Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Dagboek van 'n dork 3: Stories van 'n nie-so-talentvolle popster
Dagboek van 'n dork 3: Stories van 'n nie-so-talentvolle popster
Dagboek van 'n dork 3: Stories van 'n nie-so-talentvolle popster
Ebook288 pages1 hour

Dagboek van 'n dork 3: Stories van 'n nie-so-talentvolle popster

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Nikki se skool hou ’n talentkompetisie en sy kan nie wag om saam met Chloe en Zoey ’n dans uit te werk en Brandon met haar mooi stem te bekoor nie! Maar Nikki vind uit dat haar aartsvyand, MacKenzie, ook vir die kompetisie gaan inskryf en vasberade is om die kollig te steel. Kan ’n dork soos Nikki vir die gewildste meisie in die skool ore aansit? Laat die katgeveg vir die kollig begin . . .
LanguageAfrikaans
Release dateJun 23, 2020
ISBN9780798181594
Dagboek van 'n dork 3: Stories van 'n nie-so-talentvolle popster

Related to Dagboek van 'n dork 3

Related ebooks

Related articles

Reviews for Dagboek van 'n dork 3

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Dagboek van 'n dork 3 - Kobus Geldenhuys

    In samewerking met

    Nikki Russell Erin Russell

    Human & Rousseau

    HIERDIE DAGBOEK BEHOORT AAN:

    _______________________________

    Nikki J. Maxwell

    _______________________________

    PRIVAAT & VERTROULIK

    As jy dit optel, bring dit vir MY

    en kry ’n BELONING!

    (LOER VERBODE!! )

    Oor die uitleg en lettertipe

    Die uitleg en lettertipe van hierdie digitale uitgawe van Dagboek vir ’n dork 3: Stories van ’n nie-so-talentvolle popster mag verskil van dié van die gedrukte uitgawe, afhangende van die instellings op u leestoestel. Die uitleg vertoon optimaal indien die standaardinstelling op u leestoestel gebruik word. Lesers kan egter eksperimenteer met die instellings vir verskillende perspektiewe. Die lettertipe van hierdie digitale uitgawe is so gekies om so na as moontlik aan die gedrukte uitgawe te bly.

    Aan my ouma, Lillie Grimmett.

    Geluk met die 90ste verjaardag!

    Dankie vir my kinderdae met ’n nimmereindigende

    voorraad potlode, papier, drukkies en drome.

    VRYDAG, 1 NOVEMBER

    SJOE!

    Gister was tien teen een die BESTE dag van my hele lewe !!

    Ek was nie net op ’n FANFLIPPENTASTIESE date met my crush, Brandon, by die Halloween-dans nie, maar ek dink hy hou dalk van my! JEIIIIIIIII!!!! !!

    Met hou van bedoel ek soos van ’n BAIE goeie vriendin.

    Definitief NIE soos van ’n ernstige meisie om mee uit te gaan of iets nie. Ek’s seker DIT sal NOOIT in ’n miljoen jaar gebeur nie!

    HOEKOM nie? Want ek’s die grootste DORK in die hele skool.

    En met drie puisies, twee linkervoete, net een talent (teken) en geen sosiale lewe of gewildheid nie, is ek nie regtig die soort meisie wat eendag by die matriekafskeid as koningin gekroon sal word nie.

    Maar weens my ernstige aanval van CRUSH-ITIS maak die effens-lawwe-salig-smoorverliefde-slordige-sjiek beeld wat ek nóú het my definitief ’n goeie kandidaat vir …

    KONINGIN VAN DIE DORKE!

    Die ding is, ek is NIE ’n etiketslaaf (ook bekend as ’n totaal obsessiewe MODESNOB) nie.

    En ek’s NIE hopeloos verslaaf daaraan om dubbel

    soveel as die nasionale inkomste van ’n klein derde-wêreldse land op die nuutste ontwerpersklere, -skoene, -juweliersware en -handsakke uit te gee nie, net om een maand later te WEIER om die goed te dra, want: UGH! Dis meer ANTIEK as GISTER!!

