Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Skarlakenkinders
Skarlakenkinders
Skarlakenkinders
Ebook255 pages6 hours

Skarlakenkinders

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Anlea: Die prostituut wat uit die kettings waarmee geld jou bind probeer ontsnap. Frankie: Die slagoffer van 'n sekshandel sindikaat op soek na vrede vir haar siel. Bianca en Ragel: Die ma en dogter wat wegdryf van mekaar weens 'n groot geheim. Abby: Die modekoningin wat troos soek aan die bodem van 'n bottel. En Kirabo: Die helper wat weier om haar eie storie te vertel. Vyf uiteenlopende vroue wat deurgeloop het onder groot wreedheid kom op 'n afgesonderde plaas in die middel van die Sederberge bymekaar. Om gesond en heel te word. In die loop van die paar dae werk God met elkeen van hierdie vroue en breek mure af. Maar dan begin die verdwynings, en elkeen moet leer wat dit verg om werklik te doen wat God van jou vra.
LanguageAfrikaans
PublisherLux Verbi
Release dateJun 17, 2019
ISBN9780796321671
Skarlakenkinders
Author

Anzil Kulsen

Anzil Kulsen is op Upington gebore en word in Keimoes groot. Sy verwerf ’n B Hons.-graad en sluit by die ATKV aan as projekbestuurder. Sy besoek afgeleë gemeenskappe om met mense oor boeke te gesels, bied kreatiewe skryfkursusse aan en doen spel- en narratiewe terapie. Sy is getroud met Heine, hulle het twee kinders en woon op Upington.

Related to Skarlakenkinders

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Skarlakenkinders

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Skarlakenkinders - Anzil Kulsen

    Skarlaken-

    kinders

    ANZIL KULSEN

    NADINE BLOM

    Lux Verbi

    Anlea

    Alles is stikdonker binne. Haar ouerhuis lyk verlate as sy so na die tuin kyk. Die gras is kniehoogte en die onkruid het alles oorgeneem. Dis nie hoe sy haar ma ken nie. Haar ma was altyd so erg oor haar blomme.

    Nadat sy twee keer om die huis geloop het, aan die voor- en agterdeur en elke venster geklop het, bekruip ’n anderster soort benoudheid Anlea. Niemand is hier nie.

    Ná meer as ’n maand van swerf kom sy voor dooiemansdeur te staan. Sy wou vlug van haar ou lewe. En hier is sy nou. By die enigste plek waar sy gedink het sy kon skuiling vind.

    ’n Minagtende geluid glip oor haar lippe. Het sy gedink dit sou so maklik wees? Om uit die bloute na hoeveel jare by haar ouerhuis op te daag en met ope arms verwelkom te word? Sy vloek gefrustreerd.

    Op elke dorp tussen Johannesburg en Kaapstad moes sy dieselfde ding hoor. Hulle soek mense met kwalifikasies. Ondervinding. Beslis nie dié soort ondervinding wat sy het nie. Haar spykerhakke en rooi lippe het haar ook niks gehelp nie. Die motor ook nie. Die beste wat sy kon kry, was rakke pak by ’n agterlike winkeltjie op Bothaville. Sy het darem blyplek en kos gekry as betaling.

    Sy hamer nog een laaste keer desperaat aan die voordeur. Draai moedeloos om na waar haar rooi Audi staan en wag. Die motortjie is ook lankal nie meer nuut nie, maar dit het haar darem tot hier gebring. En sy moes al dikwels daarin slaap.

    Dié motor ruil sy vir niks in die wêreld nie. Sy leef eerder van skyfies en brood as om hom te verkoop. Dis buitendien al wat sy het om te wys van die spaargeld wat sy vir Leila bymekaar wou maak. Die motor en ’n paar stukkies klere.

    Sy voel so moeg. Waarheen nou?

    Haar polshorlosie oortuig haar dis nie nou ’n goeie tyd om in die pad te val nie. Sy gaan sit moedeloos op die sypaadjie voor die huis en rus haar voorkop op haar opgetrekte bene.

    Sy’t tyd nodig om te dink. Miskien moet sy maar na die plek toe gaan wat sy nog heeltyd probeer vermy. Die Berg. Net tot sy beter weet hoe nou verder.

