Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Pollyanna in Afrikaans
Pollyanna in Afrikaans
Pollyanna in Afrikaans
Ebook253 pages3 hours

Pollyanna in Afrikaans

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Pollyanna is nog nie 'n tiener nie maar sy het 'n wonderlike vader gehad wat haar goed voorberei het om die lewe vir haarself en haar medemens makliker te maak. Sy is 'n vrolike en opgewekte dogtertjie wat mense die "bly wees" speletjie leer. Haar tante by wie sy gedwonge moes gaan bly, is egter 'n stuurs en norse dame. Sy wil graag geluk en vertroosting in verskeie mense se lewe bring, maar nie almal is gereed of bereid om te verander nie. Dan gebeur die ongeluk!

LanguageAfrikaans
PublisherRiana Pope
Release dateMay 7, 2012
ISBN9781476094199
Pollyanna in Afrikaans

Read more from Riana Pope

Related to Pollyanna in Afrikaans

Related ebooks

Related articles

Reviews for Pollyanna in Afrikaans

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Pollyanna in Afrikaans - Riana Pope

    JUFFROU POLLY

    Juffrou Polly Harrington het vanoggend haastig na haar kombuis gegaan. Juffrou Polly was gewoonlik nie ʼn haastige mens nie; sy was nog altyd trots daarop dat sy ʼn rustige manier het. Maar vandag moet sy vinnig maak.

    Nancy wat besig was met die skottelgoed het verbaas na haar gekyk. Nancy werk nog net twee maande vir Juffrou Polly maar het haar alreeds leer ken en geweet dat haar werkgewer nie gewoonlik haastig is nie.

    Nancy!

    Ja madam? het Nancy vriendelik geantwoord maar nog steeds voortgegaan om af te droog.

    Nancy, Juffrou Polly se stem was ernstig, wanneer ek met jou praat, moet jy jou werk laat staan en luister wat ek vir jou sê.

    Nancy het gebloos. Sy het die koppie dadelik neergesit en met die vadoek nog in haar hande, het sy dit amper omgestoot. Sy het so lomp gevoel.

    Ja madam, ek sal, het sy gestotter, die koppie reggeskuif en haastig omgedraai. Ek wou net aangaan met my werk want u het spesifiek vir my gesê om gou klaar te maak.

    Haar werkgewer het gefrons.

    Dit sal doen Nancy. Ek het nie vir verduidelikings gevra nie. Ek het gevra dat jy moet aandag gee.

    Ja madam, het Nancy gesug. Sy het gewonder of sy ooit hierdie vrou kan gelukkig maak. Nancy het nog nooit tevore in ʼn kombuis gewerk nie; maar met haar sieklike moeder, wat skielik ʼn weduwee geword het met drie jong kinders en Nancy, was sy geforseerd om iets te doen om tot die finansies by te dra. Sy was so opgewonde om die werk te gekry het by die groot huis op die heuwel – Nancy is afkomstig van die Corners ses myl verder. Sy het Juffrou Polly Harrington geken as die eienaar van die ou Harrington landgoed, as een van die rykste inwoners van die dorp. Dit was twee maande gelede. Sy ken Juffrou Polly nou as ʼn streng, ernstige vrou wat frons as ʼn mes op die vloer val, of as ʼn deur toeklap – maar wie nooit daaraan dink om te glimlag nie, al val messe nie en klap deure nie toe nie.

    Wanneer jy klaar is met jou oggendwerk Nancy, het Juffrou Polly nou gesê, moet jy die klein kamertjie bo by die trappe skoonmaak en die bed skoon oortrek. Vee die kamer skoon, natuurlik, nadat jy die trommels en bokse uitgedra het.

    Ja madam, en waar moet ek die goed sit wat ek moet uitneem?

    Pak dit in die voorste solder. Juffrou Polly het gehuiwer, toe gaan sy weer voort, Ek veronderstel dat ek jou maar moet vertel Nancy. My susterskind, Juffrou Pollyanna Whittier gaan hier by my kom woon. Sy is elf jaar oud en gaan in daardie kamer slaap.

