Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Dagboek van ’n dork 4: Stories van 'n nie-so-elegante ysprinses
Dagboek van ’n dork 4: Stories van 'n nie-so-elegante ysprinses
Dagboek van ’n dork 4: Stories van 'n nie-so-elegante ysprinses
Ebook333 pages1 hour

Dagboek van ’n dork 4: Stories van 'n nie-so-elegante ysprinses

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Brandon doen vrywilligerwerk by ’n diereskuiling en dit verbaas Nikki nie. Hy’s so oulik – natuurlik sal hy die arme honde wil help. Maar dan hoor sy hulle wil die skuiling toemaak. Wanneer haar skool ’n skaatskompetisie hou om geld vir liefdadigheid in te samel, besluit Nikki sy en Chloe en Zoey moet die skuiling help. Kan sy betyds van ’n dork-op-ys na ’n prinses-op-ys verander om die kompetisie te wen en die diere te red?   
LanguageAfrikaans
Release dateJul 1, 2020
ISBN9780798181617
Dagboek van ’n dork 4: Stories van 'n nie-so-elegante ysprinses

Related to Dagboek van ’n dork 4

Related ebooks

Related articles

Reviews for Dagboek van ’n dork 4

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Dagboek van ’n dork 4 - Kobus Geldenhuys

    In samewerking met

    Nikki Russell Erin Russell

    Human & Rousseau

    HIERDIE DAGBOEK BEHOORT AAN:

    _______________________________

    Nikki J. Maxwell

    _______________________________

    PRIVAAT & VERTROULIK

    As jy dit optel, bring dit vir MY

    en kry ’n BELONING!

    (LOER VERBODE!! )

    Oor die uitleg en lettertipe

    Die uitleg en lettertipe van hierdie digitale uitgawe van Dagboek van ’n dork 4: Stories van ’n nie-so-elegante ysprinses mag verskil van dié van die gedrukte uitgawe, afhangende van die instellings op u leestoestel. Die uitleg vertoon optimaal indien die standaardinstelling op u leestoestel gebruik word. Lesers kan egter eksperimenteer met die instellings vir verskillende perspektiewe. Die lettertipe van hierdie digitale uitgawe is so gekies om so na as moontlik aan die gedrukte uitgawe te bly.

    Aan my dogter, Erin,

    die oorspronklike, effense onseker

    dork, wat ontluik het tot ’n dapper,

    intelligente en pragtige dork.

    SONDAG, 1 DESEMBER

    UGH!

    Ek het my nog nooit in my hele lewe so GESKAAM nie!!

    En hierdie keer was dit nie my snobistiese aartsvyand, die lip gloss-verslaafde MacKenzie Hollister, se skuld nie.

    Ek kan nog steeds nie verstaan hoekom my eie sussie, Brianna, my so wou verneder nie.

    Dit het alles vanmiddag begin, toe ek opgemerk het dat my hare meer olierig as ’n ekstra groot bord slap tjips was. Ek moes óf stort óf laat olie aftap soos mense maak met ’n kar wat gediens word. En ek oordryf NIE.

    Ek was skaars meer as ’n minuut in die stort toe IEMAND soos ’n maniak kliphard teen die badkamerdeur begin hamer het. Ek’t bekommerd agter die stortgordyn uitgeloer en was soos:

    Wat de …??!!

    Hoe lank gaan jy die badkamer nou nóg vir jouself deps? het Brianna gegil. NIKKI …?!

    DOEF!! DOEF!! DOEF!!

    Brianna, hou op om so teen die deur te hamer! Ek’s in die stort!

    Maar ek dink ek’t my pop daar binne laat lê. Sy en juf. Penelope was by ’n swembadpartytjie en –

    WAT?! Jammer, Brianna! Ek wil NIE van jou en jou simpel handpop se stories hoor nie!

    Nou laat my dan inkom om my pop te kry, of anders gaan ek –

    Ek KAN NIE die deur nou oopmaak nie. GAAN WEG!!

    Maar Nikki, ek wil piepie! Dis DRINGEND!

    Gebruik die onderste toilet!

    Nee, my pop is nie in die onderste een nie!