    Toe sy die afdraai na haar ouers se huis gevat het, het sy iewers in haar agterkop besluit om haar bespreking by Berg van Hoop te ignoreer. Sy sal net nie opdaag nie. Niemand sou haar tog mis nie. Sy’s nie lus vir nuuskierige mense wat kastig besorg is oor al die afvlerkies van die wêreld nie, het sy haarself vertel.

    Hoeveel hoop daar nou eintlik vir haar op dié plek wag, weet sy nie. Maar dis nou haar enigste opsie.

    Sy wip regop toe ’n deur by die huis langsaan oopgaan.

    Wat raas jy so? Wie soek jy? Die vrou staan kaalvoet in haar nagrok. Sy’s te jonk om die tannie, wat Anlea nog vaagweg onthou, te wees.

    Ek dog die mense bly nog hier. Ek het jare gelede by hulle gekuier en wou hulle verras. Sy wil nie nou onnodige vrae beantwoord nie. Dankie tog dis nie iemand wat sy ken nie. Of wat haar ken nie.

    Nee, hier bly lankal nie meer permanente mense nie. Jy moes gebel het.

    Oukei. Moenie worry nie. Ek sal net vir ’n rukkie in my kar rus. Dan ry ek weer.

    Die vrou tree terug in haar huis, maar Anlea gaan nader. Weet jy dalk hoe lank staan die huis al leeg? Wanneer het die mense getrek?

    Ek bly al vyf jaar hier en sien maar hoe mense gedurig kom en gaan. Die plek word deur agente aan kontrakwerkers verhuur. Net ’n lastigheid, as jy my vra. Sy bly vir ’n rukkie stil. Wie presies soek jy? Sy klink op haar hoede.

    Nee, ek soek nie moeilikheid nie. Ek soek net die Willemses wat voorheen hier gebly het. Anlea sug innerlik. Sy het nooit kon raai dat sy so verlate sou voel nie. Hulle is weg. Die enigste mense by wie sy dalk veilig kon wees, is weg.

    Oukei. Nee, van hulle weet ek nie. Die vrou talm nog vir ’n rukkie, draai dan om en klap die deur agter haar toe.

    Wat het geword van outydse, plattelandse gasvryheid? Dis seker weer haar voorkoms se skuld. Vroue met te veel grimering en skitterblink, hemelhoë hakke word nie ingenooi en slaapplek aangebied nie. Nie deur ordentlike mense soos dié nie. Sy ruk die motordeur oop en val op die sitplek neer. Na sy die sitplek agteroor gestel het, maak sy haar oë toe.

    Kirabo

    Die laat winterreën het die oord goed gedoen, maar Berg van Hoop, eintlik die hele Wes-Kaap, kort nog heelwat reën. Die jaar en die reënseisoen is amper verby en tog bly dit droog, loop Kirabo en dink tot sy op die hoë bergpaadjie tot stilstand kom.

    Haar asem jaag effens toe sy terugkyk oor die landskap voor haar. Rooibos is inheems tot die streek en tot doer ver, waar die son se gloed oor die berge kom, sien sy rooiboslande en wingerde. Dit maak ’n mooi prentjie, dié mengsel van geel en groen.

    Dis nou haar derde jaar op Berg van Hoop. Elke keer wanneer sy met die bergpaadjie opstap, verwonder sy haar aan hoe ongelooflik mooi dit hier is. Veral die berge met hulle rotsformasies. Asof God elkeen van hulle uniek uitgebeitel het.

    Dis vroegoggend, en van waar sy staan kan Kirabo beswaarlik die wit geboue van Berg van Hoop se kantore of die spa uitmaak.

    Sonsopkoms was nog altyd vir haar ’n spesiale tyd van die dag. Haar stiltetyd. Vandag het sy dit veral nodig.

    Kirabo haal ’n slag diep asem en probeer so haar gedagtes bymekaarkry. Dis vir seker nie van onfiksheid dat haar hart so onstuimig klop nie. Dis ook nie die lieflike natuurskoon wat haar asem wegslaan nie.

    Dis eerder die agtergrondinligting van die nuwe groep deelnemers wat haar kortasem maak. Sy voel skoon lighoofdig as sy net daaraan dink.

    Haar ooreenkoms met Ferdi, die uitvoerende direkteur van die nieregeringsorganisasie waar sy werk, was dat sy hier op Berg van Hoop hoofsaaklik sou fokus op mense met een of ander verslawing.