    ʼn Klein dogtertjie – kom hierheen Juffrou Harrington? Ag, sal dit nie lekker wees nie! het Nancy uitgeroep, terwyl sy gedink het aan haar eie klein sonskyn sussies in die huis by The Corners.

    Lekker? Wel dit is nou nie juis die woord wat ek sou gebruik nie, het Juffrou Polly styf geantwoord. In elk geval, ek beplan om die beste daarvan te maak natuurlik. Ek is ʼn goeie vrou, ek hoop; en ek ken my pligte.

    Nancy het bloedrooi gebloos.

    Natuurlik madam; dit was net dat ek gedink het dat ʼn klein dogtertjie hier - sal dinge opvrolik vir u, het sy struikelend gesê.

    Dankie, val die dame haar in die rede. Ek kan in elk geval nie die nodigheid daarvan insien nie.

    Maar natuurlik u, u wil haar hê, u suster se kind, het Nancy gewaag, en vaagweg gedink dat sy iets moet voorberei om die klein vreemdeling welkom te heet.

    Juffrou Polly het haar ken hoogmoedig gelig.

    Wel, regtig Nancy, net omdat ek ʼn suster het wat so dom was om te trou en kinders in die wêreld te bring, waar daar reeds te veel is, kan ek nie sien hoekom ek spesifiek na haar moet omsien nie. In elk geval, soos ek vroeër gesê het, ek hoop ek ken my plig. Maak seker dat jy in die hoeke ook skoonmaak Nancy, het sy skerp beveel toe sy die vertrek verlaat het.

    Ja madam, het Nancy gesug en die koppie opgetel.

    In haar kamer het Juffrou Polly weer die brief geneem wat sy twee dae gelede ontvang het van ʼn dorp geleë in die weste wat vir haar so ʼn onwelkome verrassing was. Die brief was geadresseer aan Juffrou Polly Harrington, Beldingsville, Vermont, en dit het soos volg gelees:

    "Geagte Mevrou: - Dit spyt my om u mee te deel dat Ds John Whittier twee weke gelede oorlede is en een kind agtergelaat het, ʼn dogter van elf jaar oud. Hy het feitlik niks agtergelaat nie behalwe ʼn paar boeke; want soos u sonder twyfel weet, was hy die pastoor van ʼn klein sendingstasie en het ʼn karige salaris ontvang.

    "Ek verstaan dat hy u oorlede suster se man was maar hy het my laat verstaan dat die families nie op goeie voet was nie. Hy het gedink, vir u suster se onthalwe, dat u sal begeer om die kind verder op te voed - haar eie mense in die ooste. Daarom skryf ek aan u.

    "Die klein dogtertjie sal gereed wees teen die tyd wat u hierdie brief ontvang; en indien u haar kan inneem, sal ons dit baie waardeer indien u sal bevestig dat sy mag kom, aangesien daar ʼn man en ʼn vrou hier is wat binnekort na die ooste gaan wat haar kan saamneem na Boston en op ʼn trein sit na Beldingsville. U sal vanselfsprekend in kennis gestel word van die dag en trein waarop u Pollyanna kan verwag.

    "Hoop om u gunstige oorweging spoediglik te ontvang,

    "Die uwe,

    Jeremiah O. White.

    Juffrou Polly het die brief weer opgevou met ʼn frons en teruggeplaas in die koevert. Sy het haar antwoord die vorige dag gepos en het bevestig dat sy die kind sal inneem, natuurlik. Sy het gehoop dat sy haar pligte sal ken – hoe onaangenaam die taak ookal mag wees.

    Sy het gaan sit met die brief in haar hande en haar gedagtes het teruggekeer na haar suster Jennie, wie hierdie kind se moeder was, en aan die tyd toe Jennie, ʼn meisie van twintig, aangedring het om met die jong dominee te trou ten spyte van haar familie se teenkanting. Daar was ʼn ryk jong man wat in haar belang gestel het en haar familie was meer ten gunste van hom as die dominee; maar nie Jennie nie. Die ryk man was ouer en het meer geld gehad terwyl die dominee ʼn kop vol drome en ʼn hart vol liefde gehad het. Jennie het dit verkies – natuurlik, moontlik; so, sy het met die dominee getrou en het na die suide saam met hom gegaan as die vrou van ʼn sendeling.

