Julle sê ...
WIE’S JOU TANNIE?
Kry toe ’n pap wiel op pad Swakop toe. Nie dat mens gewoonlik krag het vir so iets nie, maar die wind het veral erg gewaai, so almal was half suur toe ons uitklim. Kat ook nog in tou, maar hy moet bly sit en betoog halflyf by die venster uit. Boetie staan en paai terwyl Grootboet halfhartig assisteer dat ons die nodige gereedskap uitkry.
Met die bottel-jackie in die hand wurm ek myself onder die bakkie in. Die skouersand is dik en Suzi is laag, so ek smeer omtrent my windverwaaide kapsel dwarsoor die kar se onderstel om ’n geskikte jack-plek te kry. Met min wriemelspasie onder die kar, is dit net die knieë en voete wat kan stoot en druk.
Dis tydens dié gebeure dat ek die kar hoor stop. Ná een kyk en min woorde is al drie Suid-Afrikaners uit hul bakkie en reg vir hand bysit. Ná beleefde navrae, hoofsaaklik om van my ergsteterwyl Pa regstaan met die .
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days