LIEFDE EN DOOD IN DIE TYD VAN ‘LOCKDOWN’
Dinsdag 24 Maart
Dis minder as drie dae voor lockdown. Ek werk reeds van die huis af; my man is nog op kantoor. Toe ek my foon optel, is daar drie missed calls van hom.
Ek bel dadelik terug.
“My ma is in die hospitaal.”
My skoonma is 71 en nie gesond nie. Hulle woon op Springbok in die Noord-Kaap. Dis my skoonpa se verjaardag, en toe hulle wakker word, het hy opgemerk my skoonma haal vlak asem. Dit het ook geklink asof sy vog op haar longe het. Die ambulans het haar kom haal, en sy is in die hospitaal opgeneem.
Ons gedagtes gaan alle kante toe. Kan ’n mens reël dat sy Kaap toe oorgeplaas word? Moet my man Springbok toe gaan? Maar daar is minder as drie dae om so iets te doen.
Toetse word gedoen. ’n Sonar, ’n EKG. Die volgende oomblik laat weet my skoonpa: Ma het simptome van COVID-19; sy is in isolasie geplaas en hy moet huis toe gaan en hom in selfisolasie plaas.
My man is in ’n toestand. Wat nou? Gaan hy nou Springbok toe, mag hy in elk geval nie by sy ouers wees nie; begin lockdown, is daar dalk ’n kans dat hy in die Noord-Kaap sal moet bly.
Ons is mal van kommer.
Pa is histeries toe ek later met hom praat. Ek probeer woorde bymekaarskraap oor goeie gesondheid wat hopelik in hierdie nuwe lewensjaar vir hom en Ma voorlê. “Ek kan haar nie verloor nie; ek kan nie sonder haar nie,” huil hy. “Ek kan nie vir jou beskryf watter groot skok dit vir ’n mens is nie; hoe traumaties dit is nie. Dis die
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days