    Die skeiding het toe gekom. Juffrou Polly onthou dit nog goed, al was sy net ʼn meisie van vyftien, die jongste een. Die familie het min te doen gehad met die sendeling se vrou. Jennie het geskryf, vir ʼn tyd, en het haar laaste baba Pollyanna genoem, vernoem na haar twee susters, Polly en Anna, haar ander babas het almal gesterf. Dit was die laaste wat Jennie geskryf het; ʼn paar jaar later het die nuus van haar dood gekom, in kort, met ʼn hartverskeurende nota van die dominee homself, gedateer vanaf ʼn klein dorpie in die weste.

    Intussen het die tyd nie stilgestaan vir die mense in die groot huis op die heuwel nie. Juffrou Polly het gestaar na die vallei daar onder en gedink aan die veranderinge wat in daardie vyf-en-twintig jaar plaasgevind het.

    Sy is nou veertig jaar oud en nogal alleen in die wêreld. Vader, moeder, susters – almal oorlede. Vir jare nou was sy die enigste eienaar van die huis en duisende rande wat haar vader agter gelaat het. Daar was mense wat haar enkel bestaan openlik bejammer het en wat haar aangemoedig het om vriende of kennisse by haar in te neem; maar sy het niemand verwelkom nie, ook nie hul simpatie of raad nie. Sy was nie alleen nie, het sy gesê. Sy het daarvan gehou om alleen te bly, sy het van die stilte gehou. Maar nou –

    Juffrou Polly het opgestaan, steeds met die frons en saamgeperste lippe. Sy was egter bly dat sy ʼn goeie vrou is en dat sy nie net haar pligte besef het nie, maar dat sy ook ʼn sterk karakter het om dit te doen. Maar – POLLYANNA! – wat ʼn snaakse naam!

    HOOFSTUK II

    OU TOM EN NANCY

    In die klein solderkamertjie het Nancy gevee en geskrop en veral opgelet om by die hoeke skoon te maak. Daar was tye toe sy met oorgawe haar werk gedoen het en het dit as ʼn oplossing vir haar gevoelens gevind – Nancy, ten spyte van haar bange onderdanigheid aan haar werkgewer, was geen engel nie.

    Ek – wens – net – ek- kon - die - hoeke - van - haar - siel - skoonmaak! het sy rukkerig geprewel, terwyl sy elke woord met haar stoflap bevestig het. Daar is baie van hulle wat skoonmaakwerk nodig het, reg, reg! Die idee om daardie arme kind hier in die warm klein kamertjie te sit – met geen verwarming in die winter nie, en hierdie hele groot huis om van te kies en te keur! Onnodige kinders, werklik! Ga! het Nancy met haarself gepraat en haar stoflap so hard gedraai dat haar vingers begin pyn het. Ek raai dit is nie KINDERS wat die MEESTE onnodig is nie!

    Sy het vir ʼn tyd in stilte voortgegaan; en toe sy klaar was met haar taak, die klein kamertjie met jammerte bekyk.

    Wel, dit is gedoen – my deel in elk geval, het sy sugtend gesê. Daar is geen stof hier nie, en daar is maar min ander goed! – ʼn mooi plek om ʼn eensame kind te sit! Sy het klaar gemaak en die deur met ʼn harde slag toegeklap. Ag, het sy gesê en haar lip vasgebyt, Wel, ek gee nie om nie. Ek hoop sy het dit gehoor, ek hoop, ek hoop!

    Daardie middag in die tuin het Nancy vir ʼn paar minute met ou Tom gesels, wie besig was om die onkruid uit te haal, wat hy vir ontelbare jare reeds doen.

    Mnr Tom, het Nancy begin, en haar blik vlugtig na agter gedraai om seker te maak niemand hou haar dop nie, het jy geweet dat ʼn klein dogtertjie vandag kom om saam met Juffrou Polly te bly?

