werkie te doen nie – liefdadigheidswerk?

    Mev Carew het ’n ongeduldige wuif gegee.

    Della my sussie, ons het dit al voorheen bespreek. Ek gee geld – baie, en dit is genoeg. Eintlik is ek nie seker nie maar ek dink ek gee te veel. Ek glo nie daaraan om mense te bederf nie.

    Maar as jy ’n bietjie van jouself gee, het Della sagkens gewaag. As jy net geïnteresseerd wil word in iets buite jou eie lewe, sal dit so baie help; en -

    Wag Della lief, het die ouer suster haar in die rede geval, ek is baie lief vir jou en ek hou baie daarvan dat jy hierheen kom; maar ek kan die gepreek nie aanvaar nie. Dit is goed dat jy jouself verander het in ’n engel van genade, gee koppies vol koue water en sit verbande om beseerde hoofde, en al daardie dinge. Miskien kan jy Jamie op daardie manier vergeet; maar ek kan nie. Dit sal net maak dat ek meer aan hom dink, wonder of hy iemand het om vir hom water te gee en sy hoof te verbind. In elk geval, die hele besigheid sal onsmaaklik vir my wees – om met sulke soort mense te meng.

    Het jy dit al probeer?

    Nee, natuurlik nie. Mev Carew se stem was minagtend en verontwaardig.

    Dan, hoe sal jy weet – voordat jy dit probeer het? het die jong verpleegster gevra en moeg opgestaan. Maar ek moet gaan lief. Ek moet die meisies by die stasie ontmoet. Ons trein vertrek twaalf-dertig. Ek is jammer dat ek jou kwaad gemaak het. Sy het haar suster gesoen en gegroet.

    Ek is nie kwaad vir jou nie Della, het Mev Carew gesug; maar as jy maar net wou verstaan!

    ’n Minuut later het Della Wetherby deur die stil, sombere huis uitgestap. Haar hele voorkoms was anders as toe sy ’n halfuur vroeër daar ingestap het. Al die wakkerheid, die huppel en lief wees vir die lewe was weg. Sy het lusteloos verder gestap. Sy het haar kop teruggegooi en baie diep asem gehaal.

    Een week in daardie huis sal my doodmaak, het sy gesidder. Ek glo selfs nie Pollyanna kan ’n duikie maak in die mismoedigheid nie. En die enigste ding waaroor sy sou bly wees sou wees dat sy nie daar hoef te woon nie.

    Hierdie geswore ongeloof in Pollyanna se vermoë om nie ’n verandering in Mev Carew se huis te laat plaasvind nie, was nie Della Wetherby se opregte opinie nie, en was gou so bewys. Nie lank daarna het die verpleegster die Sanatorium bereik. Daar het sy iets uitgevind wat haar die vyftig myl reis laat terugkeer het na Boston.

    Die omstandighede by haar suster se huis was presies dieselfde as voorheen, asof Mev Carew nooit die vertrek verlaat het nie.

    Ruth, het sy opgewonde ingebars nadat haar suster haar verbaas gegroet het, ek moes net kom, en jy moet, net hierdie eenkeer, na my luister en my toelaat om jou te oorreed. Luister! Jy kan daardie klein Pollyanna hier by jou inneem, ek dink, as jy wil.

    Maar ek sal nie, het Mev Carew haar dadelik kil geantwoord.

    Della Wetherby het haar nie gehoor nie en opgewonde voortgegaan.

    Toe ek gister teruggekeer het, het ek Dr Ames gevind met ’n brief van Dr Chilton, die een wat met Pollyanna se tante getroud is. Wel, dit blyk dat hy geskryf het dat hy hierdie winter Duitsland toe moet gaan vir ’n spesiale kursus en dat hy sy vrou wil saamneem, as hy sy vrou kon oorreed dat Pollyanna goed versorg sou word in ’n kosskool hier. Maar Dr Chilton wou nie Pollyanna in sommer enige skool agterlaat nie en was ook bang dat sy nie sou gaan nie. En nou Ruth, dit is ons kans. Ek vra dat jy Pollyanna inneem hierdie winter en hier laat skoolgaan.

    Wat ’n absurde idee Della! Asof ek ’n kind, wat my gaan pla, om my wil hê!

    Sy sal geensins pla nie. Sy moet ongeveer dertien wees en sy is tot enigiets in staat.

    Ek hou nie van kinders wat tot alles in staat is nie, het Mev Carew onregverdig teruggeantwoord – maar sy het gelag; en omdat sy gelag het, het haar suster die moed bymekaar geskraap om haar oortuiging te versterk.

    Moontlik was dit die skielike beroep of die nuwigheid daaraan. Moontlik het die storie van Pollyanna tog Ruth Carew se hart aangeraak. Moontlik was dit haar onwilligheid om haar suster se pleidooi teë te staan. Wat ookal haar van plan laat verander het, Della Wetherby is ’n halfuur later daar weg met ’n belofte van Ruth Carew om Pollyanna in haar huis te ontvang.

    Maar onthou net, het Mev Carew haar met ’n waarskuwing gelaat, onthou net as daardie kind vir my gaan preek en vertel hoe ek my seëninge moet tel, sal sy teruggaan, en kan jy met haar maak net wat jy wil. Ek sal haar nie verder verdra nie!

