Dit was nie altyd só nie. Dis koud en nat en die reuk wat hier rondhang – dis verskriklik. Op sulke dae voel ek om net te lê en die pad van hoe ek hier beland het, oor en oor voor my geestesoog af te speel. Alles om myself te martel. Dit was 'n duidelike pad met duidelike afdraaie.
Ek was matriek, onthou ek. Ek was daardie aand gekroon as Mejuffrou St. John's, al my besties rondom my, al die kêrels wat aanhou drankies koop het…
Daar was een wat uitgestaan het. Jason McFarlane. Hy was charismaties en baie snaaks – ek het myself verbeel ek is verlief. Ná die partytjie het Jason baie ridderlik aangebied om my huis toe te neem. Hy het die mooiste gesig gehad en die mooiste oë.
“Waarheen vat jy my?” het ek dom gevra toe ek