Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Ek sal weer ‘n loflied sing
Ek sal weer ‘n loflied sing
Ek sal weer ‘n loflied sing
Ebook222 pages2 hours

Ek sal weer ‘n loflied sing

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Ek sal weer ʼn loflied sing is Karen Swanepoel se aangrypende lewensverhaal van ondenkbare verlies, pyn en hartseer, maar óók ʼn verhaal van oorvloedige genade en seën, ʼn hoopvolle verwagting, en ʼn reënboog na die storm. Sy neem jou op haar reis van gebrokenheid, na genesing en aanvaarding, en deel die gereedskap wat haar bemoedig en versterk het om die pynpad end-uit te kon stap. Dwarsdeur die storm was God haar bron van krag, haar anker en haar rots.
"Ek wil getuig van die hoop wat in my leef. Ek wil, deur my lewensverhaal te vertel, ʼn inspirasie wees vir ander wat hul eie, unieke pynpad stap, sodat hul kan wéét en kan gló dat jy weer ʼn loflied kán sing.”Ek sal weer 'n loflied sing word beskryf as "aangrypend", "besonders", "inspirerend", "sielsverrykend”, “insiggewend”, “prakties”, “opreg en uit die hart geskryf”, “elke word met eenvoud, dog soveel diepte”, “’n pragboek wat soveel betekenis dra”, en “absoluut ‘n móét om te koop en te lees.”
LanguageAfrikaans
Release dateSep 29, 2020
ISBN9780620971720
Ek sal weer ‘n loflied sing

Related to Ek sal weer ‘n loflied sing

Related ebooks

Related articles

Reviews for Ek sal weer ‘n loflied sing

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Ek sal weer ‘n loflied sing - Karen Swanepoel

    1.png

    Ek sal weer ’n

    loflied sing

    My pad van verlies tot dubbele vreugde

    Karen Swanepoel

    Opgedra aan my ma, Elsa

    Kopiereg: Karen Swanepoel

    www.loflied.co.za

    E-mail: karen@loflied.co.za

    Sewende druk 2021

    Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder die skriftelike verlof van die uitgewer gereproduseer of in enige vorm of langs enige elektroniese of meganiese weg uitgegee word nie, hetsy deur skryf-, fotokopiëring, plaat- of bandopname, mikroverfilming of enige ander stelsel van inligtingsbewaring.

    Proeflees en redigering: Adri Theron

    Ontwerp en uitleg: Annekie Heyns

    Blitsdruk George

    Tel: (044 )874 5014

    E-mail: info@blitsdruk.co.za

    ISBN: 978-1-7762408-3-8

    EISBN: 978-0-620-97172-0

    Contents

    Resensies van lesers

    Resensies van skrywers

    Voorwoord

    Bedankings

    Deel 1

    Die einde en die begin

    Kinderjare

    ’n Lewensmaat

    Ongeluk en hospitaal

    Roudiens

    ’n Toekoms

    Huis oppak

    ’n Nuwe identiteit

    Herinneringe

    ’n Tweede kans

    Nog ’n swaar afskeid

    ’n Dubbele seën

    Deel 2

    My reis van gebrokenheid na heelwording

    Hoe het ek staande gebly?

    Hoe het ek sin en betekenis te midde van my pyn gekry?

    Hoekom bring die Here pyn en beproewing oor ons pad?

    Deel 3

    Die rouproses

    Verlies en die rouproses

    My persoonlike belewenis van die rouproses

    Hoe om die rouproses van iemand wat ’n kind aan die dood afgestaan het, beter te verstaan

