SARIE

Julle sê ...

REG VIR OPSTAAN EN AANGAAN

Tussendeur groot happe mosbolletjie-met-botter-ontbyt, sê ek goeiemôre uit Kaapstad! Ek het so pas Marteni Burger se Kuberkuier-artikel (“E-pos uit Bassin d’Arcachon, Frankryk”, Januarie/Februarie-uitgawe) gelees en dit baie geniet. Sy vertel hul Afri-Franse storie so lekker. Oggendleesstof moet ’n glimlag op ’n mens se gesig sit; baie dankie daarvoor. Die pragtige foto’s en verwysings na kos en wyn en mooi dinge het my sommer weer hoop gegee vir 2022. Ek en my vennoot bedryf ’n toerisme-vervoerbesigheid hier duskant die boereworsgordyn. Ons klim nog teen die (uiters) glibberige damwal uit ná die Covid-pandemie, maar ons het dit gemaak. Dis ’n voorreg wat so baie van ons kollegas in die industrie nie gehad het nie. Dit voel bietjie soos oorbegin, maar ten minste is ons ouer en wyser as jare gelede.

Ek gebruikdaarby.) Marteni, wanneer jou Franse vriende weer reisgereed is, pos hulle gerus hier na ons punt van die wêreld toe. Goeie tye word gewaarborg met kos, wyn en al ons eie mooi dinge op die agenda. Ons sal graag weer wil spog met alles wat ons so na aan die hart lê. Groete uit die land van kleure en klank.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE1 min read
Van Die Redaksie
’n Troue bly betowerend. Al die mooi, al die opwinding, die beloftes. Geliefdes en vriende wat vrolik ’n glasie of twee klink op ’n paartjie se nuwe lewe saam. SARIE TROU deel in die glans, gee raad en loop saam die pad, want dit is soos Willie le Ro
SARIE5 min read
Troufotograwe
1. Jou gunsteling-troufoto wat jy al geneem het? As ek een moet uitsonder, sal dit vir seker ’n troue wees wat ek in Sossusvlei, Namibië, afgeneem het. Dis een van my gunstelingplekke op aarde en om ’n troue daar te kon afneem het dit net nog meer sp
SARIE2 min read
Bekende akteurspaar ARMAND AUCAMP & SEAN VAN NOORDWYK Onder ’n ou eikeboom
Intiem, met net dertig van hul hartsmense daar, op ’n grasperk onder koel skadu’s. En op die ou end alles volhoubaar, presies soos hulle dit wou hê. Die akteurspaar Armand Aucamp en Sean van Noordwyk, destyds albei in Getroud met Rugby, is verlede De

Related