Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Dagboek van ’n dork 2: Stories van ’n nie-so-gewilde partytjiepop
Dagboek van ’n dork 2: Stories van ’n nie-so-gewilde partytjiepop
Dagboek van ’n dork 2: Stories van ’n nie-so-gewilde partytjiepop
Ebook266 pages1 hour

Dagboek van ’n dork 2: Stories van ’n nie-so-gewilde partytjiepop

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Nikki begin uiteindelik in haar nuwe skool aanpas. Sy het twee cool vriende en Brandon het haar uiteindelik begin raaksien. Nikki wil saam met Brandon na die skooldans gaan, maar wanneer MacKenzie begin spog dat sy saam met Brandon gaan, besluit Nikki om liewer na haar sussie se partytjie te gaan. Later vind sy uit dat MacKenzie gejok het, en Nikki besef haar droom om saam met Brandon dans toe te gaan kan waar word. Maar hoe woon jy twee partytjies tegelyk by?
LanguageAfrikaans
Release dateJun 1, 2020
ISBN9780798181570
Dagboek van ’n dork 2: Stories van ’n nie-so-gewilde partytjiepop

Related to Dagboek van ’n dork 2

Titles in the series (2)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Dagboek van ’n dork 2

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Dagboek van ’n dork 2 - Kobus Geldenhuys

    In samewerking met

    Nikki Russell Erin Russell

    Human & Rousseau

    HIERDIE DAGBOEK BEHOORT AAN:

    _______________________________

    Nikki J. Maxwell

    _______________________________

    PRIVAAT & VERTROULIK

    As jy dit optel, bring dit vir MY

    en kry ’n BELONING!

    (LOER VERBODE!! )

    Oor die uitleg en lettertipe

    Die uitleg en lettertipe van hierdie digitale uitgawe van Dagboek van ’n dork 2: Stories van ’n nie-so-gewilde partytjiepop mag verskil van dié van die gedrukte uitgawe, afhangende van die instellings op u leestoestel. Die uitleg vertoon optimaal indien die standaardinstelling op u leestoestel gebruik word. Lesers kan egter eksperimenteer met die instellings vir verskillende perspektiewe. Die lettertipe van hierdie digitale uitgawe is so gekies om so na as moontlik aan die gedrukte uitgawe te bly.

    Aan my ma, Doris,

    wat ALTYD daar is vir my.

    VRYDAG, 11 OKTOBER

    EK KAN NIE GLO DIT GEBEUR MET MY NIE!

    Ek is in die meisiestoilette en ek FREAK UIT!

    Ek gaan dit NOOIT in hierdie privaat skool uithou nie.

    Ek het nou net ’n absolute GEK van myself gemaak, en dit voor my geheime crush.

    AL WEER !!

    En asof dit nie erg genoeg is nie, is my sluitkas nog steeds reg langsaan MacKenzie Hollister s’n !

    Sy’s die gewildste meisie in die skool en ’n regte SNOB. Om haar ’n mislike meisie te noem, is gans te vriendelik.

    Sy’s ’n WITDOODSHAAI met blink naellak, ontwerper-jeans en platformtekkies.

    Maar om die een of ander rede is almal MAL oor haar.

    Ek en MacKenzie kom GLAD NIE oor die weg nie. Ek dink dis omdat sy

    MY ABSOLUUT VERPES

    !!

    Sy skinder alewig agter my rug en sê die lelikste goed, soos dat ek g’n kleresmaak of aanvoeling vir mode het nie en dat ons skool se gelukbringer, Adam die Akkedis, beter as ek aantrek.

    Dis miskien waar. Maar NOGTANS!

    Ek hou NIKS daarvan dat daai snip haar WIPNEUS so in my sake steek nie.

    Ek kon nie GLO dat sy so iets vir my sê nie!

    Ek bedoel, hoe kan ’n KLEUR met ’n GEUR clash?! DUH!! Dis twee TOTAAL verskillende eh … GOED!

    Dis toe dat ek dit verloor en op haar gil: Jammer, MacKenzie! Maar ek’s nou BAIE besig. Kan ek jou later IGNOREER?!

    Maar ek het dit net in my kop gesê, so niemand behalwe ek het dit gehoor nie.

    En asof MacKenzie my nie genoeg MARTEL nie, is die skool se jaarlikse Halloween-dans oor net drie weke!

    Dis die grootste partytjie van die kwartaal en almal skinder al klaar oor wie saam met wie soontoe gaan.

    Ek sal DOODGAAN as my geheime crush,

    BRANDON,

    my vra om saam met hom te gaan!

    Gister het hy MY sowaar gevra om sy laboratorium-maat vir ons biologieklas te wees!

    Ek was SO opgewonde dat ek my jippiejeidans gedoen het.