    Hoe om iemand wat ’n geliefde aan die dood afgestaan het, by te staan

    Wat jy nooit vir iemand wat ’n kind aan die dood afgestaan het, moet sê nie

    Deel 4

    Gereedskap om jou toe te rus om die pynpad te stap

    Ondersteuningsgroepe vir iemand wat ‘n geliefde aan die dood afgestaan het

    Ondersteuningsgroepe vir iemand wat ‘n kind aan die dood afgestaan het

    Facebook-ondersteuningsgroepe vir iemand wat ‘n kind aan die dood afgestaan het

    Webwerwe/ Blogs vir ouers wat ‘n kind aan die dood afgestaan het

    Facebook -ondersteuningsgroepe wat jou deur die rouproses begelei

    Facebook- groepe vir hoop, inspirasie en geestelike bemoediging

    Boeke oor die dood van ‘n kind

    Boeke oor die hemel

    Boeke wat troos

    Boeke oor swaarkry en beproewing

    Boeke oor hoop

    Aanhaling om goeie herinneringe aan jou geliefde te herdenk

    Gebed vir ‘n ma wat ‘n kind aan die dood afgestaan het

    Gebede vir aanvaarding en vrede

    Bemoedigende gedigte

    Bybelverse om jou te ondersteun, te bemoedig en te versterk op jou pynpad

    Jesus is in elke boek van die Bybel

    God is . . .

    God se liefdesbrief aan jou

    Deel 5

    Die storie agter die skryf van my boek

    Hoe dit alles begin het en wat ek in die proses geleer het

    Resensies van lesers

    Janca Buys: "Ek was lanklaas so opgewonde soos toe ek gewag het vir jou boek om op my voorstoep te arriveer. Sondagaand toe die huis begin stil raak en almal al in droomland is, het ek vir my ’n koppie tee gemaak en op die naat van my rug met jou boek in my hand gaan lê.

    Ek het die boek oopgemaak en begin lees. Na die eerste paar bladsye was ek hooked! Tussen die bladsye van jou boek het ek ’n stukkie van Jesus ervaar. Die ure het verbygegaan en ek kon eenvoudig nie ophou lees nie. Voor ek my kom kry, was ek op die heel laaste bladsy van die boek. Jou storie lees so maklik en dit is geskryf in ’n ‘taal’ wat almal kan verstaan.

    Ek het sopas die laaste sin van jou boek gelees en sit hom nou op my bedkassie neer... Ek is speechless! Ek is letterlik gestroop van woorde, maar ek loop oor van emosies; trane vloei soos strome van seën oor my wange en my HELE lyf is bedek met ’n hoendervleiskombers! Wow! Wow! Wow!

    Elke liewe selletjie in my lyf het jou seer en jou vreugde gevoel en ervaar asof dit met mý gebeur het. Jou storie het my siel geraak en met my gees gepraat. 

    Dwarsdeur jou verhaal is die goue draad wat die begin en einde met mekaar verbind: God is getrou en Hy beloon ons faithfulness. Die boodskap van God se genade en die purpose van pain is net so duidelik te bespeur. Saam met dit ook die belofte dat alle slegte dinge tot ’n einde kom en God alles ten goede laat meewerk vir dié wat in Hom glo. As Christene weet ons al hierdie dinge, maar ons vergeet dit tog ook so gou wanneer die tsunami’s van die lewe dreig om van ons lewensbootjies wrakke te maak.

    Daarom glo ek ook dat jou boek nie in ’n beter jaar as 2020 uitgereik kon word nie. Waar almal gryp na grashalms en enige moontlike aardse ding . . . net om weer hoop te hê dat dinge weer beter sal gaan. Jy is ’n baken van hoop in ’n wêreld sonder hoop. En al is ’n virus en jou verlies totaal verwyderd van mekaar, bly die kernboodskap van jou getuienis steeds staan. Dit is letterlik van toepassing op enige beproewing (siekte, dood, egskeiding, ensovoorts) in enige mens (ongeag taal, nasionaliteit, ouderdom, velkleur, beroep, ensovoorts) se lewe. 

    Deur jou verhaal is dit só duidelik hoe God elke keer ingetree het en dat dit werklik waar is wat almal vir ons van kleins af vertel– God het jou lewenspad lankal beplan en Hy weet presies wat wanneer gaan gebeur. Hy is ook reeds daar. Na hierdie getuienis kan ek nie dink dat mense steeds kan sê daar is nie ’n God nie. Ek wens ek kon hierdie boek in die hande van elke liewe persoon wat nie in God glo nie, laat beland. Maar ek weet God sal sorg dat hierdie boek van jou by elke mens wie se hart Hy wil aanraak, uitkom. Ek spreek dit uit oor jou boek! 

