WEERLOOS OPPIE STASIE
As jong meisie het Jenine Kammies baie gedroom van ’n vrou met ’n wit rok aan. Maar hoewel haar lyf sigbaar was, kon Jenine nooit haar gesig sien nie.
“Toe dit weer een aand gebeur, het ek by my ma en pa op die kooi gaan sit en hulle daarvan vertel,”onthou sy.“Nadat my pa gebid het, het die vrou met die wit rok nooit weer verskyn nie.”
Vandag wonder Jenine steeds of dit dalk haar biologiese ma in haar drome kon gewees het.
Dis nie dat sy ongelukkig grootgeword het sonder haar biologiese ma nie. Glad nie. Sy het baie gelukkige grootwordjare by baie goeie aanneemouers gehad, beklemtoon Jenine. Maar met albei haar aanneemouers reeds oorlede, het sy tog die behoefte daaraan om hierdie legkaartstukkie ook deel van die uiteindelike prentjie van haar lewe te maak.
Maar eers wil sy dit net duidelik stel: Net soos haar aanneemouers nie verwyterige mense was nie, wil Jenine glad nie haar biologiese ma konfronteer of verwyt oor wat ook al destyds gebeur het nie. Sy sal haar ook nie aan haar opdring of eis om deel van haar lewe te wees nie.
“Op die einde van die dag wil ek my biologiese ma net ’n drukkie gee en sê ek verstaan. Kyk, in die verlede het dit maar moeilik gegaan. En miskien het sy ’n fout gemaak om vir my te kry. Of miskien was sy verkrag
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days