    Jammer, jy kan jou pop nie nou dadelik kry nie! Wag tot ek klaar gestort het!

    Maar ongelukkig, skaars ’n minuut later …

    Jy moet die deur oopmaak sodat jy op die foon kan praat!

    DOEF!!! DOEF!!! DOEF!!!

    Het Brianna gedink ek’s onnosel of iets? Ek was NIE van plan om te val vir die ou maak-die-badkamerdeur-oop-want-daar’s-’n-baie-belangrike-oproep-vir-jou-triek nie.

    Ja, oukei, Brianna! Sê net vir die een ek’s nie nou lus om te praat nie.

    Eh, hallo. Nikki sê sy wil nie nou praat nie … Ek weet nie? Hou aan …! Nikki, die een wil weet wanneer om terug te bel.

    DOEF!! DOEF!! DOEF!!

    NIKKI?! Die een wil weet wanneer –

    NOOIT NIE! Sê vir die een om my NOOIT weer te bel nie! Wat my betref, kan hy of sy maar DOOD NEERSLAAN! Al wat ek wil doen, is om nou KLAAR TE STORT!! So asseblief, Brianna! LOS MY IN VREDE!!

    Eh, hallo. Nikki sê jy moet haar nooit weer bel nie! En jy moet dood neerslaan! … Eh-huh. En raai wat …?!

    Dis toe dat ek begin wonder of daar dalk REGTIG iemand is wat my gebel het. Maar WIE? Ek kry gewoonlik nooit oproepe nie.

    Want JY het LUISE! Dis hoekom!

    Brianna het soos ’n waansinnige misdadiger gelag.

    Ek was effens bekommerd, want daardie belediging het baie bekend geklink. Dis presies wat sy gister ook vir iemand gesê het. Maar daar’s nie ’n manier dat daardie persoon MY OOIT sal bel nie!

    Skielik was ek paniekerig en naar op my maag, en toe vorm my mond die woord: NEEEEEEE!

    Ek’t ’n handdoek gegryp en papnat en vol seep uit die stort geklim.

    Oukei, Brianna! het ek gefluister-skree.

    GEE. VIR. MY. DIE. FOON. NOU!

    Maar sy’t vir my tong uitgesteek en aangehou babbel asof sy gesels met ’n maatjie wat sy laas in die kindertuin gesien het.

    Ek kon nie GLO dat Brianna al my PERSOONLIKE goed so uitlap nie. Hoe DURF sy?!

    Brianna! Gee vir my die foon of anders …!

    Sê ‘groot ’seblief met suiker bo-op’!

    Oukei! Gee vir my die foon, groot ’seblief met suiker bo-op!

    NEE! Te laat, te laat! Toe steek daardie klein pes vir my tong uit (WEER!) en hou aan babbel oor die foon.

    In elk geval, ek en juf. Penelope het Nikki se nuwe parfuum gesteel. Sy’s mal daaroor, al het sy nie ’n neus nie. Ons het dit op allerhande goed gespuit om dit lekker te laat ruik. Soos my voete, die vullisdrom in die garage, en daardie dooie eekhoring in mev. Wallabanger se agterplaas!

    Om my foon te kaap, is erg genoeg. Maar dat sy goed boonop met my peperduur parfuum ontsmet het?! Ek wou haar VERWURG!

    Gee vir my die FOON, jou klein PES! het ek gesis.

    Maar toe sê sy net: Tatta! en hardloop so vinnig as wat sy kan weg.

    Dit was BAIE gevaarlik om Brianna te jaag!

    UGH! Ek’t amper gegly en by die trap afgeval en onder in die kombuis beland. Ek sou beslis met ’n eerstegraadse matskuurwond gesit het! EINA! Net om daaraan te dink, het my die rillings gegee!

    Ek het Brianna uiteindelik vasgekeer en wou haar bydam, maar toe gooi sy die foon neer en hardloop gillend by die gang af.

    Help! Help! Die muf in die stort het arms en bene gekry en probeer my ook MUF maak! Iemand, bel die polisie!