    Jou getuienis laat werklik alle angstigheid oor ’n onbekende toekoms verdwyn en vul ’n mens se gees met opwinding oor die toekoms. Want as Hy dit vir jóú kan doen, kan Hy dit vir elke liewe een van ons ook doen!

    Dankie dat God jou losses kon gebruik sodat ek daardeur kon gain. Ek pak jou getuienis, jou lewenslesse, jou beloftes uit God se woord, elke bemoedigende slagspreuk en elke handige tip vanaand in my lewensmandjie. En ek sal dit van môre af elke dag as padkos op my lewensreis saam met my dra.

    Dankie vir die voorreg om jou boek te kon lees. Dit was ’n blessing."

    Nellie de Bruyn: Woorde kan nie beskryf hoe inspirerend jou lewensverhaal is nie, en jou liefde vir en vertroue in God. Jy het my lewe aangeraak – my hele uitkyk en denke oor die lewe; my selfvertroue en vertroue in God is 100% versterk na ek jou pragtige boek gelees het. Die motiverende stukkies in jou boek raak my so diep aan, ek sal hierdie stukkies oor en oor lees. Hierdie boek van jou is ’n móét en sal die mensdom diep aanraak. My lewe is diep aangeraak. Dankie en nogmaals dankie.

    Yolanda Steenkamp: "Hallo Karen, ek skryf vir jou want ek het iets GROOT om met jou te deel. In September het ek van jou en jou boek Ek sal weer ’n loflied sing gelees. Karen, ek lees glad nie boeke nie. Ek het op skool laas ’n boek gelees. Maar ek het net ’n groot behoefte gehad om jou boek te bestel, alhoewel ek nog nooit self ’n groot verlies beleef het nie. Op 2 Oktober 2020 het ek jou boek gekry en ek het dit nog dieselfde dag by die werk klaar gelees. Ek het nie Deel 4 gelees nie, want dit was van geen belang vir my nie. Ek het nog dieselfde dag vir my sussie vertel van jou en jou ongelooflike storie. My sussie is op 4 Desember 2020 vermoor. Karen, ek was nou net op die internet opsoek na iets. Ek weet nie wat nie. Miskien net iets om my te help, maar ek het nie geweet waar om te begin nie. Toe onthou ek jou boek. Karen, daar in Deel 4 is alles wat ek nou soek en nodig het. Ek sit hier met hoendervleis en trane van blydskap dat die Here so mooi vir ons sorg."

    Andrea van Schalkwyk: Ek wil vandag aan jou kom getuig hoe waardevol dit is dat jy jou storie met ander deel . . . Ek het jou boek gekoop – nie omdat ek self ’n geliefde verloor het nie, maar omdat ek graag jou storie van hoop wou lees – en ek nuuskierig was om te hoor hoe mens werklik deur so-iets werk, aangesien ek gedink het dit is onmoontlik. Soos jy weet, het ek seker drie weke terug jou boek oor ʼn naweek klaar gelees en was werklik aangeraak deur God se ongelooflike genade en liefde vir elkeen van ons . . . Min het ek besef watse pad vir my voorlê . . . ʼn Vriendin van my se agttienmaande-oue seuntjie is eergister oorlede en my hart is stukkend vir haar, maar as gevolg van jou boek het ek tog ʼn soort vrede in my hart dat daar vir haar hoop is! Karen, jou storie lei my en ek weet dit gaan, as die tyd reg is, vir haar ook vertroosting bring . . . Ek sou drie weke terug tien teen een dié verkeerdste goed op daardie stadium sê; ek sou glad nie geweet het hoe om haar te ondersteun nie en dalk gaan ek ook nie nou alles reg doen nie. Mens kan sekerlik in hierdie aaklige tyd self nie verstaan nie, maar ek weet ek kan haar beter ondersteun as gevolg van jou boek! Dankie, dankie en nogmaals dankie dat jy jou storie van hoop met die res van die wêreld deel!