    ʼn Wat? het die ou man gevra terwyl hy sy seer rug met moeite regop getrek het.

    ʼn Klein dogtertjie – om saam met Juffrou Polly te bly.

    Hou op met jou grappies het ʼn ongelowige Tom gespot. Hoekom vertel jy my nie liewer dat die son in die ooste gaan sak nie?

    Maar dit is waar. Sy het my self vertel, hou Nancy vol. Dit is haar susterskind en sy is elf jaar oud.

    Die ou man se mond het oopgeval.

    Ja! Ek wonder nou, het hy gemompel; en ʼn sagte lig het in sy oë verskyn. Dit kan nie, maar dit moet wees, Juffrou Jennie se klein dogtertjie. Geen van die ander het getrou nie. Maar Nancy, dit moet Juffrou Jennie se dogtertjie wees. Gedoriewaar, dat my ou oë dit moet aanskou!

    Wie was Juffrou Jennie?

    Sy was ʼn engel uit die Hemel, vertel die ou man haastig, maar die meester en sy vrou het haar as hul eie kind geken. Sy was twintig toe sy getrou het en het vir baie jare weggegaan. Al haar kinders is oorlede, het ek gehoor, behalwe die laaste een, en dit moet die een wees wat kom.

    Sy is elf jaar oud.

    Ja, sy moet wees, het die ou man kopskuddend geantwoord.

    En sy gaan in die klein solderkamertjie bly – wat ʼn skande! het Nancy kwaad gesê en weer oor haar skouer geloer.

    Ou Tom het gefrons. Die volgende oomblik het ʼn skewe glimlag oor sy lippe gekom.

    Ek wonder wat Juffrou Polly met ʼn kind in die huis gaan doen, het hy gesê.

    Ja! Wel, ek wonder wat ʼn kind met Juffrou Polly in die huis gaan doen! het Nancy vinnig teruggeantwoord.

    Die ou man het net gelag.

    Dit wil voorkom of jy nie baie van Juffrou Polly hou nie, het hy gegrynslag.

    Asof enigiemand van haar kan hou! het Nancy teruggeantwoord.

    Ou Tom het skeef geglimlag. Hy het gebuk en weer met sy werk begin.

    Ek raai dat jy nie van Juffrou Polly se liefdesverhouding weet nie, het hy stadig gesê.

    Liefdesverhouding – SY! Nooit! - en ek glo niemand anders weet daarvan nie.

    O ja hulle weet, het die ou man kopskuddend geantwoord. En die man leef nog vandag – hier in hierdie dorp.

    Wie is hy?

    Ek gaan jou nie daarvan vertel nie. Dit is nie reg van my om dit te doen nie. Die ou man het homself regop getrek. In sy dowwe bruin oë, terwyl hy na die huis gekyk het, lê die eerlike trots en liefde vir die familie vir wie hy so lank al werk.

    Maar dit kan nie moontlik wees nie – sy en ʼn liefde, het Nancy aangehou.

    Ou Tom het net sy kop geskud.

    Jy ken nie Juffrou Polly soos ek haar geken het nie, het hy geargumenteer. Sy was op ʼn tyd baie mooi, soos sy nou ook sou wees, as sy haarself net toegelaat het.

    Mooi! Juffrou Polly!

    Ja. As sy net daardie hare van haar sal laat hang, los en sorgvry, soos dit voorheen was, met mooi hoedjies met blommetjies en die tipe rokke dra met kant en wit goeters – sal jy ook sien hoe mooi sy is! Juffrou Polly is nie oud nie Nancy.

    Is sy nie? Wel dan is sy ʼn goeie namaaksel daarvan – sy is, sy is! het Nancy verontwaardig gesnuif.

    Ja ek weet. Dit het toe begin – die tyd met die moeilikheid met haar geliefde, het Tom voortgegaan, en dit wil voorkom asof sy van toe af net wurms en dorings ge-eet het – sy is so bitter.

