Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Speurder Kwaaikofski 1: Die kougomstrik
Speurder Kwaaikofski 1: Die kougomstrik
Speurder Kwaaikofski 1: Die kougomstrik
Ebook71 pages33 minutes

Speurder Kwaaikofski 1: Die kougomstrik

Rating: 1 out of 5 stars

1/5

()

Read preview

About this ebook

Kwaaikofski is ‘n 9jarige seun met ‘n avontuurlike stokperdjie: Hy is ’n amateur-speurder. Hy kou altyd kougom , want dit help hom dink. Hy haal ook NOOIT sy kep af nie, want dit sorg dat sy brein altyd teen die optimale temperatuur funksioneer – iets wat natuurlik noodsaaklik is vir belangrike speurders soos hy!
Sy eerste speursaak is ’n moeilike een: Waarom op aarde verdwyn sy gunsteling-kougom uit Olgo se winkel? Het daai simpel vent, Slang, dalk iets daarmee te doen? Een ding is seker: Speurder Kwaaikofski gaan uitvind!

Die intriges is eenvoudig, maar uiters vermaaklik en die humoristiese illustrasies sal sorg dat kinders dol sal wees oor hierdie koddige, maar brawe klein speurder se avonture!
LanguageAfrikaans
Release dateFeb 15, 2013
ISBN9780798155946
Speurder Kwaaikofski 1: Die kougomstrik
Author

Jürgen Banscherus

Jürgen Banscherus is gebore in 1949 en het gewerk as ’n joernalis, ’n uitgewer en ’n onderwyser, voordat hy homself as vryskutskrywer gevestig het in 1989. Intussen het hy bekend geword as een van Duitsland se mees geliefde skrywers vir kinders en jongmense. Sy boeke is al met vele toekennings bekroon en is reeds in meer as 12 tale vertaal.

Related to Speurder Kwaaikofski 1

Titles in the series (13)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Speurder Kwaaikofski 1

Rating: 1 out of 5 stars
1/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Speurder Kwaaikofski 1 - Jürgen Banscherus

    Jürgen Banscherus

    Speurder Kwaaikofski

    Die kougomstrik

    title_chew.jpg

    Vertaal deur Kobus Geldenhuys

    Met illustrasies deur Ralf Butschkow

    Human & Rousseau

    Hoofstuk 1

    1%20Hoofstuk%20ills.tif

    My naam is Kwaaikofski en ek is ’n privaatspeurder. Ek het sopas besluit om op te staan. Ek gaan ’n glas melk uit die yskas kry, my gunsteling-kep opsit (die een met ’n ‘K’ op, vir ‘Kwaaikofski’; die enigste hoed wat my kop nie te warm óf te koud laat kry nie en sorg dat my brein altyd op sy beste kan werk) en my eerste kougom van die dag in my mond steek. Dis natuurlik nie sommer enige kougom nie. Ek hou net van een soort: Carpenters. Al die ander smaak soos voos skoensole.

    1%20pg%209.tif

    Ek is al van ek kan onthou ’n privaatspeurder. Selfs as baba het ek elke boublokkie weer gekry, en ook elke lekker wat iewers in my sandput verdwyn het. Ek weet nie hoekom nie, maar ek het nog altyd ’n slag gehad daarmee.

    Ek is seker hierdie somervakansie gaan my speurvernuf weer ernstig beproef word. Ek sit maar hier in my kamer by my lessenaar en wag dat iets moet gebeur. Hier voor my staan ’n glas melk en langsaan is daar ’n nota:

    note.jpg

    Ek druk nog ’n stuk kougom in my kies en kyk om my rond. My kamer is nie juis netjies nie, maar ek kan nog maklik by my persoonlike yskas met die melkvoorraad uitkom, en ook by die ou platespeler. So dit is nie eintlik nodig om op te ruim nie.

    Nadat ek die melk opgedrink het, maak ek my kamervenster oop. Ons straat is doodstil. Ook g’n wonder nie, want almal is op vakansie by die see.

    Somervakansies is die slegste tye

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1