    Sulei Eygelaar: Ek het jou boek by ʼn vriendin gekry. Jou boek en jou verhaal het my so diep geraak; ek wil net dankie sê dat jy jou verhaal gedeel het. Op 23 Oktober is my babaseuntjie, Miga, oorlede. Hy sou die 24ste drie maande oud gewees het. Ek weet dat God by my is en juis nóú in my seer die pad saam met my stap. Ek voel Sy teenwoordigheid aan en ek het ook nog nooit so naby aan Hom gevoel soos nou nie; hoe vreemd dit ook mag klink. Miga beteken ʼWie is soos God?ʼ En ek voel my seuntjie het ʼn profetiese boodskap met Sy lewe gegee. En God het deur hom gewerk om my lewe te verander. Ek leef nou met verwagting om uit te vind wat God se plan vir my lewe is en sodat ek dit kan uitleef. Maar ek is so dankbaar dat ek jou boek gekry en jou storie gelees het. Mag jy geseënd wees en dankie dat jy getrou en gehoorsaam is teenoor ons Vader, deur jou storie te vertel en aan Hom alle eer te gee. Romeine 8:18 (soos jy in jou boek gedeel het) gee my soveel hoop en ek hou vás daaraan.

    Hestelle Visser: Hi Karen. Ek het ‘advertensies’ oor jou boek gesien en net ’n gevoel gekry dat ek dié boek moes aanskaf en lees. Ek is dankbaar dat ’n goeie vriend moeite gedoen het om die boek vir my op te spoor en as geskenk te gee – en my gevoel was toe reg oor dié boek wat ek MOES lees! My boeta-kind is in 2009 in ’n ongeluk oorlede. Ek het in dié meer as elf jaar verskeie boeke gelees oor ouers wat kinders aan die dood afgestaan het. Maar nog geen boek het my ‘vasgevang’ soos jóúne nie. Jy het jou storie presies geskryf soos wat jy as ouer die dood beleef het. Terwyl ek jou storie gelees het, het ek telkemale vir myself gesê: ‘Sjoe, hierdie ma skryf presíés soos wat ek voel’. Dankie dat jy alles met ons gedeel het. Sterkte met jou pad vorentoe; ek is so dankbaar dat jy weer ’n loflied kan sing.

    René van den Berg: "Goeiemiddag Karen. Ek het die voorreg gehad om op YouTube na jou getuienis te luister. Kan ek iets met jou deel – en ek glo nie aan toeval nie. Ek glo die Here stuur mense oor jou pad. Ek het een dag op my bed gesit. Ek was so moeg vir die lewe. Ek was so droomloos. Ek het nie eens meer ambisie gehad nie. Regdeur my hele kinder- en skoollewe was verwerping my deel. Ek het van die ouderdom van agt jaar af tot op die ouderdom van 14½ jaar my lewe probeer neem. Dit het vir my gevoel asof dit nie saak gemaak het wat ek gedoen het nie, dit was net nooit goed genoeg nie. Na soveel mislukte diëte en pogings het ek net meer stukkend geword; ek het so gehoop en so baie gebid, maar ek het opgegee. Ek het net geleef om elke dag om te kry. Toe het iemand jou storie op Facebook gedeel. Daarop sien ek toe daardie een gedig. Ek het kommentaar daarop gelewer – toe kry ek jou boek en daarna jou getuienis. Ek glo dat die Here jou getuienis oor my pad gestuur het om weer vir my hoop te gee. Dankie; ek gaan ook weer ’n LOFLIED KAN SING; ek gáán; ek gló dit."

    Dr Nelia Drenth - Maatskaplike werker in privaatpraktyk: "In my praktyk as rouberader sien ek daagliks die verpletterde drome van bedroefde persone en die intense emosies wat hulle ervaar. Die braafheid wat Karen openbaar om haar mees pynlike ervaring met die buitewêreld te deel, het die vermoë om ander bedroefdes te laat besef wat die waarde daarvan is om hulle diepste innerlike pyn te deel. Maar dit is nie net die deel van hierdie intense oomblikke wat hulp verleen nie, maar ook die balans wat Karen bring om die leser op haar reis na heling en hoop te neem – ’n reis waar haar geliefdes nie in persoon teenwoordig is nie, maar wel teenwoordig is in herinneringe. Hierdie boek is nie net nog ’n selfhelpboek wat geskryf is deur iemand wat die traumatiese verlies

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1