Huisgenoot

’N NUWE BLOMTYD

TEENSPOED en pyn hoef nie die laaste woorde in ’n mens se storie te wees nie. Daar kan altyd nog ’n hoofstuk volg – jou storie ánderkant die seer.

En net omdat ander mense dink hulle ken jou verhaal, beteken dit nie hulle weet wat in die boek van jou binneste geskryf is nie.

Vra maar vir Karlien van Jaarsveld.

Daar was al talle kere dat sy in sak en as sou kon gaan sit het, maar vandag straal haar sagte bruin oë rus en vrede.

“As ek nou terugkyk na my loopbaan en lewe, sien ek groei,” sê sy.

“Ek sal dit beskryf as ’n blom wat in ’n dor plek groei, amper soos daai resurrection plant wat lyk of dit geen kans op oorlewing het nie. Dit sal vir ’n dekade vir reën wag. En wanneer die reën kom – al is dit hoe min – is dit al wat hy nodig het om weer te groei en te blom.”

Die woestyntye in Karlien se lewe is welbekend. ’n Miskraam, ’n onstuimige eerste huwelik wat ongelukkig geëindig het. Dinge wat baie mense sou kon breek.

Maar wat sy vandag beleef, vertel Karlien, is vreugde, dankbaarheid, onvoorwaardelike

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Filantroop
beteken liefde en “anthropos” beteken mens of mensdom. In die oorspronklike Grieks beteken dit “liefde vir die mensdom”. ’n Filantroop is ’n weldoener wat sy tyd en geld gebruik om ander mense te help. In die middel van Indië se maand lange verkiesin
Huisgenoot5 min read
Spele-droom Vir Die Slim, Vinnige Outjie Van Ceres
AS KIND het hy in die stofstrate van Ceres saam met sy maatjies raakrugby gespeel – ’n regte klein blits met ’n Cokeplastiekbottel vol sand as die bal. Toe al het almal geweet: Dié mannetjie is vinnig, hoor. Maar nooit sou hy kon droom dat hy eendag
Huisgenoot8 min read
’n Sussie Ná Al Die Wag En Seer
HUL storie is een van báie wag. Van járe se gewag. En van teleurstelling keer op keer. Só graag wou hulle kinders van hul eie hê dat hulle nie net een of twee of drie keer in vitrovrugbaarheidsbehandeling ingespan het nie, maar ’n volle 17 keer. Sewe

Related