SARIE

‘Ek is nie Zephany nie’

Om dit reg te kry moes Zephany Nurse hof toe gaan en vra dat die beskermingsbevel wat haar ware identiteit geheim hou, opgehef word – sodat sy die wêreld as Miché Solomon in die oë kan kyk. Sy is die baba wat op 28 April 1997 uit die Groote Schuur-hospitaal verdwyn het; nou, 22 jaar later, vertel sy haar verhaal aan skrywer Joanne Jowell in die boek Zephany. Twee ma’s. Een dogter. ’n Ongelooflike ware verhaal (Tafelberg, R260).

Een oor hoe die wêreld vyf jaar gelede binne 24 uur vir ’n 17-jarige matriekmeisie donker geword het toe die uitslag van ’n DNS-toets bewys het dat sy wel die Zephany Nurse-baba is. “Die enigste mammie wat jy ooit geken het, word gearresteer . . .”

Weg van haar grootmaak-familie, van Lavona en Michael Solomon, in ’n plek van bewaring, moes sy alleen probeer sin maak van verwarrende en ingrypende gebeure. Sy “was gewillig om hulle [die Nurses, haar biologiese ouers] net ’n kans te gee om te sien wie ek is. Hulle verdien dit.” Deur al die gebeure is Miché deur haar grootmaakfamilie en spesifiek haar daddy Michael ondersteun. Hulle was daar vir haar.

Om hierdie ontstellende verhaal in perspektief te stel, het Jowell met verskeie rolspelers gepraat, Miché, Michael, haar onderwyseres Sophie

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE8 min read
Net Cindy, Niks Fancy Nie
Hier is een rol wat Cindy Swanepoel-aanhangers nie sien kom het nie. Cindy as ’n idioom. Kry die prentjie: woordelose papierpop Cindy, met groot rooi kartonlippe en tande wat daaruit tuimel as dit oopgaan . . . ’n Mond vol tande. Die Wonderlike Wêrel
SARIE7 min read
‘My Ma Het Ons Nooit Weer Kom Haal’
Terry Steenhuisen onthou dit so goed asof dit gister gebeur het. Sy was nege jaar oud. Dit was Vrydag, ’n verpligte “uit-naweek” by die kosskool. Sy het met haar tassie by die venster gesit en uitgekyk vir haar ma. Die motors het gekom en gegaan, maa
SARIE1 min read
Koopgids
C Coricraft coricraft.co.zaCotton On 087 550 4383, cottonon.com/ZA D Daniel Hechter 021 460 2300, truworths.co.za E Eeme 082 890 3453, eeme.co.za F Famke 079 978 5058, famke.co.zaFoschini 0861 111 761, bash.com H H&M 0860 690 707, hm.com/za I It

Related