Huisgenoot

OPSTAAN NÁ DIE SEER

DAAR’S geen ander manier om dit te sê nie: Sy smeul voor die kamera.

Haar bruin oë skitter, haar goudbruin lokke val in golwe oor haar skouers, en sy is die ene selfvertroue in haar rooi satynbloes, stywe swart broek en stiletto’s.

So goed lyk Amor Vittone (51) dat dit moeilik is om te glo sy is die afgelope tyd deur diep waters.

Maar sy is. Stormwaters, eintlik.

En dis nou eers dat sy weer ’n stiller hawe kon bereik; nou eers dat die golwe om haar weer begin bedaar.

Haar moeilike hoofstuk het begin toe sy sowat ’n jaar gelede die een slapelose nag ná die ander gehad het.

“Stres en trauma het my geteister,” vertel die sangeres en aktrise vandag. “Ek het nagte in my bed gelê en my brein wou nie afskakel nie. Gedagtes van twyfel en stemme in my kop het leuens vertel wat sê ek is nie goed genoeg nie.”

Sy het slaappille gebruik, erken sy – en teen hierdie tyd verlede jaar was sy afhanklik daarvan.

Sy het weens haar malende, angstige gedagtes en middelmisbruik ’n ineenstorting beleef en in die waakeenheid van ’n hospitaal beland, vertel sy, en moes ’n psigiater sien om haar onderliggende seer

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Filantroop
beteken liefde en “anthropos” beteken mens of mensdom. In die oorspronklike Grieks beteken dit “liefde vir die mensdom”. ’n Filantroop is ’n weldoener wat sy tyd en geld gebruik om ander mense te help. In die middel van Indië se maand lange verkiesin
Huisgenoot5 min read
Spele-droom Vir Die Slim, Vinnige Outjie Van Ceres
AS KIND het hy in die stofstrate van Ceres saam met sy maatjies raakrugby gespeel – ’n regte klein blits met ’n Cokeplastiekbottel vol sand as die bal. Toe al het almal geweet: Dié mannetjie is vinnig, hoor. Maar nooit sou hy kon droom dat hy eendag
Huisgenoot8 min read
’n Sussie Ná Al Die Wag En Seer
HUL storie is een van báie wag. Van járe se gewag. En van teleurstelling keer op keer. Só graag wou hulle kinders van hul eie hê dat hulle nie net een of twee of drie keer in vitrovrugbaarheidsbehandeling ingespan het nie, maar ’n volle 17 keer. Sewe

Related