    Ek moet sê sy is, het Nancy verontwaardig verklaar. Niks maak haar gelukkig nie, maak nie saak hoe hard jy probeer nie! Ek sou nie aangebly het as dit nie vir die geld was nie en vir my mense wat dit nodig gehad het nie. Maar eendag, eendag sal dit genoeg wees, en dan is dit totsiens Nancy vir my. Dit sal, dit sal.

    Ou Tom het net sy kop geskud.

    Ek weet. Ek het ook al so gevoel. Dit is natuurlik vir jou om so te voel, maar dit is nie die beste nie, nie die beste nie. Neem my woord daarvoor. En weer het hy gebuk om met sy werk aan te gaan.

    Nancy! het ʼn skerp stem geroep.

    J-ja, madam het Nancy gesê en vinnig na die huis beweeg.

    HOOFSTUK III

    DIE KOMS VAN POLLYANNA

    Die dag het aangebreek toe die telegram gekom het om die reis vanaf Beldingsville aan te kondig. Pollyanna sou die vyf-en-twintigste Junie om vieruur arriveer. Juffrou Polly het die telegram fronsend gelees en met die trappe na die solderkamertjie opgestap. Sy het steeds gefrons toe sy daar rondkyk.

    In die kamer was ʼn klein bedjie, mooi opgemaak, twee regop stoele, ʼn wastafel, ʼn lessenaar – sonder ʼn spieël – en ʼn klein tafeltjie. Daar was geen gordyne voor die hoekvenstertjie nie, geen skilderye nie. Die son het die hele dag op die dak gebak en die klein kamertjie het soos ʼn oond gevoel. Omdat daar geen sif voor die vensters was nie, was hulle toe. ʼn Groot vlieg het ingekom, op en af gevlieg, heen en weer.

    Juffrou Polly het die vlieg doodgemaak, die sif ʼn entjie oopgeskuif en die vlieg uitgegooi, die stoel reggetrek, gefrons en die kamertjie verlaat.

    Nancy, het sy ʼn paar minute later by die kombuisdeur gesê, Ek het ʼn vlieg daar bo gevind in Juffrou Pollyanna se kamer. Die venster moes op ʼn stadium oopgelaat gewees het. Ek het nog sif bestel, maar totdat dit afgelewer word verwag ek dat jy die vensters sal toe hou. My susterskind sal more teen vieruur arriveer. Jy moet haar by die stasie gaan inwag. Timothy sal die motor neem en jou daar aflaai. Die telegram sê ligte hare, rooi-gestreepte rok en strooihoed. Dit is al wat ek weet, maar ek dink dit is genoeg vir jou doel.

    Ja madam, maar – u –

    Juffrou Polly het die huiwering reggelees want met ʼn frons en koue stem het sy gesê:

    Nee, ek sal nie gaan nie. Dit is nie nodig nie. Dit is al. Sy het omgedraai – Juffrou Polly se reëlings sover dit haar susterskind betref, was afgehandel.

    In die kombuis het Nancy haar warm yster hard op die lap gedruk wat sy besig was om te stryk.

    Ligte hare, rooi-gestreepte rok en strooihoed – dis al wat sy weet, werklik! Wel ek sou my skaam, my enigste susterskind, ek sou, ek sou!

    Presies om vyf-en-twintig minute voor vier die volgende middag het Timothy en Nancy in die oop motor gery om die verwagte gas te ontmoet. Timothy was ou Tom se seun. Dit was somtyds in die dorp vertel dat sou ou Tom die regterhand van Juffrou Polly wees, was Timothy haar linkerhand.

    Timothy was ʼn goeie jong seun, aantreklik ook. Gou was Nancy met hom bevriend. Maar vandag was Nancy te vol van haar eie planne om spraaksaam te wees; in stilte het die twee na die stasie gery en vir die trein gaan wag.

    Oor en oor het sy vir haarself gesê, ligte hare, rooi-gestreepte rok, strooihoed. Weer oor en oor het sy gewonder watter tipe kind die Pollyanna in elk geval gaan

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1