    Ek het die foon opgetel, koel en kalm probeer klink en dit probeer wegsteek dat ek daar staan …

    1. In ’n badhanddoek

    2. Papnat EN

    3. SO vol seep dat jy ’n klein kudde vuil llamas daarmee kan was.

    "UH …

    HALLO0OO00000!!"

    Nikki! Haai! Dis ek, Brandon!

    Ek kon nie GLO wat my ore hoor nie. Dit was die EERSTE keer ooit dat my crush my gebel het! Ek’t gedink ek gaan net daar ’n hartaanval kry.

    Haai, Brandon! Ek’s regtig jammer. Dit was my sussie. Sy maak die simpelste goed op. Jammer.

    Dis oukei! So … ek bel net om te sê ek nooi ’n paar vriende oor vir my verjaardag in Januarie. Ek’t gehoop jy en Chloe en Zoey kan kom.

    Dis toe dat ek flou geval het. Oukei, AMPER flou geval het.

    Wow! Eh, wel, ek eh … Kan jy net ’n oomblik aanhou? Daar’s iets wat ek gou moet doen.

    Als reg. Wil jy hê ek moet jou terugbel?

    Nee. Dit sal net ’n oomblik neem.

    Ek het die foon versigtig met my hand toegedruk en my toe oorgegee aan ’n massiewe aanval van RCS, ook bekend as …

    ROLLER COASTERSINDROOM!!

    Oukei. So miskien het ek effens oorreageer.

    Dit was nie asof Brandon my op ’n date of iets gevra het nie.

    Ek wens!

    In elk geval, ná ons foongesprek het ek myself baie hard geknyp om doodseker te maak dat ek nie droom nie. AUUU!!

    Jip, ek was wakker! Wat beteken EK EN CHLOE EN ZOEY IS NA BRANDON SE PARTYTJIE GENOOI !!!

    Dit gaan ’n fees wees! Ek kan skaars wag!

    Veral omdat ek die grootste dork in die skool is en omtrent NOOIT na partytjies toe genooi word nie.

    UGH! EK’T NOU NET AAN IETS AAKLIGS GEDINK !!!

    Ná sy gesprek met Brianna dink Brandon seker nou ek is een of ander eh …

    FREAK met

    HARIGE BENE en

    SANDKORRELS IN MY OË!!!

    Hoekom sal hy nog saam met MY wil uithang?!!

    Daar’s NIE ’N MANIER hoe ek na Brandon se partytjie toe kan gaan nie!

    Ek gaan hom nou dadelik terugbel en vir hom sê dat ek nie kan kom nie.

    DUH!! Ek’t heeltemal vergeet!

    Ek moet EERS klaar gaan STORT! So, ek sal hom daarna bel.

    En dan sal ek by ’n baie diep en donker gat inkruip en … DOODGAAN van SKAAMTE!

    !

    MAANDAG, 2 DESEMBER

    Ek sien só daarteen op om Brandon vandag by die skool te sien.

    Dis moeilik om te glo dat ons net ’n paar dae gelede die sterre was in ons skool se talentkompetisie met ons band Dorktasties (ook bekend as Nog half onseker). Ja, dis ’n weird naam en ’n lang storie.

    Brandon het selfs vir my geleer om drom te speel. Dit was asof ons UITEINDELIK goeie vriende word.

    Maar toe het daai bedorwe brokkie van ’n Brianna alles BEDERF!

    Ek’s verbaas dat Brandon nog die moeite gedoen het om my na sy partytjie te nooi. Ek wed jou hy’t dit net gedoen omdat hy my jammer kry of iets.

    Ek wou met Chloe en Zoey in die LO-klas daaroor praat, maar ek’t nie kans gekry nie. Want die hele klas het gegons oor die cool, GRATIS T-hemde daar voor op die onderwyser se tafel wat die gewilde konsert Vakansie op ys adverteer.

    Maar nadat die LO-juffrou amper my oordromme laat bars het, wou ek net hê dat sy daardie simpel fluitjie per ongeluk moet INSLUK!

    Toe maak sy ’n belangrike aankondiging …

    "Oukei. Luister, mense! Ons begin volgende week met ons module vir ysskaats. Punte sal toegeken word na gelang van

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1