Terry Steenhuisen onthou dit so goed asof dit gister gebeur het.
Sy was nege jaar oud. Dit was Vrydag, ’n verpligte “uit-naweek” by die kosskool.
Sy het met haar tassie by die venster gesit en uitgekyk vir haar ma. Die motors het gekom en gegaan, maar daar was geen teken van haar ma nie. Die kinders het al minder en minder geraak, en naderhand het dit begin donker word. Later was dit net sy, haar kleinsus Tarryn en die toesigjuffrou wat daar gewag het . . .
Haar ma het nooit opgedaag nie.
“Einde ten laaste is ons twee saam met die juffrou na haar huis toe. Alle oproepe na ons ma was onbeantwoord. Sy het eenvoudig uit ons lewe padgegee.”
Die twee sussies is uiteindelik in die maatskaplike-welsyn-stelsel opgeneem en in die Ethelbert-kinderhuis in Durban geplaas.
As sy ooit ’n boek oor haar lewe skryf, sal dit met daardie toneeltjie in die wagkamer begin, sê sy. “Dit was ’n kardinale oomblik in my lewe wat bepaal het wie en wat ek eendag sou word. Dis