Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Spoke en ander gruwelike goed (nuwe uitgawe)
Spoke en ander gruwelike goed (nuwe uitgawe)
Spoke en ander gruwelike goed (nuwe uitgawe)
Ebook141 pages2 hours

Spoke en ander gruwelike goed (nuwe uitgawe)

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Daar is rêrig, êrig goed soos spoke en zombies en vampiere en dooie dinge wat in die donker rondsluip. Dit is hulle wat die hare op jou vel laat regop staan. Wat jou laat omkyk as jy alleen in die donker loop. En dis hulle wat jou drome kan omtower in ’n nagmerrie!

So sê die skrywer van hierdie lekker boek vol grillerige stories, en hy wéét, want hy het al ’n spook gevang. Maar wees gewaarsku – hierdie boek is nie vir sissies nie. So skakel al die ligte in die huis aan, maak seker die vensters is dig toe en al die deure gesluit – eers dan kan jy begin lees.
LanguageAfrikaans
Release dateOct 1, 2015
ISBN9780798172196
Spoke en ander gruwelike goed (nuwe uitgawe)
Author

Fanie Viljoen

Fanie Viljoen is op 2 Januarie 1970 in Welkom gebore. Hy matrikuleer in 1987 aan die Hoërskool Goudveld in Welkom. Daarna volg twee jaar diensplig in Kimberley, Oshivello en Lohatlha. In 1990 begin hy voltyds by Sanlam werk. Hy skryf in dié tyd in vir ’n deeltydse kursus in grafiese ontwerp en behaal die N6-sertifikaat in 1995 aan die Welkom Kollege. In 2002 volg ’n BA-graad in Sielkunde en Sosiologie aan Unisa. Fanie se eerste jeugboek Breinbliksem is in 2005 bekroon met goud in die Sanlamprys vir jeuglektuur en dit het ook die MER-prys vir jeuglektuur ontvang. Sy kinderboek, Geraamte in die klas, ontvang in 2007 die MER-prys vir geïllustreerde kinderboeke én ’n ATKV-Woordveertjie. Sy tweede jeugboek, Onderwêreld, word in 2008 met die Sanlamprys vir jeuglektuur (silwer) bekroon. Sy ander bekende boeke is Miserella (2007), die Klits Kronkel-reeks (2007, 2008) en Die geheime bestanddeel in Petra Pienk se piesangbrood (2008). Fanie woon in Bloemfontein en hy skilder en skryf voltyds.

Read more from Fanie Viljoen

Related to Spoke en ander gruwelike goed (nuwe uitgawe)

Related ebooks

Related articles

Reviews for Spoke en ander gruwelike goed (nuwe uitgawe)

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Spoke en ander gruwelike goed (nuwe uitgawe) - Fanie Viljoen

    Fanie Viljoen

    Illustrasies deur Jeanine Henning

    HUMAN & ROUSSEAU

    1

    Die mensvreters se begraafplaas

    My pa tel sy hand skielik op en sak dan stil tussen die lang gras weg. My hart begin vinniger klop. Voor in die donker sien ek die bok se oë blink. Pa druk die geweer teen sy skouer.

    Ek draai die lantern ’n bietjie laer. Pa mik. Ek sien hoe hy een keer diep asemhaal. Nou sal die skoot afgaan.

    Ek wag, maar niks gebeur nie. Pa laat sak die geweer. Die bok is weg!

    Wouter, ek gaan kyk of hy nie ’n entjie verder is nie, fluister Pa. Bly jy net hier. Ons moet nie te veel geraas maak nie, anders kom hy weer weg. Ek is nóú terug.

    Ek knik. Pa moet net gou maak. Dis vrek koud.

    Ek sien hoe my pa in die donker verdwyn. Hy weet net waar om te trap sodat ’n takkie nie onnodig kraak nie. Ek moet dit nog leer.

    Nou is ek alleen. Ek hoop regtig my pa kom gou terug. Ek is moeg en kry koud. Ons is al heelaand in die veld. Ek gaan sit op die grond met my rug teen ’n groot rots. My pa hoef nie te worry nie, ek sal nie in die donker rondloop terwyl hy weg is nie. My oupa het my al vertel wat gebeur as jy in die donker jag. Dit is dán wanneer jy een van jou eie mense raak skiet.

    Ek maak my oë toe. Die moegheid kom vat sommer gou oor en ek raak weg in droomland. ’n Harde geluid ruk my wakker. Was dit ’n geweerskoot? Ek luister. Nee, dalk het ek net gedroom.

    Ek is nóú terug, hoor ek nog my pa se stem. Dit voel of hy al ure lank weg is.

    Ek kyk op en sien hoe die maan agter die wolke ingly. Behalwe die lig van my lantern is dit donker om my.

    Waar bly Pa dan? Ek sal nog ’n rukkie wag, besluit ek, maar as hy oor ’n halfuur nie terug is nie, gaan ek hom soek. Ek kyk op my horlosie. Dit is nou halfelf.

    Skielik roep ’n uil êrens in die donker. Dit klink soos ’n noodkreet. Ek voel hoe die koue sweet op my lyf uitslaan. Ek het al hóéveel uile gehoor, maar hierdie een klink anders. Ouma sê uile bring bad luck. Wat as die uil se roep ’n teken is dat my pa in die moeilikheid is?

    Ek spring op. Ek moet hom gaan soek. Ek weet net iets is verkeerd.

    Die uil roep weer.