    Ek sal onthou – maar ek sal my nie bekommer nie, het die jonger vrou gegroet. Aan haarself het sy gefluister toe sy wegstap: Helfte van my werk is nou gedoen. Nou vir die ander helfte – om Pollyanna te kry om te kom. Maar sy moet net kom. Ek sal self daardie brief skryf en hulle sal haar maar net moet laat kom!

    HOOFSTUK II

    OU VRIENDE

    Daardie Augustusdag, in Beldingsville, het Mev Chilton gewag totdat Pollyanna bedtoe gegaan het voordat sy met haar man gepraat het oor die brief wat daardie oggend in die pos gekom het. Sy moes in elk geval vir hom gewag het as gevolg van die oorvol spreekkamer en die dokter se lang pad huistoe, wat min tyd toegelaat het vir familie konferensies.

    Dit was byna halftien toe die dokter sy vrou gegroet het in die sitkamer. Sy moeë gesig het opgehelder toe hy haar gesien het maar sy oë was vol vrae.

    Wat Polly-lief, wat is dit? het hy bekommerd gevra.

    Sy vrou het met deernis gelag.

    Wel, dit is ’n brief – maar ek het nie bedoel dat jy só moet uitvind deur net na my te kyk nie.

    Dan moet jy nie so na my kyk nie, het hy geglimlag. Maar wat is fout?

    Mev Chilton het gehuiwer, haar lippe saamgepers en die brief opgetel.

    Ek sal dit vir jou lees, het sy gesê. Dit is van Juffrou Della Wetherby by Dr Ames se Sanatorium.

    Goed. Lees voort, het die man gevra en homself gemaklik op die sofa langs haar gemaak.

    Maar sy vrou het nie voort gelees nie. Sy het opgestaan en het haar man met ’n grys gehekelde kombers toegemaak. Mev Chilton was nou ’n jaar getroud. Sy was een-en-veertig jaar oud. Dit het voorgekom asof sy in daardie een kort jaar probeer het om al die liefdevolle gevoelens wat sy in twintig jaar van eensaamheid toegesluit het, nou wou opmaak. Die dokter, wie vyf-en-veertig was op sy troudag, wie net eensaamheid en liefdeloosheid geken het, het nie hierdie aandag geweier nie. Hy het opgetree asof hy dit alles baie geniet – maar was versigtig om dit nie te oordoen nie; want hy het ontdek dat Mev Polly so lank Juffrou Polly was dat sy geneig was om in paniek te onttrek en sy het haar optredes as dom bestempel wanneer hy te gretig te veel notisie geneem het. Hy het gelukkig gevoel om haar sagte hande te voel wat die kombers reggetrek het en sy het gaan sit om die brief vir hom te lees.

    Geagte Mev Chilton, het Della Wetherby geskryf. "Ses keer het ek probeer om ’n brief vir u te skryf maar elkeen weer opgeskeur; so nou het ek nie probeer nie, maar gaan u net vertel wat ek graag wil sê. Ek wil Pollyanna hê. Mag ek haar kry?

    Ek het u en u man verlede Maart ontmoet toe u Pollyanna huistoe geneem het, maar ek veronderstel dat u my nie sal onthou nie. Ek het gevra dat Dr Ames (wie my wel goed ken) aan u man skryf sodat u (ek hoop) nie sal vrees om u susterskind aan my toe te vertrou nie.

    "Ek verstaan dat u saam met u man Duitslandtoe gaan en dat Pollyanna sal agterbly; ek vra dat u sal toelaat dat ons haar mag inneem. In werklikheid pleit ek by u liewe Mev Chilton. Nou sal ek u vertel waarom.

    "My suster, Mev Carew, is ’n eensame, gebroke hart, ontevrede en ongelukkige vrou. Sy lewe in ’n wêreld vol droefheid waar geen sonlig skyn nie. Ek glo dat as enigiets wel sonskyn weer in haar lewe kan bring, dit u susterskind is, Pollyanna. Sal u toelaat dat sy dit probeer? Ek wens ek kon u vertel wat sy vir die Sanatorium beteken het, maar niemand kan vertel nie. Jy moet dit self sien. Ek het lank reeds uitgevind dat ’n mens nie van Pollyanna kan vertel nie. Die oomblik as jy dit probeer, klink sy eiewys en prekerig, en – onmoontlik. Maar u en ek weet, dat sy dit nie is nie. ’n Mens moet Pollyanna op die toneel laat verskyn en toelaat om self te praat. Dus, ek wil haar graag na my suster neem – en toelaat om self te praat. Sy sal natuurlik skoolgaan hier, maar intussen glo ek werklik dat sy die wond in my suster se hart kan genees.

    "Ek weet nie hoe om hierdie brief te eindig nie. Ek dink dit is moeiliker as wat dit was om te begin. Ek is bang om dit te eindig. Ek wil net aanhou praat en pleit uit vrees dat sou ek ophou dit u die kans sal gee om nee te sê. Dus, sou u in versoeking wees om daardie woord te sê, sal u asseblief oorweeg dat – wel dat

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1