    Dit het só goed gegaan. Dit gaan nog steeds goed. Die laaste groep was meestal jongmense. Kirabo sug tevrede. Met húlle was sy suksesvol. En dit nogal sonder om te diep in haar eie verlede te delf.

    Sy en Ferdi kom al ’n lang pad saam. Dis hy wat dit vir haar moontlik gemaak het om haar ten volle te kwalifiseer toe sy in die gevangenis was. Sy sidder. Aan daardie koue hool wat vir so lank haar blyplek was, wil sy beslis nie nou dink nie.

    Haar impak op die laaste groep was van die eerste dag af opvallend. Hulle het aan haar lippe gehang. Dis juis hierdie reaksie wat haar die moed gegee het om in te stem toe Ferdi haar oor die volgende groep deelnemers ingelig het.

    Sy sou aanvanklik die week net help met enkele berading- en groepsessies. Dinge het egter skielik verander toe Ferdi inderhaas Kaap toe moes gaan nadat sy pa ’n beroerte gehad het, en sy aan haar eie genade oorgelaat is.

    Haar gedagtes dwaal na die inhoud van die lêer op haar rekenaar. Om haarself te oriënteer, het sy ’n kort beskrywing van elk van die vroue gemaak. Sy het ook mooi beplan hoe sy elkeen gaan benader. Op dié manier kon sy sistematies te werk gaan, sonder om toe te laat dat haar emosies met haar weghardloop.

    Maar vanoggend moes sy haar op ’n ander manier voorberei. Haar kop skoonkry voor die groep later die dag daar sou opdaag.

    Dis Frankie se agtergrond wat Kirabo die meeste kwel. Frankie is ook die enigste een van wie sy ekstra inligting ontvang het. Dalk meer as wat goed is vir haar wat Kirabo is. Maar Ferdi reken dat sy ’n positiewe invloed op Frankie se lewe kan hê vanweë haar eie agtergrond en die ooreenkoms tussen haar lewe en Frankie s’n.

    Wat Ferdi egter nie besef nie, is dat sy nie graag oor haar verlede wil praat nie. Dit lê diep begrawe. Natuurlik wil sy mense help. Maar sy kan nie, durf nie haar verlede in die proses blootlê nie. Sy is net te bang sy’s dalk nog hopeloos te broos daarvoor.

    Eintlik hoop Kirabo Frankie is nie een van daardie aandagsoekende mense wat oordryf en maar net vertroetel wil word nie. Hoekom anders sou sy so openhartig oor haar agtergrond gewees het in haar aansoek?

    Op haar foto kon ’n mens skaars die tekens sien. Dit was ook nie ’n tipiese foto met ’n Instagram-filter wat iets probeer wegsteek nie. Frankie het maar gelyk soos ’n gewone vrou wat nie veel sin het daarin om tyd voor die spieël deur te bring nie. Lang hare en prominente kakebeen. Geen grimering en geen fieterjasies nie.

    Vir die ma en dogter sien sy egter kans. Volgens die inligting wat sy oor hulle ontvang het, blyk dit dat die pa diep emosionele letsels op beide van hulle gelaat het. Hiervan lei Kirabo af dat die ma, Ragel, toegeskulp is in haar eie seer. Sy het ’n harde dop om haar gevorm waarmee sy almal uithou. Haar dogter Bianca ook. Dit het baie duidelik oorgekom in die e-pos en gepaardgaande vorm wat sy van Ragel ontvang het.

    Sy hou daarvan om met tieners te werk. Op ’n tyd het sy gewens sy kan self ’n ma word. Nou speel sy maar vir kort rukkies ma vir ander mense se kinders. Sy het lankal haar droom laat vaar om kinders van haar eie te hê.

    Sy draai om en begin met vasbeslote treë terugstap. Vanaand, wanneer almal ingesettle is, sal sy weer haar boek vat en lees. Toe sy nog in die gevangenis was, het sy op versamelde werke van ’n Ugandese skrywer afgekom. Dít, saam met haar studies, het haar gehelp om te probeer vergeet.

    Die pastorale werker wat hulle dáár kom besoek het, het aanbeveel dat sy haar eie kultuur beter leer ken. ’n Kultuur, dink sy nou, waaraan sy nooit werklik deel gehad het nie.

