Rooi Rose

AMALIA MEER AS MOOI

‘MY VERMOË OM TOT ANDER INSIGTE TE KOM EN ANALITIESE INTROSPEKSIE TE DOEN WAS AL DIKWELS ’N REDDINGSBOEI’

Die laaste beskrywing wat jy aan aktrise Amalia Uys moet toedig, is ’n “mooi poppie”. Sy wil immers meer as ’n “skoonheid” wees. Sy wil ’n sterker boodskap uitdra.

Amalia hou van kuns en ons neem die foto’s vir ons voorblad en dié artikel in die Norval-stigting se kunstesentrum in Kaapstad. Dis die perfekte agtergrond vir haar soort skoonheid en mens-wees wat maklik met ’n eietydse kunswerk vergelyk kan word.

Toe ons vir haar ’n mooi, noupassende rok wys om vir die fotosessie aan te trek, skop sy vas: “Mense is so geneig om my as ’n mooi poppie te sien, kom ons kies liewer ’n uitrusting wat by my persoonlikheid pas - effens quirky en uit die boks! Dit is natuurlik vleiend as mense dink jy is aantreklik, maar ek is baie meer as net ‘mooi’. En ek voel ook nie altyd mooi nie, en dit spruit seker uit my kinderjare.”

Amalia is op die Namakwalandse dorp Springbok gebore en het in Pretoria grootgeword. Sy was glo in haar grootwordjare die tipiese lelike eendjie. “Met my ligte vel, rooi kroeshare, draadjies, sproete en anderste

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Rooi Rose

Rooi Rose2 min read
EK & JY Wie sou kon DINK?
DAAR IS TYE waarvan ons almal onthou “ek was presies daar, besig om dit of dat te doen, toe ... ” Nou is sekerlik so ’n tyd. As die nuus van die dag die eerste ruwe weergawe van die geskiedenis is, leef ons nou in ’n tyd waarvan ons nageslagte in die
Rooi Rose1 min read
Ons Lief In Junie
H&M se Conscious Exclusive Collection 2020 is eksklusief by H&M in Sandton City beskikbaar. Die glansryke items word uit herwinbare materiale in pragtige mode-items omskep. Armband van herwonne glas en geelkoper (R529).  vir Checkers se nuwe, bekosti
Rooi Rose4 min read
’n Natuurlike HELD
Vertel ons van jou verhouding met die natuur en jou liefde vir die buitelewe? Daar is ongerepte plekke in die natuur waar mense hul batterye kan herlaai wanneer die besige stadslewe jou leeggetap het. Ek het pas teruggekeer van ’n 12 dae lange vakan

Related