    ANDERS as party mense wat ek ken …

    Met mense bedoel ek vlak, egosentriese meisies soos … MACKENZIE HOLLISTER !!

    Om MacKenzie ’n mislike meisie te noem is sag gestel. Sy’s ’n RATELSLANG wat pienk lip gloss en enkelstewels dra.

    Maar ek laat my NIE deur haar of enigiemand anders intimideer nie. Ek bedoel, hoe kinderagtig sal DIT wees?!

    Ek wonder nogal baie hoe kry meisies soos MacKenzie dit reg om altyd so … ek weet nie …

    PERFEK te wees.

    Ek wens ek het iets wat MY met ’n vingerklap in my perfekte self kan verander.

    Dit moet die ongelooflike towerkrag van Aspoestertjie se towertante hê, en maklik wees om te gebruik, en klein genoeg om in ’n handsak of rugsak te pas.

    Iets soos, ek weet nie, miskien …

    MAXWELL SE TOWERLIP GLOSS terwyl sy ’n nuwe broodrooster!!

    My spesiale lip gloss sal alle meisies net so mooi aan die BUITEKANT maak as wat hulle aan die BINNEKANT is!

    Hoe COOL sal DIT wees?!

    DEURSNEE- GAWE MEISIE (SOOS EK)

    DEURSNEE- MISLIKE MEISIE

    (SOOS MACKENZIE)

    Nadat ek die moontlike wêreldwye impak van ’n fenomeen soos ’n tower- lip gloss ure lank bestudeer het, was ek geskok en verbaas oor my wetenskaplike bevindinge:

    Tower- lip gloss lyk

    NIE CUTE op ALMAL nie!

    Jammer, MacKenzie !!

    In elk geval, ek hoop regtig Brandon gaan my vandag bel.

    As hy dit doen, sal ek heeltemal UITFREAK. Maar ek’s amper seker hy sal nie. Wat my herinner aan hierdie BAIE belangrike vraag …

    HOE IS JY VERONDERSTEL OM TE WEET WANNEER ’N OU VAN JOU HOU AS HY NOOIT DIE MOEITE DOEN OM TE BEL NIE???!!!

    CRUSH-IK-TOETS:

    Bestudeer die volgende twee illustrasies noukeurig vir sestig sekondes. Sien jy ENIGE VERSKIL tussen die twee?

    ’N CUTE CRUSH WAT VAN JOU HOU.

    ’N CUTE CRUSH WAT

    NIE VAN JOU HOU NIE.

    ANTWOORD:

    Daar is GEEN VERSKIL NIE! Hierdie twee dudes is

    IDENTIES!

    Wat ongelukkig beteken dat jou crush jou basies IGNOREER, of hy van jou HOU of NIE!

    ARRRRRRGGGGGGGGGG!!!

    (Dit was ek wat my hare uit frustrasie uitgetrek het!)

    Gelukkig vir my is my BFF Chloe ’n ekspert met ouens en romanse. Sy het alles wat sy weet, geleer uit die jongste tienertydskrifte en -romans wat sy so verslind.

    En my BFF Zoey is ’n menslike Wikipedia en ’n selfhelpghoeroe. Sy’s basies ’n veertienjarige sielkundige wat lip gloss en hoepeloorbelle dra.

    Ons drie gaan môre winkels toe om jeans te koop. Ek kan nie wag om met hulle oor ouens te gesels nie, want glo my, ek verstaan die spul GLAD NIE!

    SATERDAG, 2 NOVEMBER

    Kan iemand ASSEBLIEF vir my sê HOEKOM my lewe so aaklig PATETIES is ?!

    Selfs wanneer iets UITEINDELIK REG uitwerk, loop iets anders ALTYD gruwelik SKEEF!!!

    My ma moes my vandag winkels toe neem om saam met Chloe en Zoey uit te hang.

