Huisgenoot

Hoekom is ons bang vir die donker?

DIS pikdonker in die Babbelboomhuis. Palawa die kameelperd val amper oor Paloeka die leeu se boublokkies wat hy op die mat vergeet het.

“Paloeka? Bibi? Waar is julle?” roep Palawa. Sy kan skaars voor haar sien.

“Ek is hier,” roep Paloeka.

“Waar is hier?” vra Palawa. Sy voel deurmekaar.

“Hier langs jou,” sê Paloeka hard.

“Bibi, ek kan nie sien nie. Wat gaan aan?” vra Palawa.

Skielik gaan die lig in die Babbelboomhuis aan.

“Jammer julle, die krag was so ’n rukkie af; dis hoekom dit so vreeslik donker in die boomhuis was,” sê Bibi.

“Sjoe. Julle kan bly wees, want ek het amper ’n keel opgesit, hoor,” sê Palawa.

“Hoe doen ’n mens dit? Jou keel is dan klaar in jou lyf?” vra Paloeka.

“Nee, man, met keel opsit bedoel ek ek het amper begin gil van die skrik. Julle weet

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Vier Die Liefde
Hy het byna twee dekades gelede gesing oor sy “Jessie baby” – sy was ’n Jessica aan wie hy tóé al sy ewige liefde verklaar het. Die ironie, natuurlik, is dat die rasperstemsanger RAY DYLAN nie in 2007 geweet het wie dié Jessica is nie, tot hy haar se
Huisgenoot5 min read
Voor Jy Kan Sê Mes
MY MA. Dis waar ek leer vis vlek het. Ek was 14 toe my ma my saam gevat het hawe toe. Sy’t elke aand huis toe gekom en dan sien ons hoeveel geld sy het. “Hulle’t klomp geld, nè?” het ek en my broertjie altyd vir mekaar gesê. Ons wou ook daar werk. Ee
Huisgenoot5 min read
Toe’s Dit Al Die Tyd Jy
MENSE praat graag van tweede kanse, maar soms vat dit net tyd vir die régte kans om te kom. Dan is dit eintlik die enigste een wat saak maak. Dis minder as ’n week nadat die aktrise Dorette Potgieter op 51 getroud is met die ingenieur Hennie Karsten,

Related