    Met vinnige treë begin ek stap. My lantern brand al laag. Ek hou dit hoër om beter te sien.

    Pa! roep ek die donker in. My stem klink hol en blikkerig. Daar is geen antwoord nie. Skielik hoor ek iets voor my. Ek gaan staan.

    Pa?

    Daar is steeds nie antwoord nie. Miskien is dit net my verbeelding. In die donker hoor ’n mens mos goed wat jy nie anders sou hoor nie. Asof jou ore te hard probeer omdat jy nie kan sien nie.

    Ek begin weer stap. Daar voor sien ek ’n voetpaadjie. Ek weet dadelik waar ek is. Hierdie paadjie loop verby die plaas se begraafplaas. Dit lê onder teen die koppie se voet.

    Dit is die plek waar hulle jare gelede ’n klomp misdadigers begrawe het. Hulle het uit die tronk ontsnap en in die veld gaan wegkruip. Om te oorleef, het hulle van die veldplante geëet. En toe hulle moeg geword het van die plante het hulle mekaar begin eet. My oupa het vertel toe ’n kommando maande later op hulle afkom, was daar nog net een ou oor. Die ander se kaalgestroopte bene het om hom gelê. Die kommando het die bene begrawe. Vir die man wat oorgebly het, was daar net een straf: hy is lewend begrawe.

    Ek ril. Dit moet aaklig gewees het.

    Pa! roep ek weer. Waar is Pa?

    Ek voel vies vir myself. My stem klink bang en bewerig. Ek is darem al twaalf, maar ek kan dit nie help nie. Hoe nader ek aan die begraafplaas kom, hoe meer voel dit vir my of ’n onsigbare hand my hart vasdruk.

    In die donker glim iets wits. Kan dit ’n grafsteen wees? Nee, dis seker ’n lantern! My pa se lantern!

    Pa!

    Skielik verdwyn dit. En ’n paar tree verder verskyn dit weer. Ek gaan staan stil. My oë volg die lig in die donker.

    Dit raak weer weg.

    Ek begin stadig stap. Onrustiger. Kyk kort-kort om. Ek dink aan die mensvreters. As ’n mens so ’n aaklige dood gesterf het, sal jy dalk … Nee, moenie eens daaraan dink nie! Maar wat as een van hulle agter my aankom? Wat as hy sy koue hand op my nek sit?

    Ek hoor voetstappe. My asem raak skielik weg. Die gras ritsel kort-kort. Daar is dit weer!

    Die uil se skel roep klink op uit die donker. Dit voel of die bloed in my are vries. Ek gaan staan. Daar’s ’n lig. Nou is ek seker. Dit is my pa!

    Pa! roep ek verlig en hardloop oor die veld na hom toe.

    Pa? sê ek vir die man hier voor my. Sy rug is nog op my gedraai. Maar toe hy omswaai, sien ek sy oë. Dit is soos gloeiende kole onder die rand van sy hoed. Sy gesig is ’n skedelbeen. Die tande is weggevrot van die lank lê onder die grond.

    Ja-a-a-a-a-a? sê hy. Sy suur asem slaan teen my gesig vas.

    Hy kom nader.

    Ek sien die donker gat waar sy neus moet wees. Groen slym drup draderig grond toe. Hy steek sy hand na my toe uit asof hy aan my gaan vat.

    Nee!

    Ek begin hardloop. Hy is kort op my hakke. My voet haak vas aan iets. Dis ’n grafsteen! Die lantern val langs my. Ek hoor hoe die glas breek. Die vlammetjie lek-lek aan die droë gras.

    Jy het seker gedink jy gaan wegkom! Hy buig oor my. Ek kry die handvatsel van die lantern beet en slaan na sy gesig toe. Dit gaan reg deur hom!

    Ek spring op. By my voete begin die gras nou behoorlik brand. Ek probeer my pad tussen die grafte kry. Hy is agter my. Ek ruik die suur van sy lyf. Skielik is daar nog een. Hy staan hier voor my. ’n Mes blink in sy hand. Hy grom soos ’n dier en kom nader.

    Die aarde begin onder my beweeg. In die lig van die vlamme sien ek hoe die grond oopbars. ’n Bebloede hand verskyn tussen die krake. ’n Arm vol blou are kom uit, en dan ’n hele lyf.

    Nou is daar drie van hulle. Nee vier, vyf, ses.

    Hulle staan om my! Ek probeer dink aan ’n manier om uit te kom, maar hulle trek die kringetjie al nouer. Hulle vat aan my bene. Een gryp my aan die arm.

    Ons het lanklaas vleis gehad, kekkel hy. Hy slurp die kwyl wat by sy bek uitloop gulsig op.

    Vars, sagte vleis, fluister ’n ander een.

    Ek weet nie waarvoor ek moet keer nie – vir hul grypende hande of vir die vlamme wat nader kom. Hulle staan al in die vlamme, maar dit lyk nie of dit hulle pla nie.

    Een van hulle kry my been met albei hande beet. Hy bring sy kop nader. Hy maak sy slymerige bek oop. Ek kan sy skerp tande sien en sy yskoue asem teen my vel voel. Dan verstar hy, want êrens uit die donker klink ’n ander stem op – helder bo die kekkellag van dié monsters.

    Wouter! Woute-e-er!

    Ek luister mooi. Dit kom van iewers agter my.

    Wouter!

    Dis my pa se stem.

    Die gedrogte hoor dit ook. Hulle kyk vinnig na mekaar en dan is

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1