    So ek was DIE DINGES IN toe sy vir my sê ek moet my stout sesjarige sussie, Brianna, vir ’n driekwartier oppas terwyl sy ’n nuwe broodrooster gaan soek om te koop !

    Al het sy so ’n cute engelgesiggie en hou sy van pienk klere, is Brianna eintlik ’n T-Rex op STEROÏEDE!

    Ek weier om saam met my BFF’s uit te hang as sy agter ons aan stertjie.

    So toe het ek vir Chloe en Zoey gesê dat ek hulle sal ontmoet sodra my ma klaar is met haar inkopies.

    Ek’t ’n stil, gemaklike plek gekry waar ek rustig in my dagboek kon skryf. Toe het ek vir Brianna gesê sy moet tjoepstil langs my op die bank kom sit.

    Ek’t skaars van Brianna vergeet en vir ’n minuut (of twee of drie) op my dagboek gefokus toe ek agterkom dat sy in die winkelsentrum se fontein geklim het om munte daaruit te haal!

    Dankie tog die water was vlak!

    Toe het ek die fout gemaak om vir Brianna te vra wat op aarde sy in die fontein doen. Sy het haar hande op haar heupe gesit en my ongeduldig aangegluur.

    Kan jy nie sien dis ’n noodgeval nie?! ’n Mislike ou heks het die Suikerfeeprinses ontvoer. En juf. Penelope moet hierdie geld uit die water haal sodat ons ’n regte, egte, lewendige eenhoringbaba by die groentewinkel kan gaan koop. Hy moet met ons na die prinses toe vlieg sodat ons haar kan red!

    Hei, as jy ’n SIMPEL vraag vra, kry jy ’n SIMPEL antwoord!

    Ek’t haar by die fontein uitgesleep en haar gedwing om die hand vol munte wat sy opgetel het dadelik terug te gooi.

    Brianna was natuurlik superkwaad vir my omdat ek haar skattejag bederf het.

    Om haar aandag af te trek, het ek toe voorgestel dat ons gaan rondloop deur die deel van die sentrum waar al die restaurante is en kyk of ons VERNIET proehappies kan kry om aan te peusel. LEKKER!

    Toe het Brianna by my begin kerm om haar na Pizza-pret te vat, die pizzeria vir kinders wat haar gunsteling is.

    Ek kan nie verstaan hoekom die kleintjies so mal is oor die plek nie. Ek haat die yslike, opgestopte, robotagtige diere wat daar ronddans en vals sing.

    Ek gril my dood vir hoe hulle oë in hulle koppe rondrol en hulle monde nooit regtig die woorde vorm wat hulle stemme sing nie.

    Miskien is dit net ek, maar WIE wil eet in ’n restaurant waar ’n yslike brandsiek ROT tussen die tafels rondhop? Al sing hy ook Veels geluk, liewe maatjie en deel verniet ballonne uit!

    Vir my is dit die ENIGSTE ding wat meer SKRIKWEKKEND is as die bose hanswors wat onder my bed gebly het toe ek klein was.

    My ouers het altyd gesê dis net my verbeelding. Maar ek’t hom met my EIE OË gesien!

    UGH! Ek was DOODBANG dat hy my enkels gaan gryp en my onder die bed insleep en dat ek dan VIR EWIG daar gaan VASSIT.

    Dankie tog ek’s nou ouer en wyser en GLAD NIE meer bang vir simpel, kinderagtige goed soos bose hansworse nie.

    Behalwe miskien op pikdonker nagte wanneer daar ’n donderstorm is en ek vreemde skaduwees sien.

    In elk geval! Ek was soos: Jammer, Brianna! Ek het nie geld nie. Ons sal moet wag tot Ma terugkom.

    Maar ek kan daarvoor betaal! het Brianna gekerm. Met my geld vir ’n eenhoringbaba wat ek uit die towerfontein gehaal het. Ek’s nou ’n ryk meisie! Ek wil gaan PIZZA eet! NOU!!

    Dis toe dat ek dit eers agterkom: Al Brianna se sakke was vol munte uit die fontein gestop.

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1