    En vandag het ek ’n gevoel gehad dat Brandon my die groot vraag gaan vra: Sal jy saam met my na die Halloween-dans toe gaan?

    Die skooldag het STADIG verbygesleep.

    Teen die tyd dat dit biologie was, was ek ’n senuweewrak.

    ’n Baie ontstellende gedagte het by my begin spook en ek het paniekerig geraak:

    Sê nou Brandon sien my net as ’n laboratoriummaat en niks meer nie?!

    Dis toe dat ek besluit het om hom met my sjarme, humorsin en intelligensie te beïndruk.

    Ek het breed vir hom geglimlag en al die klein donserige goedjies wat ek onder die mikroskoop gesien het, dadelik begin teken.

    Ek kon uit die hoek van my oog sien hoe Brandon met ’n dringende, maar baie verwarde, uitdrukking op sy gesig na my kyk.

    Ek kon duidelik sien hy wou met my oor iets SUPER-ernstig praat !

    Daai goed onder die mikroskoop was REGTIG net DONSIES! UGH!! Ek was SO SKAAM!!

    Ek het daar en dan geweet ek’t enige kans dat Brandon my na die dans gaan vra totaal en al opgemors.

    Maar die goeie nuus was dat ek ’n WETENSKAPLIKE ONTDEKKING gemaak het oor die biogenetika van my intelligensie en dit selfs tot ’n werkende formule gereduseer het.

    MY IK ≤

    Toe word alles selfs nog ERGER.

    Ek was in die meisiestoilette toe ek hoor hoe MacKenzie by haar vriende spog dat sy amper 99,9% seker is dat sy en Brandon saam na die dans toe gaan – en dit as Edward en Bella van Twilight.

    Ek was BAIE teleurgesteld, maar glad nie verbaas nie. Ek bedoel, HOEKOM sal Brandon ’n absolute DORK soos EK vra as hy saam met ’n BBG (briljant, beeldskoon, gewild) soos MacKenzie kan gaan?

    En dis nie al nie! Toe hulle uitloop, het MacKenzie gegiggel en gesê sy gaan ’n nuwe soort lip gloss koop, NET vir Brandon. Ek’t geweet wat DIT beteken.

    Ek was SO gefrustreerd en kwaad vir myself.

    Ek het gewag tot daar niemand in die toilette was nie en toe kliphard GESKREE.

    Dit laat my altyd om die een of ander rede baie beter voel .

    Om op hoërskool en boonop in ’n privaat skool te wees, is regtig TRAUMATIES!!

    Maar die belangrikste om te onthou is: Bly altyd KALM en probeer om jou persoonlike probleme PRIVAAT en VOLWASSE te hanteer.

    EK WAT ’N PRIVAAT GILSESSIE HET!

    SATERDAG, 12 OKTOBER

    Vandag was die OPWINDENDSTE dag OOIT!

    Ek kan nog steeds nie glo dat ek sowaar die eerste prys en ’n duisend rand kontant in ons skool se Kuns met ’n kinkel-kompetisie gewen het nie !

    Verlede week het Chloe, Zoey en Brandon, sonder om eens vir my te vertel, foto’s van die tatoes wat ek vir kinders by die skool geteken het vir die kompetisie ingeskryf.

    So ek het heeltemal uitgefreak toe ek uitvind dat ek gewen het! Wie sou dink dat my kuns beter as MacKenzie se wonderlike mode-illustrasies was?

    En sjoe, sy was WOEDEND! Veral omdat sy by almal gespog het dat sy gaan wen. Ek kan nie wag om my hande op al daardie geld te kry nie.

    Ek het oorspronklik beplan om vir my ’n selfoon daarmee te koop. Maar ek het besluit dit sal beter wees om dit te spaar vir kunsprojekte en die volgende kunskamp.

    Ek gaan belê in my droom om ’n kunstenaar te word sodat ek heeldag in my gunstelingpajamas in my bed kan lê en in my sketsboek teken, en boonop daarvoor betaal kan word. FANTASTIES !

    Maar dit sal nogal cool wees om die geld te gebruik om my vaal en vervelige sluitkas op te zjoesh.

    As my kas ook ’n bietjie bling het, sal ek beslis deel van die BBG-kliek kan word.

    In elk geval, omtrent almal in die skool was by die dinee waar die Kuns met ’n kinkel-pryse uitgedeel is.

    Ek was baie geskok toe MacKenzie my ’n stywe druk kom gee.

    Ek dink sy’t dit net gedoen om ’n goeie indruk te maak, want wat sy vir my gesê het, was so mislik.

    "Nikki! Geluk met jou eerste prys, skat! As ek geweet het die beoordelaars hou van talentlose gemors sou ek my poedel se opgooivlekke

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1