Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Speurder Kwaaikofski 12: Muise en gespuise
Speurder Kwaaikofski 12: Muise en gespuise
Speurder Kwaaikofski 12: Muise en gespuise
Ebook59 pages26 minutes

Speurder Kwaaikofski 12: Muise en gespuise

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Uiteindelik het Kwaaikofski sy eie rekenaar. Nou hoef hy nie meer raaisels soos ’n speurder in die Middeleeue op te los nie! En dit is ook nie ’n minuut te laat nie, want Kwaaikofski se nuutste saak lei hom op ’n geheimsinnige dwaalspoor tot diep in die vreemde wêreld van kuberkrakers. Hy moet ’n gewelddadige rekenaarspeletjie genaamd Towertuin opspoor, maar hoekom lyk dit of die rekenaarskelms hom heeltyd een stap voor is? Hierdie is miskien sy gevaarlikste saak nóg.

’n Opwindende speurreeks vir beginnerlesers! Die eenvoudige woordeskat, lewendige illustrasies en spannende intriges sorg dat Kwaaikofski se avonture gewild bly.
LanguageAfrikaans
Release dateJul 30, 2015
ISBN9780798169875
Speurder Kwaaikofski 12: Muise en gespuise
Author

Jürgen Banscherus

Jürgen Banscherus is gebore in 1949 en het gewerk as ’n joernalis, ’n uitgewer en ’n onderwyser, voordat hy homself as vryskutskrywer gevestig het in 1989. Intussen het hy bekend geword as een van Duitsland se mees geliefde skrywers vir kinders en jongmense. Sy boeke is al met vele toekennings bekroon en is reeds in meer as 12 tale vertaal.

Related to Speurder Kwaaikofski 12

Titles in the series (13)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Speurder Kwaaikofski 12

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Speurder Kwaaikofski 12 - Jürgen Banscherus

    Jürgen Banscherus

    Speurder Kwaaikofski

    Muise en gespuise

    6138_005.tif

    Vertaal deur Kobus Geldenhuys

    Met illustrasies deur Ralf Butschkow

    Human & Rousseau

    Hoofstuk 1

    Kwaaiskofski_12_pg_7.jpg

    Gisteraand het ek tot baie laat wakker gelê. Vanoggend sukkel my ma so om my op te kry dat sy later amper die brandalarm moet laat afgaan.

    Het jy sleg geslaap? vra sy met ontbyt.

    Ek knik net, want ek is te moeg om te praat.

    Besig met ’n nuwe saak? vra sy.

    Nee, sê ek. Ek kry vandag my rekenaar!

    My ma sug. Sy hou nie daarvan dat ek al my spaargeld op ’n rekenaar uitgee nie.

    Sy dink natuurlik ek gaan dag en nag voor die skerm sit en alles en almal vol gate skiet.

    Maar ek is glad nie eens van plan om rekenaarspeletjies te speel nie – in elk geval nie heeltyd nie. Ek het die rekenaar vir my speursake nodig.

    Die dae toe ’n speurder net sy skerp brein en fyn neus gebruik het om sake op te los, is lankal verby.

    Dit het baasspeurder Koning my met ons speurkompetisie geleer. Ek het dit ook by die ander superspeurders in ons stad gehoor. Ek is die laaste een wat sake nog soos in die Middeleeue oplos.

    Net na middagete hou Salvatore se pizza-afleweringswaentjie voor ons woonstelgebou stil. Ek los dadelik my huiswerk en help vir Salvatore om die rekenaar en swaar monitor, die drukker en die toetsbord na my kamer toe te dra.

    Dis ’n ou rekenaar wat Salvatore by sy pizzeria gebruik het. Hy het vir my afslag daarop gegee, want wie weet, dalk kry hy nog eendag ’n speurder nodig.

    5552_07.tif
    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1