    Haar ma was swanger met haar toe hulle uit Uganda na Suid-Afrika gekom het. Ná haar geboorte het haar ma vir die Nel-gesin begin werk. Hulle was goed vir hulle. Selfs ná haar ouers se dood het die familie hulle oor haar ontferm en het sy by hulle in die huis aangebly. Later het hulle haar as hulle eie dogter aangeneem. Sy het geliefd en veilig gevoel. Tot …

    Sy skrik toe haar foon skielik lui. Natuurlik, besef sy vies, en grawe geïrriteerd daarna in haar broeksak. Telkom werk weer aan die lyne vandag, daarom dat die telefoon in die kantoor af is. Dié dat sy oral met haar selfoon rondloop. Nie dat dit juis iets beteken nie. Dis eintlik net hier bo waar daar regtig ’n sein is.

    Sy glimlag toe sy sien wie dit is en haal diep asem voor sy antwoord. My liewe Ferdi, ek het nou net aan jou staan en dink.

    So is jy reg vir die groepie wat op pad is? Ferdi se stem klink altyd vrolik. Sy skryf dit toe aan sy amper kinderlike geloof en sy geweldige liefde vir die lewe en sy medemens.

    Jy gooi my lekker by die diep kant in met hierdie groep. Maar dis reg, ek sal swem. Sy bly vir ’n rukkie stil, asof sy haar woorde moet tel.

    Ek het vroeg vanoggend weer deur die vroue se inligting gelees. Iets van hulle persoonlikheid op hulle foto’s probeer peil. Dit maak my nie minder bang nie. Ek stap nou juis om kalmte te vind.

    Ai, Kirabo, ek is jammer ek is nie daar nie. Dit is seker maklik om te praat, maar dit help om nie té betrokke te raak nie. Aan die ander kant, is dit juis jou goeie hart en jou ervaring van seer wat jou so geskik maak vir die taak. Hulle het seer, Kira. En net jy sal kan help met daardie genesing. Jy sal weet hoe –

    Sy stem raak weg.

    Ferdi?

    Ek glo in jou, en duidelik glo jou vriende van die uitreikprogram ook in jou. Anders sou hulle nie soveel moeite gedoen het om vir die vroue borgskappe te kry nie. Jy sal oukei wees. Ek weet dit.

    Sy maak haar mond oop om te protesteer, maar hap net na lug. Die besettoon wat in haar ore fluit, wys sy het nie meer ’n sein nie. Sy wou nog so graag vir Ferdi vra hoe dit nou met sy pa gaan.

    Kirabo bêre haar foon in haar sak en stap stadig terug kantoor toe.

    In haar hart bid sy vurig. Nie net vir die groep wat vanoggend aankom nie, maar ook vir Amos en Nina wat haar moet bystaan. Sy bid vir Ferdi, haar mentor, met sy hart van goud. Hy het sy werk in Kaapstad gelos om hier in die Sederberge gewonde siele te kom help genesing vind. Maar hy is ook maar net mens. Kirabo het met sy pa se onverwagse beroerte gesien hoe broos hy eintlik is. Sy bewonder die band tussen hulle. Al sou sy hom eerder hier wou hê, weet sy hoe belangrik dit vir hom is om nou by sy pa te wees.

    Frankie

    Jy weet jy’s los Frankie. Net goed vir een ding en ons altwee weet wat dit is, ou Frankie.

    Frankie skud haar kop asof sy die woorde op dié manier uit haar gedagtes wil verdryf. Sy baklei met haarself. Amper soos iemand wat op ’n kombuisvloer staan, met een voet op die swart teël en die ander op die wit een. Dan slaan sy terug.

    Jy’s nie los nie Frankie. Jy is onskuldig en ’n slagoffer van ’n siek mens en verdien liefde, sê sy skaars hoorbaar en loer versigtig in die truspieëltjie na die mense wat op die agtersitplek sit en slaap.

    Nog mense oor wie Joe hom ontferm het. Die ma en dogter lyk maar vir haar ewe lewensmoeg. Seker daarom dat hulle skaars duskant Piketberg uitgepass het.

    Jy’s ’n mens, met ’n hart en ’n siel, probeer sy weer die stem in haar kop stilmaak – die stem van die man wat haar hele wese kom steel het. Sy stuur doelbewus haar gedagtes na wat in die pad voor haar aangaan.

    Dis ’n splinternuwe dag. Vol belofte.

