ALS TER WILLE VAN OORLEWING
EK IS al male sonder tal gevra: Drink ek regtig my eie urine? Meestal vra mense dit uit ongeloof en ’n onversadigbare aptyt om te weet hoe urine smaak.
Wel, die antwoord is ja, ek het al, en ja, dis aaklig. Maar nee, ’n besliste nee, ek drink nie urine vir die pret nie. Of vir my gesondheid nie. Maar ek het dit al ’n paar keer ter wille van oorlewing gedrink.
En die antwoord op die vraag “Hoe smaak dit?” is: “Dit stink.”
Warm, souterige urine is nie gemaak om lekker te smaak nie. Veral nie as jy dit in ’n ratelslang se vel bêre op jou tog deur die woestyn nie. Met bloed en die slang se binnegoed gemeng, kry daardie urine ’n smaak wat ek nie gou weer wil proe nie.
Maar oorlewing smaak selde lekker en is byna altyd pynlik, stink en ruk jou ’n bietjie. Dis die werklikheid van die wildernis, en beslis van oorlewing. Dit kan jou laat ly.
Maar ’n deel van my is versot daarop.
Goeie oorlewingsvaardighede behels ’n onkonvensionele manier van dink, om diep te delf, die ondenkbare te doen, en ja, dit kan dalk seermaak en sal waarskynlik stink.
Maar wat oorlewing betref, sal die mens wat die diepste kan delf om daardie iets te vind wat hulle in staat stel om die ondenkbare te doen altyd daarvoor beloon word. Daardie etos het Man vs. Wild geword.
Die handvol oorlewingsprogramme wat voorheen op televisie was, het meestal daaroor gegaan om minimale kanse te waag, ’n
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days