    Die mooi om haar laat haar vir ’n oomblik ontspan. Sy kyk na die ruigtes. Die bossies en klippe en gate. En sy wonder wat kruip alles hier rond weg …

    Krimpvarkies fassineer haar al van kleintyd af. Sy het onlangs op Berg van Hoop se webwerf gelees van die rehabilitasiewerk wat die personeel van die sentrum onder dié diertjies doen. Dit het haar juis aangespoor om te kom. Sy sien uit daarna om die krimpies van nader te leer ken.

    Frankie trap die petrolpedaal ’n bietjie dieper in sodat die Toyota Hilux gehoorsaam vorentoe skiet op die N7.

    Sy’s dankbaar dat Joe vir haar die double cab geleen het vir die tydjie wat sy weg sou wees. Goeie ou Joe. Eers gee hy vir haar werk, en nou die geleentheid om haarself weer heel te kry. Veral emosioneel, het hy gesê toe hy haar oorreed het om vir ’n rukkie na Berg van Hoop toe te gaan.

    Miskien moet sy stop vir ’n sigaret. Dit sal haar kalmeer. Sy onthou van die twee passasiers op die agtersitplek. Ai tog. Sy gaan hulle seker nou wakker maak as sy stop.

    Joe se hart is mos so groot soos ’n hotel. Hy’s ’n ongelooflik goeie projekbestuurder. Hy’s ook deel van ’n uitreikprogram wat mense help om weer op die been te kom nadat hulle groot trauma in hulle lewe ervaar het.

    Joe het haar gevra om twee passasiers saam te neem na die retreat waarna sy vir die volgende week sou gaan. Die ou vrou wat die jonger twee op die wynplaas waar sy werk kom aflaai het, het baie gretig gelyk om van hulle ontslae te raak. Frankie kan nie help om te wonder wat nou eintlik die storie agter die storie is nie. Dit moet die jong meisie se ouma gewees het.

    Onverwags kruip die angs weer stadig in haar op. Sy kyk in haar truspieëltjie om seker te maak niemand agtervolg haar nie. Frankie wonder wanneer die vrees ooit sal weggaan. Die bang dat hulle haar weer sal vind. Sy verstel die truspieëltjie effens en merk op haar hande bewe.

    Ontspan, Frankie. Niks gaan gebeur nie.

    Frankie sien in die spieël hoe die ma met haar skraal rug teen haar mollige dogter sitlê. Beide het dieselfde blonde hare. Die ouer vrou s’n is in ’n netjiese bolla vasgebind. Die dogter s’n lyk effens slordig, dalk selfs vuil.

    Hulle kan nie naastenby iets weet van die dinge waardeur sy is nie. Haar hartklop versnel by die blote gedagte daaraan. Sy haal dieper asem soos die traumaterapeut haar geleer het. In vir tien tellings, uit vir twaalf. Lank en stadig.

    Rustig, Frankie. Rustig nou, fluisterpraat sy met haarself. Sy fokus weer op die natuur daar buite om haar aandag van haar angsgevoel af te lei. Sy merk hoe die son hoër oor die bergrante opklim.

    Voor haar lê lande in skakerings van geel, bruin en groen uitgestrek. Dit laat haar dink aan ’n lappieskombers. Sy hou van ’n lappieskombers. Al die interessante kleure en verskillende patrone. Niks pas bymekaar nie, maar tog maak dit die mooiste geheel.

    Frankie wou nog altyd graag haar eie lappieskombers hê. So ’n bont een met rooi en geel blokke vol sonneblomme. Een waarin ’n mens jou hele lyf styf kan toevou.

    Vir haar lyf kort sy net ’n kleintjie. Solank dit net hare is.

    Mense is eintlik baie soos lappieskomberse, dink sy. Almal word aanmekaargeweef deur donker storms en helder sonskyn. Seisoene vol tekstuur. Sy het al goed geleer: Hoe meer pyn, hoe mooier die hart.

    Dan hoor sy weer sy stem. Die persoon wat sy met haar lewe vertrou het omdat sy geglo het hy is werklik lief vir haar. Die man wat haar die een oomblik nog vasgehou en belowe het hy sal haar altyd beskerm, en haar die volgende oomblik verkoop aan honderde mans. Soms tot twintig keer per dag. Sy ril.

    Deon Wasserfal.

    ’n Saamgeflanste lappieskombers, Frankie. ’n Stuk lap wat niemand wou hê

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1